Blah, Blah en nog ‘n flippen Blah

26 Jun

O.K. , besluit toe om vanoggend bietjie Beeld online te lees, en inspirasie te kry vir ‘n post. Ongelukkig het dit nie gewerk nie, ek wou eerder uitbars van die lag…en toe hartverskerend huil oor hoe fokken sad dit is. Net drie stories, almal op een dag:

  • Jackie Selebi, wat op die oomblik nog suspended is, hangende sy bedrog ens. ens. hofsake, se kontrak as Polisiekommisaris word deur Thabo hernu. Dit beteken dat as die hofsake vir nog ‘n jaar voortsleep, gaan hy nog ‘n jaar se free salary kry?
  • Die SAPD en metropolisie skiet op mekaar, ja MEKAAR in Jozi? Need I say more?
  • Azid Pahad sê Thabo se bemiddeling sal alleenlik ‘n flop wees as burgeroorlog in Zim uitbreek. Kom ons werk maar solank almal aan ons “Geluk met die Flop” plakkate.
  • Themba Maseko, parlements-woordvoerder, sê maak nie saak wat nie, die bemiddelings in Zim gaan voort. MDC se hoofbemiddelaar, Tendai Biti, sit in die tronk en die MDC Leier, Morgan T kruip in die Nederlandse ambassade weg? Miskien is dit hoekom hulle niks regkry nie, hulle praat met die verkeerde flippen mense!

Ok, rant en rave is verby, alhoewel ek nog steeds demoerin is.

Think good thoughts vertel ek nou myself. Ek het my blogroll, hier neffens regs en wil dit goeddunk om die lesers hier te vra om vir my nog ‘n paar plekkies te gee waar ek kan gaan inloer. Moet asb. nie die volle link plaas nie, want dan sit ek nou weer tot middernag en spams, links en crap uitsort. Sê bv net daar: www-diegestorwesoldaat of wordpress-meermin ens.

Nou gaan ek aan ‘n sigaretjie trek, sodat demoerin se dag in vrede kan begin!

P.S Amper vergeet ek, Lionel Richie kom in November die Suid-Afrikaners met sy musiek vermaak. Hy kan nie wag nie, want dit is soos om “huis toe” te gaan. WTF? Ek tog hy bly in Amerika? My oer-ouers was Franse hugenote, ek kan nie onthou dat ek onder die Eiffel-toring in Parys gestaan het met ‘n plakkaat wat seg: “Ek is nou by die huis nie”?

18 Responses to “Blah, Blah en nog ‘n flippen Blah”

  1. Gatvol Junie 26, 2008 at 9:02 vm #

    Toemaar, Gordon Brown het die oplossing vir Zim ontdek. Hy gaan nie Zim se krieketspan in England laat toer nie. Dit sal nou vir Mugabe uit sy geloof uit laat skrik.
    Hie haaaaaaaaaaaa😀

  2. ICE Junie 26, 2008 at 9:20 vm #

    Ja nee, straf die krieket spelers…

    Maar miskien met Engeland se span wat nie better kan speel nie, is hy miskien bang die Zim span wen hulle ook.

    http://www.greattrek.iblog.co.za/2008/06/25/poll-sport/

  3. BB Junie 26, 2008 at 10:00 vm #

    Ja dis friggin hilariously depressing… en ja, hulle praat met die verkeerde mense – noga ‘hol-langs’?!?!
    Gisteraand ‘n gebedsversoek gekry van vriende van my ma hulle daar – die situasie is frightning om die minste te sê – hulle bid letterlik vir ‘n muur van Engele rondom hulle, want hulle het geen menslik moontlike maniere meer om hulself te beskerm nie.
    Ek wonder net soms of ek die onvermydelike net horende-doof en siende-blind uitstel en soos ‘n steeks donkie my “I’m here to stay” t-hempie dra? Want as niemand nog steeds nie ‘n move gemaak het om Zim reg te ruk nie, wat is ons voorland regtig – en is ons enigsins voorbereid op wat nog kan kom???
    …en die sirkus van die wetstoepassers wat in uniform en met ampsmotors hulle ‘aksie’ loots – nogal gewapen met dienspistole ook… *tsk*

  4. Rdk Junie 26, 2008 at 10:03 vm #

    Ja Nee as mens totaal mismoedig wil wees vir n dag – lees die daaglikse
    nuusblaaie – ek kan amper nie glo dat dinge so versleg het nie.

  5. BB Junie 26, 2008 at 10:13 vm #

    Rdk – dis soos ‘n relatief gelukkig getroude man wat meer aandag kry op kantoor as by die huis – die ‘affêre’ bekruip jou so stadig maar seker en op ‘n dag is dit op jou terwyl jy kopskuddend loop en sê: “WTF happened???” en jou vrou en kinders en honde en katte en budgie almal jou dagvaar vir onderhoud😕 oor ‘n jaar van nou af, gaan jy hierdie comment van jou lees en sê: ek kan amper nie glo ek was só reg gewees nie!! – en dan’s dit net nóg slegter, cause we’re getting so used to bad it doesn’t seem so bad afterall…

  6. meermin Junie 26, 2008 at 12:14 nm #

    ek lees ook elke oggend die Beeld op die net, en die ene van die teddie op die kis het my vreeslik laat huil hier waar ek sit!!

  7. Pikkelik Junie 26, 2008 at 12:48 nm #

    Blah, blah, blah…. same old, same old (die koerant natuurlik!) Gaan loer tog maar by Mockajava – wordpress. Hy het vandag met ‘n lekker storie begin wat dalk nogal pret gaan wees…

  8. demoerin Junie 26, 2008 at 1:09 nm #

    Dankie Pikkie….anybody else?

  9. neykie Junie 26, 2008 at 1:13 nm #

    kenfroet bottel vol krummels of so iets by wordpress.

  10. Wipneus! Junie 26, 2008 at 2:39 nm #

    Whahaha Demoerin dis net jy wat my sal laat lag oor slegte nuus!!

    Maar serious ek het ook vanoggend die Beeld gelees. En net daar besluit om vir so rukkie langer, nogsteeds nie te lees nie. Dit is regtig depressing. Ek is dus nog besig met time-out wat koerant lees betref.

    Die SAP en Metro polisie skiet op mekaar, liewe hemel dit is wat ek nog die hele tyd sê, in Suid Afrika is ons besig om teen mekaar oorlog te maak!!! Ek kon dit nie glo nie!!

  11. Wipneus! Junie 26, 2008 at 2:45 nm #

    DM ek het vandag baie van boerinballingskap se inskrywing gehou!!

  12. René Junie 26, 2008 at 3:31 nm #

    Moenie die Woestynsand vergeet nie! Hehehehehe:mrgreen:

    Nee seriaaaasly, ek lees nie meer koerant nie en kyk nie nuus nie – ek leef (vir nou) maar in my eie wêreldjie en my eie omgewing en as daar hulp en gebede uit te deel is – is dit aan die mense naaste aan my! Miskien baie selfsugtig van my – maar ek kan nie meer die depressiewe nuus hanteer nie! My nerwe raak in skerwe!!

  13. demoerin Junie 26, 2008 at 4:48 nm #

    Weetie of die so ‘n goeie idee was nie😆 Seker maar goed om die horizons so bietjie te broaden!
    @ Rene😆 nerwe aan skerwe!

  14. Wipneus! Junie 27, 2008 at 8:33 vm #

    My koerant is laat !!! 😆

  15. Dellie Junie 27, 2008 at 8:50 vm #

    😯 Waar is vandag se neutedop?? Ek kry onttrekkings!:mrgreen:

  16. netjane Junie 27, 2008 at 8:50 vm #

    Wil ek ook nou sê Wip!

    Diens is deesdae ook nie meer wat dit was nie.😉

  17. Emil Junie 27, 2008 at 9:06 vm #

    Swak diens, inderdaad. Kom hier met sulke groot verwagtings, en …. gald niks. Ek dink ek moet my subskripsie onttrek!

  18. demoerin Junie 27, 2008 at 9:18 vm #

    😆 Die aflewer-mannetjie se fiets het ‘n pap wiel gehad!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: