Die week in ‘n neutedop….

13 Jun

Eendag, lank, lank gelede in ‘n donker sprokiesland (ver vanaf Europese kastele) het daar ‘n hofnar, Demoerin gewoon. Hard besig om op daaglikse basis aan sy eie sprokie in die land aan die suidpunt van Afrika te werk. Nou hofnar was gelukkig, as hofnar kon hy vele maskers in sy daaglikse lewe opsit, veral die Rio-karnaval maskers wat hartseer en trane verdoesel as hy op daaglikse basis die liefdessprokies van die ander prinsesse in die globale sprokie raaklees. Verhale kan soms in snaakse plekke afspeel, selfs in die woestyn of in Amsterdam (nie Nederland nie!) of in ‘n gebreekte hart.

Dis blogosfeer, vir sommige meer addictive as ander, is dan daagliks ook die lekker aflaaiplek, die weghardloop van die alledaagse roetine. Daai lekker plekkie waar jy ander se sieninge kan lees, en die kans gegun word om jou eie eiertjie te lê. Dit is dan soms met groot afwagting dat jy ‘n blog oopmaak, en dan net teleurgesteld moet aanbeweeg as daar nie ‘n nuwe post is nie. So word mense dan ook seker maar siek, soos Meermin, of verswelg deur donker Afrika vir ‘n rukkie. Daar is dan ook die wat verdwyn vir ‘n rukkie, en terug is om te sê hulle gaan weer bietjie skaars wees. Daar is dan natuurlik ook die wat dink hulle kan vir ‘n rukkie verdwyn, maar dan met dreigemente van geweld teruggelok word, al is dit net ter bewys dat hy nie iewers doodbloei nie. Ek haat nog steeds skeer! Dit is dan ook nou waar ons van ‘n blog afskeid neem vandag. RickyLouw, waar moet ek dan nou kak gaan lees? Jy gaan gemis word, maar ek glo ons gaan almal weer daar in parraland ontmoet!

Daar was ook ‘n blog-verjaardag, ‘n volle 1 jaar oud! Baie geluk! (Jy kan ook hier gaan lees oor hoe om NIE selfmoord te probeer pleeg nie…hehehe). Demoerin het ok die week ‘n mylpaal bereik, my eerste 5,000 hits! dankie aan al die gereelde besoekers. Ek hoop nie omdat dit vandag Vrydag die 13de is, gaan die hit-meter agteruit begin tel nie?

Daar was twee songs wat rondgeswerf het, wat my die week baie laat dink het. Onthou julle nog vir Rodriguez? I wonder, la la la la la…..en moenie die ongelooflike mooi woorde van Lucas Maree se Weduwee se kruik vergeet nie. Jou lewe moet soos daai kruik wees, hou net aan uitdeel en die kruik sal nie leeg word nie. Wat my weer herinner aan hoe ons lewens elke dag verbind is met talle ander mense. Selfs net in die uitvoer van enige gewone dagtaak kom ons in aanraking met tien-talle mense. Ons moet daarop let, dat die merk wat ons elke dag los ‘n liefdesspoor en nie ‘n vuil modderpoot is nie.

Onthou julle nog ‘n kaleidoskoop? Miskien moet ons meer gereeld na ons lewens deur ‘n kaleidoskoop kyk. Duisende verskillende stukkies kleur. Miskien sal ons dan op die manier uitvind hoe ryk en kleurvol ons lewens werklik is. Verjeug jou in die kleurvolle voorregte wat jou beskore is, want daai voorregte, wat dalk heel basies mag wees, is iets wat deur ander begeer word! Ek doen die volgende elke aand voor ek gaan slaap, ek noem dit my stock-take van die dag: Ek besin oor die dag se gebeure, wat ek gedoen het, wat ek bereik het ens. ens. Dit gee ongelooflike perspektief van waar jy was, is en waarheen jy oppad is! Gelukkig is die kaleidoskoop nie elektronies nie, want blykbaar is elektronika min mense se maatjies. Wonner wat ons sonner dit sou gedoen het?

Daar was bloggers wat antwoorde tussen witgebleikte bene probeer vind het, en ander wat self-verdediging raad uitdeel. Marie-Antoinette verloor blykbaar gereeld haar kop, en aan die anderkant is Caroline nie gebreklik nie. Op kultuur vlak kan daar van ‘n “vroulike pous” gelees word en warriors sonder tieties, en moenie van die uit die geledere van die parras vigilante beweging vergeet nie.

Die wonderlike ding is dat jy amper enige post hier kan gaan lees, en mense kan vind wat nog kan dink. Ek glo vas dink kry mense aan die praat, en waar daar gepraat word, word daar uiteindelik gedoen! Die views is nie altyd dieselle nie, en dit sou flippen boring gewees het as dit was, maar daar is ‘n gesonde platform vir redenasie, en ek deel graag die volgende uitgedeelde pluimpie aan die parras. Al ooit gewonner hoekom dit meer reën in Suid-Afrika as ander droë Afrika lande? Al ooit gewonder hoeveel testicles ‘n seekat het? Al ooit gewonner waaroor kinders regtig bid? Al ooit gewonner wat 125 mense doen met 16,500 kondome? Al ooit gewonner wat wordpress dink die mense in een van jou posts kan raaklees?

Ek het weer bietjie oor verdraagsaamheid die week nagedink, en tot die gevolgtrekking gekom. Gedra jy jouself soos ‘n poephol, wit of swart of bruin of geel of flippen pienk, gaan ek jou so noem. Of hoe sê ek Thabo, Robert en Andrew? Poepholisme is alive and well in South Africa. Darem kan ek nog nie coach Peter in die groepie plaas nie, en sterkte weer aan die Bokkies vir more!

18 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. TristonJ Junie 13, 2008 at 8:31 vm #

    EN hier is ons weer by n vrydag!! Geluk met jou eerste 5000 en mag daar nog 5000 vinnig jou bestorm. Ek geniet jou oppsoming van die week, kry nie altyd kans om by almal uit te kom en die gee my die geleentheid om dit wat ek gemis het te gaan lees. Thanks man, en lekker lang naweek vir jou! Be good, and if you cant, at least be good at it!😉

  2. Pikkelik Junie 13, 2008 at 8:50 vm #

    Heeehaaa! Weereens lekker, soos altyd. Vir ‘n verandering is daar net een of twee wat ek gemis het. Lekker naweek vir jou DMI, laat ek nou eers gaan lees!!! 😆

  3. Rustig Junie 13, 2008 at 9:01 vm #

    Dit is weer Vrydag! Die plek is nou soos die jaarlikse nuusoorsig op SABC. Die verskil is dit word weekliks gedoen anders is dit net te veel. Jou Afrikaanse onderwyser behoort trots op jou te wees.
    Dankie vir elke week se glimlag op my gesig.😆

  4. neykie Junie 13, 2008 at 9:12 vm #

    Dankie jy sal seker maak dat die hits nie agteruit gaan oor dit vrydag die 13de is nie……. Lekker vrydag vir jou en ‘n heerlike naweek.

    Nou moet ons weer ‘n week wag om ‘n update te kry oor die week….

    😉

  5. Dellie Junie 13, 2008 at 9:39 vm #

    Lekkerrrr! Ek was so besig die week, dat ek ‘n paar gemis het. Ek het al Woensdag beginne uitsien na jou Vrydag-neutedop.

    Geluk met die 5000+ hits! Jy gaan nog baie van my af kry.

    Lekker langnaweek, ek het al weer ‘n virus om te versuip.:mrgreen:

  6. Jaco Junie 13, 2008 at 9:55 vm #

    Nicely done. Ek weet regtig nie hoekom ek 2 ure per dag spandeer om al die blogs te lees as ek al die nuus in 5 minute hier kan kry nie.
    BOOOOKKKKKEEEEEEEEEE!!!!!

  7. Roer Junie 13, 2008 at 10:17 vm #

    Hallo liewe hofnar. Moenie angstig raak nie. Jou prinsessie wag geduldig. Eerder dit as wat sy vir die verkeerde ‘nar’ val.😉

    Dankie vir die oorsig DMI. Ek stem met Delsch. Jy gaan nog baie hits van ons af kry.

  8. netjane Junie 13, 2008 at 10:17 vm #

    Very very nice!

    Ek vind dit egter net effens versteurend dat my dae van my af weghol. Vrydag-Maandag-Vrydag-Maandag. Hoe gebeur dit!?

    Skree maar vir die Bokke namens my ook, ek skree maar vir Swede in die Uefa Sokker. Not quite the same…

  9. Emil Junie 13, 2008 at 10:41 vm #

    Niks fout met die Sweedse span in Euro 2008 nie! Behalwe dat hulle nie Nederlands of Duits is nie!

    Dankie vir die oorsig, opsomming, besinning – kies maar! Lekker naweek. Ek so vir ‘n week bietjie af-die-lug, afhangende of ek ‘n konneksie in Uganda gaan vind! Waarsku jou maar net byvoorbaat dat daar dalk na vanaand eers aanstaande naweek weer ‘n post gaan kom – net om jou die teleurstelling te spaar :wink

    Ek sal volgende Vrydag hier moet kom lees om aanstaande week se gebeure op te vang!!

  10. Adrie Junie 13, 2008 at 11:07 vm #

    DMI

    Ek wil nie weet hoe lank vat dit jou om die opsomming te skryf nie. Knap gedaan.

  11. demoerin Junie 13, 2008 at 11:11 vm #

    Demoerin rus nou so bietjie, Ja Adrie, dis hoe lank dit vat. Ek sal dalk later ook dei comments lees.
    @ Emil..hahaha…ek werk vir Grieke, en na Disdagaand se game, as jy dit so kan noem het ek hulle lekker uitgehaal!

  12. Zee Junie 13, 2008 at 11:49 vm #

    Well done weereens!! Het ‘n hele paar gemis wat jy hier aanhaal.

  13. platterfuss Junie 13, 2008 at 1:31 nm #

    ((((((((((((demoerin))))))))))))))

    *grinz* jy maak die lewe vir ‘n lui blogger BAIE makliker!

    Geniet jou naweek….. *mwah*

  14. Wipneus! Junie 13, 2008 at 2:21 nm #

    Hi Demoerin,
    Weereens lekker gelees en daar is wel 2 wat ek nie by uitgekom het nie.
    Ek sien al uit na jou Vrydag skrywes!!!

    Thks dis seker baie werk en kop hou tussen al die blog lesery deur!

    Lekker naweek vir jou!!

  15. Sonkind Junie 13, 2008 at 2:34 nm #

    Hierdie blog is my Vrydag poeding. Een van daai outydse poedings met die tiekies in!😆

    Lekker Vrydag die 13de vir jou! Ek dink eerder dit gaan jou stats verdriedubbel.

  16. demoerin Junie 13, 2008 at 4:04 nm #

    hahaha almal, bly julle geniet dit soveel om te lees, as wat dit vir my lekker is om te skryf. Vrydag die 13de was nie so bad nie, en daar lê ‘n lekker lang naweek voor met Rugby en Euro Soccer ens. ens. Hoop julle geniet dit ook!

  17. rosalindfranklin Junie 16, 2008 at 3:45 nm #

    Geluk met die 5000 hits!

    Wat doen mens met soveel kondome..jy blaas dit op en dan vaar jy op.

  18. demoerin Junie 17, 2008 at 7:50 vm #

    Dankie Rosa….hehehe oor die kondome!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: