TSDS…. Addendum 8+

25 Jun

Pous Benedict XVI en Biskop Gianfranco Girotti het in Maart 2008 uitgevind van my uitstekende reeks oor die sewe doodsondes, en dit goed gedink om vinnig nog ‘n paar by te voeg, om sodoende die reeks bietjie langer te maak! Yeah right…vanity! Toppunt van vanity: To bask in your OWN sunlight!

Eintlik het die Vatikaan agtergekom, dat na 1500 jaar van repentence, daar Rooms Katolieke is wat nog steeds reguit hel toe gaan, want daar het ‘n paar groot no-no’s in die 21ste eeu bygekom, wat nie op die repent-of-gaat-reguit-hel-toe-lysie verskyn nie. Die wortel van die nuut gepubliseerde euwels kan nog steeds in die oorspronklike doodsondes van Pous Gregory the Great gevind word, maar hulle is so groot dat hulle blykbaar special mention nodig het.

Te danke aan die Vatikaan gaan ons dan nou ons reeksie weer voortsit van volgende week af. Hold onto your hats….hier volg hulle, in geen spesifieke volgorde nie:

  1. Paedophilia – “Rich” uit die RK oogpunt?
  2. Aborsie
  3. Gebruik van- of handel in dwelms
  4. Besoedeling
  5. Immorele wetenskaplike eksperimente & genetiese manipulasie
  6. Obsene rykdom
  7. Sosiale tenakoming bv. veroorsaking van armoede – Take note Bob!

Tot volgende week dan, ek gaat solank bietjie van my geld begin weggee….

14 Responses to “TSDS…. Addendum 8+”

  1. meermin Junie 25, 2008 at 7:26 vm #

    dmi EK is 100 % TEEN aborsie!! Stuur so R1 000 000 vir my ook seblief!! Kan doen met ‘n miljoen!!

  2. Wipneus! Junie 25, 2008 at 8:03 vm #

    DM ek sal vinnig moet plan maak om bietjie van my skatte uit te deel, die hel is definitief te warm vir my …. whahaha 😆
    Soek jy dalk een van my feëtjies of ‘n tenk petrol???

    Geniet jou ruskansie en geld uitdeel ekspedisie!!! Ons gaan jou mis.

  3. Dellie Junie 25, 2008 at 8:40 vm #

    O hel, ek besoedel…:mrgreen:

  4. demoerin Junie 25, 2008 at 9:59 vm #

    Rus? Wie ek, Nee, no rest for the wicked. Ek sal op my pos wees, dit is net die sondes wat so bietjie oorstaan tot volgende week!😆

  5. BB Junie 25, 2008 at 10:07 vm #

    Dis soos een van ons matodiste preachers eendag gesê het: dankie tog ek is nie RK nie – so, ek het darem nog kans om eendag hemel toe te gaan… dan weer – elke kerk of denominasie glo mos dis net hulle wat ‘gaan’ – pleks hulle preek dat jy en jy alleen moet sien kom daar – niks ‘troos’ van : “maar ek was darem ‘n metodis” nie. Of die mense wat glo hulle gaan eendag kwytgeskeld wees, omdat dominee sus en so gesê het. Nooit een dag die moeite gedoen om self die Bybel te lees en jou eie waarheid te kry nie. Daar wag ‘n surprise vir baie van ons!

  6. netjane Junie 25, 2008 at 11:08 vm #

    Obsene rykdom? Weereens – rich coming van hulle! (pun intended)

    Sien uit na die volgende reeks.

    Natuurlik kan die verbod op genetiese manipulasie volgens my lei tot sosiale tenakoming, maar nou ja.😉

  7. Rustig Junie 25, 2008 at 11:15 vm #

    Katolieke gaan nie hel toe nie. As Katolike dood gaan dan is daar eers so paar dae “grace” periode. Dan bid die familie hond uit bos en Maria word omtrent wakker gehou. Sy tree dan in en die poorte gaan oop. Dit is die arme protestante wat lekker “afkak”, daar is nie “grace” periode vir hulle nie. 😉

    Gelukkig is ek so arm dat ek nie eers die kollekte by die kerk kan bekostig nie.

  8. Blixer Junie 25, 2008 at 1:25 nm #

    Kan nie wag nie!

  9. demoerin Junie 25, 2008 at 4:02 nm #

    Sjoe julle, vir ‘n verandering werk die man bietjie!

  10. Pikkelik Junie 25, 2008 at 7:46 nm #

    Liewers laat as nooit, maar tussen die siek kinders, dokters, kots, tjorts ens… kom ek nerens. Maar ek sien uit na volgende week. Sal dan ook hopelik meer tyd hê om by almal uit te kom… Ek is baie bly die reeks gaan aan demoerin..

  11. Emil Junie 26, 2008 at 8:52 vm #

    Ok, as ‘n voorstaander van vrye keuse, dus indirek ten gunste van aborsie, en daarmee dan nog saam ook ‘n groot ondersteuner van die genetiese wetenskap en die moontlikhede wat hierdie manipulasie vir die mens kan inhou, en die feit dat ek tot besoedeling bydrae deur my motors te ry, en tog kapitalisme aanhang – saam met van die mislukkings uit die oorspronklike sewe erfsondes – is ek nou totaal in my moer. Ek is nou so ‘n reuse sondaar nie eers die hel gaan my wil inneem nie. Miskien is daar dan ‘n plekkie vir my in die RK😉

  12. demoerin Junie 26, 2008 at 4:50 nm #

    @ Emil😆 ons sal maar saam ‘n vliegtuigie charter… ek dink net jy gaan dalk voor my afklim.

  13. rosalindfranklin Junie 26, 2008 at 5:31 nm #

    Hulle het letterlik nou hulle eie sonders GEMAAK

    Dit is absurd.

  14. netjane Junie 26, 2008 at 6:35 nm #

    😆 @ Emil

    Demoerin’s Charter Services – We’re going straight to hell! Come fly with us!

    Jy kan maar my kaartjie bespreek.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: