Liewe President Mbeki

17 Jun

Liewe President Mbeki,

 

Ek dank die Vader vandag dat ek nie meer as “Jeug” geklassifiseer word nie. So lief as wat ek die land het, en so hoopvol as wat ek is, lyk dinge nie rooskleurig vir die jeug se toekoms nie. Jou raad aan die jeug gister was, pak die probleem aan soos wat daar in 1976 gedoen was. Vir my lê daar ‘n moerse vraagteken oor die uitlating. Is die jeug vandag, na 14 jaar van demokratiese regering, nog presies in dieselfde bootjie as 32 jaar gelede?

 

Probeer jy sê dat jou Ministers gefaal het in hul planne?

 

As ek kyk wat leerders in Khutsong aanvang as hulle veronderstel is om in die skole te wees, neig ek amper om saam te stem. Wat ons egter verder op moet klem lê, is dat waar Suid-Afrika wêreldklas onderrig en uitslae op primêre en sekondêre onderrig vlak voorheen gehad het, skaaf-skaaf die matrieks deesdae op hulle gatvelle deur – en dit met uitkoms gerigte onderrig saam. Die mense word in universiteite ingeprop waar hulle nie die mas kan opkom nie!

 

Suid-Afrika is dan ook mos maar die land van melk en heuning, en duisende wettige en onwettige immigrante stroom oor ons grense. Met ope arms word hulle verwelkom, al sit ons al klaar met ‘n 27%+ werkloosheidssyfer. Ek weet nie of wiskunde so baie in die uitkoms-gerigte onderrig verander het nie, maar volgend my wiskunde tel die sommetjies nie op nie. Die antwoord werk ook nie so lekker met minus, maal of deel nie.

 

Die jeug van ons land, het meer nodig as net ‘n speech vanaf ‘n podium, dit is darem sekerlik ‘n pluspunt dat jy wel gister op die podium was, en nie iewers in ‘n ander land nie. Suid-Afrika het mos nie probleme van sy eie nie. Hulle het nodig dat die parlementslede en plaaslike raadslede hulle vingers uit die tills uithaal, ophou om aan hulle eie welfaart te dink, en te begin dink aan die mense op straat wat hulle op ‘n demokratiese manier aan bewind gestem het.

 

As ek na ons Parlement kyk, kan ek nie help om te dink aan Animal Farm nie. Alles begin mooi en pragtig, ‘n reënboog gespan oor die nasie, maar dan slaat die paw-paw die fan en sommiges begin die gestalte aanneem van “meer gelyk as ander”. Ek wil julle almal uitdaag om ons land se wonderlike konstitusie weer te gaan deurlees. Ja, daai een waarvoor die land alle pryse, net kort van ‘n Oscar en Nobel-prys verdien het! Dit spel tog so mooi uit watter regte elke burger van die land het, ongelukkig weet ek nie of dit die papier werd is waarop dit gedruk is nie.

 

So gepraat van Animal Farm, liewe President. Jy is gekies deur elke land in die suid-punt van kontinent Afrika, om Zimbabwe reg te sien. Om vir Robert Mugabe aan die hand te vat, nie om hom ‘n handdruk te gee nie, maar om hom oor die vingers te tik. Vat ‘n bietjie jou woordeboek, of hy nou in Afrikaans, Engels, Zulu of Xhosa, of enigeen van die ander elf amptelike tale uitgegee is. Soek nou bietjie diktator of diktatorskap op…en dink dan bietjie oor wat ons vriend in die noorde aanvang! Selfs met uitkomsgerigte-onderrig-wiskunde tel die sommetjie op!

 

Robert Mugabe maak nie eers meer geheim daarvan dat hy met alle mag tot sy beskikking in beheer gaan bly nie. Ja, ons praat nie meer hier van net konkel met stemme nie, ons praat hier al van geweld, oorlog. Sedert die verkiesing op 29 Maart het dit al klaar begin, MDC leiers en lede word aangeval en vermoor.

 

Liewe President Mbeki, jy het bloed op jou hande. Nie net van Zimbabwiërs wat vermoor word nie, maar ook die wat van honger doodgaan weens die afskuwelike toestand wat Robert Mugabe die land in die afgrond in geregeer het.

 

Met die skud van Mugabe se hand, het daai bloed aan jou hande afgesmeer.

Advertisements

23 Responses to “Liewe President Mbeki”

  1. netjane Junie 17, 2008 at 8:29 vm #

    Goeie inskrywing. Wens net ou Thabo besef it’s time to catch a wake-up!

  2. Adrie Junie 17, 2008 at 8:49 vm #

    Bravo!!!!

  3. Jaco Junie 17, 2008 at 8:50 vm #

    Animal farm inderdaad. Goeie inskrywing.

  4. Pikkelik Junie 17, 2008 at 9:16 vm #

    Hoor jy hoe ek hande klap!!!!!

  5. Roer Junie 17, 2008 at 9:55 vm #

    Hoor, hoor. Thabo is taboo.

  6. Rustig Junie 17, 2008 at 10:52 vm #

    Bravo! Wonderlike brief. Net jammer die wat dit moet lees kan nie lees nie of is te besig met steel om nog briewe te lees.

  7. BB Junie 17, 2008 at 10:52 vm #

    🙄 @ “pak die probleem aan soos wat daar in 1976 gedoen was”

  8. Dellie Junie 17, 2008 at 11:42 vm #

    Amen. Moet sê, ek was nogal verbaas om te hoor dat hy in die land is, en nie erens anders in die wereld rondjakker nie.

  9. meermin Junie 17, 2008 at 12:11 nm #

    Ekke klap hande, so hard soos ek kan hoor!! PUIK inskrywing!! ANIMAL FARM is dit beslis, maar shame man animals hakkel mos nie?? WANT sjoe die klomp kan vir jou to to to and and gun wonder die liedjie UMBRELLA laat my dink aan ons eie parlement met al sy hakkelende ministers nie!! Kan nie dink dat die ou ou ministers so erg gehakkel het nie!! Klink kompleet soos ‘n ou cd wat vashaak, en nèrens kom nie!! Ons is so vinnig op pad om ‘n tweede Zim te word, dit is nie eers snaaks nie! KLAP NOG STEEDS HANDE!! Great!

  10. Blixer Junie 17, 2008 at 1:04 nm #

    Kak speech deur die Prez! Lyk my die wereld het tans ‘n klomp onbevoegde leiers GW Bush, Gordon Brown, Thabo Mbeki en Robert Mugabe.

  11. kaalvoetinireen Junie 17, 2008 at 1:21 nm #

    Mens kan net jou hande saamslaan 🙄 What’s next???

  12. demoerin Junie 17, 2008 at 2:17 nm #

    @ Jane, Adrie, Jaco, Pikkie, Roer, Rustig, BB, Dellie & Mermin. Moenie nou die Animal Farm en Varke konnotasie verkeerd verstaan nie…hehehehe. Ons moet dalk net harder klap en sommer ook wakker klap!

  13. demoerin Junie 17, 2008 at 2:19 nm #

    @ Blixer, mmmm, interessant vragie daai. Wanneer laas dink jy was daar ‘n bevoedge president/leier wat ook aan verkiesingsbeloftes voldoen het? Miskien Ghandi…sou interessante navorsing wees! Aan die ander kant, durf ons sê byvoorbeeld Helen Zille sal meer getrou wees aan haar beloftes en landburgers?

  14. demoerin Junie 17, 2008 at 2:20 nm #

    @ Kaalvoet, ek hoop nie dit sal enigsins veel erger in die sirkus gaan nie. But history has proved me wrong!

  15. Blixer Junie 17, 2008 at 2:42 nm #

    Die probleem is sekerlik ‘n eeu oue een. Helen Ville mag dalk aanvanklik goed wees, maar sal sy nie ook in ‘n mate uitrafel nie. ” Power corrupts and absolute power corrupts absolutely”

  16. demoerin Junie 17, 2008 at 3:42 nm #

    Waar blixer, wil nou nie veralgemeen nie…maar lees die ander dag. Politicians don’t get born, they get excreted.

  17. Emil Junie 17, 2008 at 5:24 nm #

    Teehee!

    Dis omtrent al wag ek kan vermag met die k@k konneksie in Milondo.

    Goeie post. Ok, nou moet ek seker weer 14-keer “Submit Comment” click om te verskyn!!1

  18. demoerin Junie 17, 2008 at 5:27 nm #

    @ Emil, lekker kuier in Milondo. Moenie te gefrustreerd raak nie!

  19. Skoor Junie 17, 2008 at 7:31 nm #

    Goodz. Very goodz gese demoerin. Welgedaan.

    Miskien kan ‘n vrou nou ‘n slag oorvat terwyl die mans kosmaak en brei. 😉 Het iemand Helen Zille se nommer, ons reel ‘n staadsgreep by die volgende ANC kongres. Die spul suip mos so, hulle sal nie weerstand kan bied nie!

  20. demoerin Junie 18, 2008 at 6:56 vm #

    @ skoor hahaha, ek dink selfs sober, en met die help van ons “wonderlike” weermag sal hulle nie weerstand kan bied nie. Daai “nuwe” soldate kan nie ‘n olifant van 5 meter af tref as hulle lewens daarvan afhang nie! OK, to be fare, kom ons maak dit 10 meter…hehehe

  21. Skoor Junie 18, 2008 at 11:01 vm #

    Ja, kyk wat maak die sogenaamde opgeleides as hulle vingers om ‘n sneller sluit….skiet hul eie in hulle fuck-you in, en nou kraai daar geen haan meer daaroor nie!

    Naais. Ons gee net die sneller vir een goed opgeleide sisi, en siedaar, die hele parlement is plat. Of wag, ons stuur haar eers gou Zim toe. En dan die ANC jeugliga leier.

  22. Wipneus! Junie 19, 2008 at 4:13 nm #

    Dit was ‘n goeie inskrywing!!

  23. Johann Weber Augustus 28, 2008 at 7:25 nm #

    Al die gebeure kan terug getrek word na die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie. Alles is voorspelbaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: