Rymelary…

1 Jul

En daar was hoop

 

Ek sal dra

Ek sal aanhoudend dra

My skouers gevorm breed,

Geerwe deur swoeg en sweet

Van oerouers se bou aan ‘n land.

 

Wys maar vinger en laai maar op

Ek sal voortbeur in die reënboogtrop

Klassifiseer en blameer

Want aan jou denkwyse is geen keer.

 

Ek sal vra

Ek sal aanhoudend vra

Waarom my gees wil breek

Met elke slinks gemene streek

Uitgebasuin om in my te wortel ‘n kwaad.

 

Deurdrenk met elkedagse werklikheid

Wat knaag aan volkse positiwiteit

Oor ‘n mooie land

Gevange gehou tussen goue strand.

 

Ek sal hoop

Ek sal aanhoudend hoop

Dat verdra soos siekte versprei

En genees die kanker wat ‘n nasie laat ly

In die skadu van onvervulde beloftes.

 

En eendag sal weergalm as waarheid

Ek

Jy

Ons

Vir jou Suid-Afrika.

Advertisements

16 Responses to “Rymelary…”

  1. TristonJ Julie 1, 2008 at 8:31 vm #

    Wow DMI stunning!!

  2. Jaco Julie 1, 2008 at 8:36 vm #

    Nou hier is ‘n eed wat my kinders maar in die skool kan aflê! Beter kan niemand dit gesê het nie. Well done DMI.

  3. ICE Julie 1, 2008 at 8:51 vm #

    Puik!

  4. meermin Julie 1, 2008 at 9:44 vm #

    DMI puik!!!!

  5. Wipneus! Julie 1, 2008 at 11:30 vm #

    Hierdie is ‘n wenner en kom dadelik op my yskas!!!
    Dm jy het baie verskuilde talente 😉

  6. Dellie Julie 1, 2008 at 11:35 vm #

    Wow! Stunning. Ek sal ook aanhou hoop. 😉

  7. demoerin Julie 1, 2008 at 1:01 nm #

    Julle gee veel meer prys as wat die rymelary verdien, dankie elk geval.

  8. DGS Julie 1, 2008 at 1:34 nm #

    Ek salueer! Ek sekondeer! Great stuff!

  9. René Julie 1, 2008 at 2:16 nm #

    Al moet dit dan nou uit hierdie Rene-gaat se mond kom! Maar dis nou wragtag pragtag!!

    Niks sal verander waar ek vandaan kom nie! Ek sal altyd trots wees op my herkoms! Al skop jy my tot in New Zealand! I will always be a South African child!

  10. Sonkind Julie 1, 2008 at 11:45 nm #

    Hierdie is BAIE meer as net rymelary. Uitstekend, DMI! 🙂

  11. Zee Julie 2, 2008 at 12:10 vm #

    Awesome!!!

  12. neykie Julie 2, 2008 at 8:28 vm #

    wow!!!! jy kan maar DMI

  13. demoerin Julie 2, 2008 at 9:47 vm #

    @ neykie, weetie wat gaan aan nie, maar my Internet Explorer weier volstrek om jou blog oop te hou, na so ‘n sekonde maak hy toe, en gee dan daai simpel report the error boodskap! Eishhhh

  14. Pikkelik Julie 2, 2008 at 1:14 nm #

    Baie, baie, baie goed gedoen! Ek is sprakeloos!

  15. meermin Julie 4, 2008 at 7:44 vm #

    dmi ek wou nou op jou vorige inskywing comment maar die werk blok dit!! Hoe gaan dit met jou? Lekker naweek vir jou!

  16. Sammi Januarie 27, 2009 at 1:55 nm #

    Fantasties man! Dankie vir die link – aijaijai, dit laat my hart sommer warm klop – ons moet nooit ophou hoop en droom nie – ons moet met hierdie woorde van jou ‘n werklikheid daarstel en ook nie ophou baklei om die bastardos te laat verdwyn nie – een van die dae…een van die dae!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: