Steek julle hande op….

23 Jun

Stel jou voor, die wêreld se politieke leiers bymekaar in Ellispark stadion. Oor die pa-system word daar gevra al die leiers moet hulle hande opsteek. Dit is ‘n hartseer dag, want in jou gedagte voorstelling kan jy nie aan een dink wat dit durf ‘n hand op te steek nie.

Wanneer het die leiers in politieke pionne verander. Ek het regtig hard probeer dink aan ‘n huidige leier. Die laaste een waarmee ek moontlik kon opkom was Ghandi? Maar die man is dan al 50 jaar terug oorlede!

Dit is toe dat ek ‘n boek in die boekrak ontdek het wat ek nog nie gelees het nie. Leading Like Madiba, deur Martin Kalungu-Banda. Vry van alle politieke ondertone, eerlik en ongelooflik onsydig uit die oogpunt van die Zambiër. Ek kan die maklik-lees boek aan almal aanbeveel.

Na aanleiding van wat ek in Kalungu-Banda se boek gelees het oor Madiba, en dan my eie denke oor die ongelooflike voorbeeld waardeur Gandhi gelei het, sit ek dus nou met ‘n totaal van 2 gerespekteerde leiers in die laaste eeu. Kan dit reg wees? Ek hoop regtig julle kan nog byvoeg!

Gandhi het self gesê- “Men say I am a saint loosing himself in politics. The fact is that I am a politician trying my hardest to become a saint.”

Die smag na beheer en welfaart is so oëverblindend dat daar van die man op straat vergeet word. Ja, dit is maklik om met woorde die son, maan, planete en onontdekte sterrestelsels aan kiesers te belowe, maar oor en oor sien ons ELKE dag dat sodra daar in die groot stoel agter die gepoleerde lessenaar plaasgeneem word, daai verkiesings-beloftes vergete word. Hulle word bietjie weggeberê om by die volgende verkiesingsveldtog afgestof te word, en aan die skape gevoer te word.

Dit was Socrates wat gesê het – “I was really too honest a man to be a politician and live.”

Vat nou byvoorbeeld die Amerikaanse opkomende verkiesing, sal dit werklik aan die man op straat ‘n verskil maak of ‘n Republikein of Demokraat in die oval-office sit? Nog verder, sal dit in Suid-Afrika ‘n verskil maak as ‘n opposisie President in plaas van ‘n ANC President die septer swaai? Op hierdie stadium voel ek dat ek al my vertroue in ons leiers verloor het, want hulle is nie meer leiers nie, hulle is plain, common politici! Dit was Cicero wat gesê het – “Politicians are not born, they are excreted.”

Robin Williams, ‘n gunsteling akteur en komediant, het ek dink tereg uitgewys – “Politics: “Poli” from a Latin word meaning “many”; and “tics” meaning “bloodsucking creatures”.”

Mag die dag aanbreek, en hopelik nie TE ver in die toekoms nie, waar ‘n waarlike leier sy hand sal kan opsteek. ‘n Leier wat sal weet, en kan assosieer met, wat jan-alleman op ‘n daaglikse basis op straat deurmaak. Geld en korrupsie is egter so aan die orde van die dag, en oëverblindend, dat die wens van my soos ‘n mirage in die woestyn hier voor my oë sweef. Vol beloftes, maar bietjie short op die delivery.

13 Responses to “Steek julle hande op….”

  1. Emil Junie 23, 2008 at 8:34 vm #

    Politici toets die uiterste grense van verdraagsaamheid. Die hartseer is dat ons deesdae wêreldwyd vir die politieke leier met die minste geraamtes in die kas moet kies. In Afrika is almal se hande vol bloed. Hier moet ons kies tussen die wat hande kan was en die wat nie kan nie.

    Vandag is daar niemand wat werklik uitstaan nie – ek kan net aan Dr Mamphela Rampele dink, en sy is slim genoeg om nie met die politiek mee om te gaan nie.

  2. Sonkind Junie 23, 2008 at 9:48 vm #

    Elke politikus wat ek ooit van geweet het, het sy eie belange eerste gestel – nou en ook in die apartheidsjare; hier en ook in meeste ander lande. Dis asof politici gebore word uit ‘n “mold” waarop staan korrup. Dis so damn “sad”.

    Daar is nie ‘n oplossing nie. Ek het al baie gewonder of mens heeltemal ‘n gedaanteverwisseling ondergaan as jy die dag mag (power) proe?

  3. Pikkelik Junie 23, 2008 at 9:52 vm #

    Ons leiers is tans so selfgesentreerd dat daar geen salf meer te smeer is nie. En ons arme slawe moet maar net voortploeg om hulle skatkamers vol te maak!

  4. meermin Junie 23, 2008 at 9:58 vm #

    Lekker dag demoerin! Ons leiers weet nie wat dit is om hand op te steek nie, hulle leef vir hulle self, voel ‘n veer vir ons in die land, en dit sluit wit en swart in! Almal is onseker oor môre. Nee kyk oor politiek kan ek nie saam praat nie!! Want dit is ‘n moerse sirkus en klug!!

  5. Wipneus! Junie 23, 2008 at 11:35 vm #

    “What this country needs are more unemployed politicians” Edward Langley. Wat ons land se leiers betref, stem ek saam Langley.

  6. Rustig Junie 23, 2008 at 11:47 vm #

    Dit is maar dieselfde ou storie in Europa ook. Ons dink altyd dat ander plekke is beter. Al verskil hier is dat hulle het al nie die kuns verfyn om te lieg en te bedrieg.

  7. netjane Junie 23, 2008 at 12:09 nm #

    Same pudding, different sauce. Niks verander van regime na regime nie, eintlik baie hartseer.

  8. demoerin Junie 23, 2008 at 12:56 nm #

    @ Emil…afhangende van die perfekte kuns van geraamtes wegsteek, mag jy later dalk agterkom jy het die een met die meeste gekies.
    @ Sonkind, Pikkie, Meermin…dit is sad dat dit net or die eie EK gaan, almal hoes proes en verkondig demokrasie sonder dat hulle werklik weet wat hulle aanvang!
    @ Wipneus…my punt presies! Totaal en al uit voeling uit!
    @ Rustig, Ja-nee dit is ‘n wêreldwye verskynsel!
    @ Jane, dit is moer sad. Dit gaan net oor politiek, die arme volk is heelemal vergete.

  9. Roer Junie 23, 2008 at 3:39 nm #

    Daar is sulke leiers. Net jammer ‘the people’ wil hulle nie in stem nie.

  10. demoerin Junie 23, 2008 at 3:58 nm #

    @ Roer, weetie so lekker nie. Wens ek kon saam met jou stem. Daar is weinig mense in die politieke arena, van Zille af reg deur tot by Zuma wat ek nou een maal nie myself kan voorstel dat hulle anders sal wees nie. Sad, but true. Maar ja, ok maar net my siening!

  11. Emil Junie 24, 2008 at 9:25 vm #

    So wat sê jy dan, dat ons liefs nie moet kies nie?

  12. demoerin Junie 24, 2008 at 9:48 vm #

    @ Emil – Definitief nie dit nie. Dit is jou plig as landsburger om te stem. Dit is sad dat jy jou oë daarna moet toeknyp en hoop en bid vir die beste, want op die man-af kan jy nie verkiesings-beloftes glo nie.

  13. Emil Junie 24, 2008 at 3:33 nm #

    Yip, en as jy stem dan loop jou kandidaat dalk oor ‘n jaar in ieder geval oor na die party vir wie jy juis nie stem nie 😕

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord