Die week in ‘n neutedop…

20 Jun

Ek wil begin deur te sê ek is BAIE jaloers op almal wat weg is met ‘n break. Elke keer as ek die blogs oopmaak en die boodskappies sien is ek van voor af groen van jaloesie! En of dit nou see toe, of in donker Afrika in is…EK IS JALOERS. Blykbaar kry jy daarbuite ook ‘n oulike poefdoef met ‘n view!

Ek is nou maar eenmaal ‘n feitvraat. Dankie aan die bloggers daarbuite wat die honger brein voed. Gaan loer gerus in daar by Dr. Barry, een van die eerste mans wat ‘n keisersnee gedoen het, en toe eintlik ‘n vrou was? Ek toer verder nog saam met Leon deur Amerika en kon bietjie meer lees oor my ander fascination, slange. Al ooit gehoor van Grace O’Malley? Nog ‘n uiters interessant stuk was oor die duisende kinders wat deur Brittanje na WWII Australië toe verskeep is.

Hierdie stukkie het my weereens laat besef dat daar deur die eeue heen ‘n klomp bollie in die naam van die Kerk aangejaag is. Sommer vroeg-vroeg al was daar die Crusades en die Inquisition. Ek dink daar is nog hope geraamtes in die kerke se hangkaste, en ons gaan gereeld nog ‘n skokkie hier en daar beleef. Haal eers die balk uit jou eie oog uit, voor jy vir my wil besluit oor wat ek mag lees of kyk. Ek is oud genoeg om my eie ingeligte besluite te maak.

Daar is dan ook digters in ons geledere, en wel digters wat ook ander verskuilde talente het. So gepraat van verskuilde talente. Tipies man, is ek nie goed met tussen die lyne lees nie. Sê of vra my reguit. PUNT. ‘n Geheimpie gebubblewrap in geheime kode, toegedraai in ‘n enigma met ‘n raaiselagtige strik om is nie vir my nie. Dit maak net my brein seer! Ten minste is die “K” nou ontsyfer.

Ek het nog altyd gedink ‘n spinningklas is dalk ‘n goeie plek om girls op te tel. Ek is toe voorgespring! Sypaadjies in London is ook duur, veral die buitekant die hospitale. Ek is verder ook nie regtig ‘n persoon vir soetsappige, altyd-happy-ending stories nie. Kyk. ‘n Movie moet darem ten minste bietjie skop-skiet-en-boomklim met so bietjie added bloed hê om my te interriseer. Ek was bly om bloed hierdie week in ‘n sprokie raak te lees. 

Het julle ware vriende? Daai wat deur dik en dun saam met jou sal staan. Nie net mooiweersvriende nie! Onthou jy om so nou en dan dankie te sê vir daai vriende? Onthou, hulle is nie maar net daar nie, moenie dit as vanselfsprekend aanvaar nie! Vanselfsprekend dompel ons, ons in ‘n comfort zone in! Nie noodwendig altyd ‘n slegte ding nie, maar dit maak ons dinge as vanselfsprekend aanvaar…en nog erger bang vir die onbekende. Omring jouself met positiewe mense en dinge, en jy sal begin om die positiewe raak te sien!

Mbeki, sy tjomma Malbob en die ANC Youth League het weereens die nuus gehaal die week. Jy weetie meer of jy deesdae berigte oor Suid-Afrika of Zimbabwe lees nie! Daar is blykbaar ‘n maklike oplossing (moenie gaan kyk as jy maklik gril nie!) En dit is flippen scary! Dink voor jy praat….jy kan nie net altyd wil uitblaker wat die tor in jou brein aanmekaarslaan nie. Ek dink alle mans het al die weet-wanneer-om-jou-mond-te-hou les geleer. Partykeer moet die regter na die evidence kyk en hom maar weerhou van comment.

Dievolgende is ook iets wat erg aan my gat krap. Moenie my verveel met jou werksoekpraatjies, en “ek het nie geld nie” as jy werk soek om nie te vind nie! Maar tog duik daar dan weer ‘n storie op wat mens hoop gee. Almal kan seker nie oor dieselle kam geskeer word nie, en partykeer wag daar ‘n aangename surprise.

Almal sê mos altyd prostitusie is die oudste professie, ek sal graag hier wil verskil, ek dink dit is die spietkop. Staan daar dan nie in Genesis geskrywe dat die bose gees agter die bosse weggekruip het nie? Skooluitstappies het blykbaar ook verander met die nuwe uitkoms-gerigte onderwys!

Dinge in die blogosfeer is darem nie altyd ernstig nie. Gaan kyk gerus na hoe-sexy-is-jou-naam, my regte naam begin met ‘n E. Verder kan jy ook uitvind watter tipe skoen jy is, ek is ‘n clog. Afrikaans is ‘n taal met ‘n ongelooflike mooi woordeskat. Ek hoop net ek raak nooit ooit so lui soos ‘n by nie!

19 Responses to “Die week in ‘n neutedop…”

  1. meermin Junie 20, 2008 at 7:23 vm #

    DMI excellent! Geniet jou naweek!

  2. Wipneus! Junie 20, 2008 at 7:35 vm #

    Hi Demoerin ons koerant is vroeg onder die klasak!! Dankie nou kan ek ook gou gaan lees en verder opvang.
    Waar ek al gelees het moet ek sê “dit was ‘n lekker week in die blogwêreld”

    Die “neutedop” was weereens ‘n goeie opsomming! Dankie

    Lekker naweek hou!

  3. neykie Junie 20, 2008 at 7:59 vm #

    en toe is dit weer vrydag.. whoop die doo!!!

    Goed ge doen DMI. Geniet jou naweek

  4. Krista Junie 20, 2008 at 8:04 vm #

    Dankie DMI, goed gedoen!

  5. Pikkelik Junie 20, 2008 at 8:32 vm #

    Kan jy glo dis alweer Vrydag!!!! Lekker gelees DMI – en jou links is ‘n feeeeesss!!! 😉

  6. Jaco Junie 20, 2008 at 8:33 vm #

    Uitstekend! Ek is bly om te sien ons eie blogkoerant is wakker en op sy pos. Ek geniet jou weeklikse samevatting stukkend.

  7. Emil Junie 20, 2008 at 8:50 vm #

    Bloed in ‘n sprokie!😆 Moenie vergeet hoe bleddie seer dit was nie!!
    Thx vir die update – ek het baie om op te vang noudat ek weer ordentlike bandwydte het. Ek kon eenvoudig net nie sommige blokke oopmaak nie en toe maar die hele poging daar vanuit die longdrop gelos. Darem hier-en-daar ingeloer!

    Geniet jou naweek, en dankie vir die update! Dit is baie groen daar in Donker Afrika, ja – maar nie van jaloesie nie😉

  8. BB Junie 20, 2008 at 9:08 vm #

    Man, ek vrek oor jou Vrydag-synopsis!! Ek kom gereeld op nuwe blogs af (en te danke aan jou begin my werksdag deesdae eers so teen 9 uur😆
    Thanks! Thanks a lot!😕

  9. Rustig Junie 20, 2008 at 9:08 vm #

    Voel sommer al klaar beter. Wil baie graag weet hoe vroeg jy opstaan in die oggend om die “koerant” reg te kry? Of is dit ‘n Donderdag aand laat “joppie”?😉

  10. Adrie Junie 20, 2008 at 9:26 vm #

    Demoerin

    Knap gedaan.

  11. Blixer Junie 20, 2008 at 9:39 vm #

    Skitterend soos altyd!

  12. demoerin Junie 20, 2008 at 9:46 vm #

    Ek maak maar notatjies soos die week aangaan, en probeer dit Donderdag al klaar te hê, sodat ek vrydag net die knoppie kan druk en publish! Soos gewoonlik is dit eintlik meer pret as moeite, glo my maar. As dit moeite was het julle nie die koerant gehad nie!😆

  13. Dellie Junie 20, 2008 at 9:50 vm #

    Sukkel maar om vanmore aan die gang te kom na al daai lekker eet gister.😉

    Wat op aarde het ons gedoen op Vrydae voordat jy beginne “Neutedop” het? Dit voel of jy maar nog altyd hier was. Dankie vir jou moeite elke week, dis my hoogtepunt op Vrydae!

    Geniet die naweek, en moet asseblief nie so lui word soos ‘n by nie! Whahaha, ek het daai ene van jou vreeslik geniet!😆

  14. netjane Junie 20, 2008 at 10:19 vm #

    🙂

    Dankie!

  15. Rustig Junie 20, 2008 at 7:36 nm #

    Demoerin: Dink ons moet so mini blog saamtrek hou in Hermanus! Sal darem lekker kuier en twak praat!😉

  16. diebrein Junie 20, 2008 at 9:48 nm #

    Briljant, ja soos jy se ons is oud genoeg om ons eie besluite te neem.Die ou kerkvaders en sedebewakers het self agter die deur gestaan en wou vir ons kom voorskryf. Maar gelukkig leef ons nou in `n verligte tyd.

    Bly om te sien jy word ook gefassineer deur slange.

  17. alta Junie 21, 2008 at 6:32 nm #

    Mooi stukkie.

  18. René Junie 23, 2008 at 3:40 nm #

    Mmmm…/me voel nie meer afgeskeep nie!

    En jy kan nou maar ophou jaloers wees … na vandag voel dit of die week net ‘n vae droom was!! Dêmm!

  19. demoerin Junie 23, 2008 at 4:00 nm #

    @ Rustig…hang af hoeveel wyn betrokke is.😆
    @ Rene, ek is nog steeds jaloers, beter nou begin plannetjies beraam hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: