TSDS…. 7.Pride

18 Jun

Narcissus, die aantreklike Griekse jongeling wou niks weet van die nimf, Echo, se aanlê by hom nie. As straf was hy toe verdoem om op sy eie spieëlbeeld in die water verlief te raak. Die beeld kom hom natuurlik nie terugliefhê nie, en Narcissus het met tyd net daar by die waterpoel weggekwyn….en in die blom, die narcissus, verander.

 

Pride, of soos die mooi Latyse woord, superbia, is dan nou aan die toppunt van die sewe doodsondes. Die soort trots word gesien as die wortel van al die ander kwaad. Met vertaling, moet mens nou nie die sonde, met positiewe trots verwar nie. Positiewe trots is uiters belangrik in jou lewe elke dag….trots wees op jou kinders, Nasionale trots, Kultuur trots en werks-trots is maar net ‘n paar voorbeelde.

 

Arrogansie, hoogmoed en snobbisme is eerder die waarvoor ons moet bang wees. Dit is daar waar trots die verkeerde afdraai gevat het en dit verander het in ‘n ongesonde eie-liefde.

 

Ek is slimmer, meer welgesteld en mooier as wat jy ooit kan wees. Jy val nie in my klas nie, so ek gaan nie met jou meng nie. Ek leer gereeld daar by Emil van verdraagsaamheid….en ek dink dit is die ideale teenvoeter vir die “leef op my eie en beter planeet” gevoelens. Hoekom verdien ‘n ander se mylpaal nie ook ‘n “Baie geluk”, eerder as ‘n “Dit is nog nie so goed soos myne nie”. Hoekom nie iemand anders ook sy plekkie in die son gun nie?

 

Ons almal ken die stukkie uit Spreuke 16:18 ”…en hoogmoed kom voor die val.” Maar hoekom steur ons ons nie daaraan nie? Word ons in vandag se kapitalitiese wêreld so gejaag deur wat ons besit, om aan ander ons status te vertoon, dat ons verby die realiteite kyk? Maak my SLK, waarop ek nog R600,000 skuld, regtig soveel van ‘n indruk op Sarie met haar afbetaalde Corolla? Of dryf my eie hoogmoed en snobbisme my om so te glo, en daarmee my eie ego te streel?

 

Ek het Maandag weer die fliek, The Bridge Over The River Kwai, gekyk. Die Engelse Kolonel Nicholson, en die Japanese Kolonel Saito kon nie ooreenstem oor die werk wat offisiere as oorlogsgevangenes mag doen nie. Die gevolge van die twee se trots was dat Nicholson en die ander Britse offisiere byna doodgegaan het in die “strafoonde”, en dat Saito se brug amper nie betyds klaar was nie. ‘n Klassieke geval van “cut off your nose to spite your face”. In Engels is daar ‘n mooi woord vir wat jy hier doen, hubris. Arrogante trots wat jou so blind maak, dat dit jou eie ondergang kan beteken…….of jou soos ‘n poephol laat lyk as iets wel foutgaan.

 

Soos in die geval van Hitler, kan die propoganda masjien uitstekend gebruik word om op nasionale trots te teer. Is dit nie maar waar, dat in elke oorlogsituasie die idee van “Fight for Your Country”, so aangeblaas word dat soldate oor warm kole sal hardloop tot aan die einde van die aarde nie? Dit blyk dat iemand soos Napoleon Bonaparte dit alreeds twee honderd jaar terug besef het –

“A soldier will fight long and hard for a bit of coloured ribbon.”

 

Hoogmoedige trots ly dan ook dat mense hulleself wil voordoen as iets, of iemand wat hulle nie werklik is nie. Ons kry dan hierdie verkynsel van plastic mense wat aldag en heeldag hulleself aan ons voordoen. Daar is mense daarbuite met sulke hoogerige, gemoduleerde Engelse aksente dat die Queen haarself sal skaamkry. Daar is mense daarbuite met meer opgemaakte geleerdheid, en grade as ‘n snoek. Daar is mense met meer kredietkaart rykdom daarbuite as geld in ABSA Braamfontein. Voltaire het die volgende geskryf –

“We are rarely proud when we are alone.”

Impress jy regtig iemand anders, of fool jy net jouself?

 

Is dit nie maar beter om jouself te wees nie? Om nie die hele tyd te moet boekhou van watter leuens aan wie vertel is nie? Jy sal van jou flippen kop afraak!

William Wordsworth het gesê –

“What is pride? A rocket that emulates the stars.”

 

Ek is trots dat ek ‘n Afrikaner is.

Ek is trots op my Afrikaanse kultuur.

Ek is trots op my taal, Afrikaans.

Ek is trots of wat ek bereik het in my 33 jaar, en bly oor wat my beskore is.

Ek is trots op wie ek is, en tevrede daarmee.

Dit beteken egter nie ek gaan oorboord gaan en fanaties daaroor raak nie!

 

“Pride breakfasted with plenty, dined with poverty, and supped with infamy.”

                                       –Benjamin Franklin-

 

Ek sal tog eerder onthou wil word vir wie ek is, en nie wie ek probeer wees nie.

16 Responses to “TSDS…. 7.Pride”

  1. meermin Junie 18, 2008 at 7:22 vm #

    Hoogmoed kom tot ‘n val, ek wil nie vlieg nie, as jou vlerkies geknip word sien jy jou gat! Dit is ver om terug te val aarde toe!! Ons almal se gatte stink!! Selfs die wat dink hulle poepe ruik die ene laventel!! Ek is wie en wat ek is, ek gee nie voor ek is iemand wat en NIE wil wees NIE! Plat op moeder aarde! Het jy al ‘n lykswa gesien met ‘n trailor, wat vat jy saam die dag as jy jou kop neerlè? Dankie toggie ek is ‘n plain Jane!

  2. Adrie Junie 18, 2008 at 8:20 vm #

    Is dit ook sonde om seker te maak die hoogmoediges val op hulle gesig?

  3. demoerin Junie 18, 2008 at 8:26 vm #

    @ meermin…so waar. Die dag as jy jou kop neerlê, is dit wat jy moet saamvat, die wete dat mense wat agterbly se gadagtes en lewens vol is van stukkies van jou.
    @ Adrie…mmmm, ek dink wel dit sal iewers by een van die ander sondes inpas…hehehe. Maar dit verhoed nog steeds nie tone-omkrul-lekkerkry nie!

  4. Pikkelik Junie 18, 2008 at 9:01 vm #

    Mooi geskryf, ek is spyt dit is die laaste een, het hierdie reeks vreeslik geniet… Jy kan nie dalk nog opmaak en bylas nie??? 😕

  5. Rustig Junie 18, 2008 at 9:15 vm #

    Ek is ook maar net wat ek is. Vind net dat mense saam met wie ek werk dit nie so lekker kan hanteer nie. Hulle verkies liewer die een wat die leuen leef. Is soos jy sê Demoerin, mens moet te veel kophou as jy ‘n leuen leef. Die waarheid kom sommer van self, geen denke betrokke nie. Trots is ook wat ons terug hou van moontlikhede af wat ons beskore is.

  6. demoerin Junie 18, 2008 at 9:24 vm #

    @ Pikkie, die pous het darem so ‘n paar modernes bygevoeg….sal nog vir so ‘n paar weke kan aanhou.
    @ Rustig, mooi gestel daar aan die einde. So flippen waar!

  7. netjane Junie 18, 2008 at 9:50 vm #

    /sing

    “you’re so vain, you probably think this song is about you, you’re so vain…”

    Ek sien vanity ook onder “Pride”.

    Jy kan natuurlik die 7 virtues volgende aanpak, kyk of enige van ons klomp enige virtues besit!

  8. demoerin Junie 18, 2008 at 9:59 vm #

    @ Jane, Ek gooi sommer ydelheid saam met hoogmoed in die kooi. Definitief verdien ydelheid ook sy plekkie in die post. Ek dink ons sal maar al die sondes deurhardloop voordat ons onself beter wil laat voel…hehehe…goeie idee!

  9. Dellie Junie 18, 2008 at 10:51 vm #

    Ek kry soms hierdie high society anties wat kom klasse bywoon. Nie omdat hulle dit nodig het nie, hulle is basies ryk, verveelde huisvrouens. Gedress in die nuutste en duurste designer labels, diamante en goud wat oral skitter. En hulle kyk neer op my, ek kan dit aanvoel.

    Tog vreemd hoe hulle in die begin so neus in die lug rondloop, totdat hulle agterkom dat daai Merc nie saamkom klas toe nie, en hulle nie gaan help om ‘n rekenaar te verstaan nie. En dat geld ook nie klas kan koop nie. Ek glo soms dat hulle beter mense is wanneer hulle die dag klaar is met hulle kursusse, want tien teen een was die ou wat lang hulle gesit het in die klas, ‘n swart man wat in sy vrye tyd tuinwerk doen om te kan betaal vir sy kursus. En raai, ek behandel hom presies dieselfde as vir haar…

  10. demoerin Junie 18, 2008 at 11:26 vm #

    @ Dellie, well done!

  11. BB Junie 18, 2008 at 11:31 vm #

    Ich bin ein Afrikaner!!:mrgreen:

  12. demoerin Junie 18, 2008 at 3:06 nm #

    Ware woorde BB, in vlees en bloed. Hopie die bloed gedeelte gebeur te gou nie.

  13. diebrein Junie 18, 2008 at 3:43 nm #

    Ja ek ken `n paar mense wat al hulle gatte gesien het wat fokken hoogmoegig was.Maar ek verlekker my nie daarin nie eerder dat hulle terugkom aarde toe.

  14. Blixer Junie 18, 2008 at 5:31 nm #

    My ouma het altyd gesê dat die dag as jy doodgaan en voor die Almagtige staan, dan staan jy daar kaal en jy word geoordeel oor wie en wat jy is en nie oor wat jy het nie.

  15. Die Brein Junie 18, 2008 at 9:23 nm #

    Demoerin ja het jy geweet HOOGMOED is die eerste sonde wat ooit gepleeg was. Die Satan was hoogmoedig teenoor God nog voor Adam en Eva bestaan het en GOD haat hoogmoedigheid met `n passie.

  16. demoerin Junie 19, 2008 at 6:44 vm #

    @ diebrein…hehehe, as jy jou verlekker pleeg jy sekerlik weer ‘n ander sonde?
    @ blixer, jou Ouma was wys!
    @ Die Brein…baie waar, ek dink dit is waarom dit gesien word as die wortel van alle kwaad. Alle sondes kan op een op ander manier sy oorsprong hieruit kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: