TSDS…. Annex 8 – Pedophilia

2 Jul

Eerstens dink ek dis bietjie rich dar die RK ‘n hoe-ha hieroor maak, veral na aanleiding wat menige seuntjie onder die hande van ‘n Priester moes deurmaak. Laat my altyd dink aan daai effek van as jy vinger wys en daar wys 4 terug na jou toe.

Noudat dit van die bors af is, is dit sekerlik nie so ‘n slegte idee van die RK om sekere sondes letterlik “under the spotlight” te plaas nie. Een van die dinge wat my ERG demoerin maak is as kinders seksueel gemolesteer word deur ‘n volwassene. Pedophilia, in die reg,  verwys gewoonlik na volwassenes wat seksuele voorkeur toon in kinders wat jonger is, as wat daardie spesifieke land se ouderdom van consent is. Dit is nodig om hier uit te wys dat die seksuele voorkeur nie noodwendig hoef oor te gaan in ‘n seksuele daad om as pedofilia geklassifiseer te word nie.

Asof dit nie genoeg is nie moes ek uitvind daar is selfs terme soos Nepiophilia, ook genoem Infantophilia, is wat verwys na die voorkeur vir babas en toddlers, ouderdomme 0 tot 3. Wat dit siek maak is dat dit wel moet voorkom as daar ‘n term daarvoor is!

Nou waar die ding vandaan kom, of waar dit eerste gebeur het is nie van belang nie. Daar is heelwat goed gedokumenteerde gevalle van die Romeinse en Griekse heersers wat seks met hulle kinder-salwe beoefen het. Ouers het hier hul kinders verkoop vir geld om te oorleef, of die kinders is gevange geneem in oorloë. Die Spartans, wat geeër word as sekerlik die beste weermag ooit, het babas wat gelyk het of hulle nie goeie soldate gaan wees nie van die kranse afgegooi, of in die veld gelos vir die wolwe. Kriminele oortredings teenoor kinders in Suid-Afrika is aan die toeneem, maar die Kinderbeskermings eenheid is ontbind.

Wie is die stem, vir die wat nie self kan praat nie. Pedophilia is maar net een van die onregte wat al vir duisende jare teen kinders gepleeg word. Die ou gesegde van kinders moet gesien en nie gehoor word nie, word heeltemal te veel deur die eeue heen letterlik toegepas. Kinders is in hulle onskuld uitgebuit, ouers het hulle kinders laat werk om geld te verdien. Snaaks genoeg, vandag 2 Julie, in 1819 het Brittanje eers die wet, in die Factory Act, neergelê dat kinders onder 9 nie in fabrieke mag werk nie en dat kinders onder 16 nie vir meer as 12 ure per dag mag werk nie.

Daar is dan natuurlik ook die mense wat totaal en al deur die windmeul gemoer is en rondgaan met Pro-pedophile aksies. Hulle wil hê dit moet erken word dat pedophilia nie ‘n sielkundige afwyking is nie, maar wel ‘n seksuele voorkeur. Ek is nou al gereed om te kots, en het noggie eers my breakfast gehad nie. No questions asked reg moet op die veroordeeldes toegepas word. Geen versagtende omstandighede moet eers oorweeg word nie, want almal probeer altyd een of ander kak rede aanvoer vir wat hulle verkeerd gedoen het. Ek gee nie om of jy as kind gemolesteer of gebliksem was nie! As volwassene het jy genoeg verstand om keuses te kan maak!

Liewe ouer, as ek sulke goed lees is ek aan die een kant nog bly ek is noggie Pa nie. Kriminele dade in alle vorms is aan die toeneem teenoor kinders en dit word gedeeltelik toegeskryf aan die wonderlike tegnologiese wêreld waarin ons leef. Vooruitgang bring in sommige gevalle saam met hom ondergang. Klets-kamers op die internet, Mixit en ander dinge waarmee kinders hulle besig hou gee aan die poepholle ideale geleendheid, en toegang tot informasie wat hulle nie voorheen so maklik kon bekom nie! Kinders kan nie goed genoeg bedag hierop gemaak word nie! Kinders is nie lewenswys en wêreldwys genoeg om altyd die kat goed uit die boom te kan kyk nie.

Dit is ‘n siek, siek wêreld.

Advertisements

31 Responses to “TSDS…. Annex 8 – Pedophilia”

  1. Rustig Julie 2, 2008 at 9:05 vm #

    EK sê liewer niks. Die RK is voor in die koor as dit by kinder moleteering kom. In Antieke Griekeland was dit sosiaal aanvaarbaar dat “verhoudings” tussen volwasse en kind plaasvind. Selfs onder die Spartane. ONs is vandag veronderstel om beter te weet dat die kind het nie die vermoe om sulke keuses te maak nie. Bly maar siek en dit raak net al hoe erger.

  2. Wipneus! Julie 2, 2008 at 9:08 vm #

    Ek stem saam met jou Demoerin, die wêreld is siek. Dit maak my ook wild dat kinders so gemolesteer word. Jou inskrywing is baie interessant ek het nie eers geweet van die Pro-pedophile aksies nie. Ek is ook nou gereed om te kits, my koffie proe nie eers meer lekker nie. Mens moet nou baie hard werk om jou kinders bedag te maak op hierdie gevaar wat daarbuite skuil…… Ek is so bly my kinders is klaar groot, maar ai! die kleinkinders moet ook nog eendag kom, al daardie bekommernisse oor of hulle veilig is.

  3. ICE Julie 2, 2008 at 10:15 vm #

    Wil nie eers dink wat van die ou gaan oorbly as hy met my 3 Prinsessies gaan lol nie!!!!

  4. ICE Julie 2, 2008 at 10:15 vm #

    DM, ek sien jy sê hulle het KBE in SA ontbind. Y?

  5. Blixer Julie 2, 2008 at 10:23 vm #

    Ek sal persoonlik ‘n kindermolesteerder martel deur ‘n vierkante sentimeter van sy vel elkedag met ‘n Steadler uitveer af te vee- hy sal nie dood bloei nie, maar hy sal wens hy kon.

  6. demoerin Julie 2, 2008 at 10:41 vm #

    Ja ICE, daar is nie meer ‘n eenheid wat daarop fokus nie. Dit is nou deel van die res van die polisie, en saam met ander misdade in die q’s om ondersoek te word. Eintlik sad, want ek dink dit vat baie spesiale opgeleide mense om met kindersake te kan werk!

  7. ICE Julie 2, 2008 at 10:57 vm #

    Dit is sad!

    Dis so waar, ek dink nie dit sit in enige ou se broek* om met kindersake te werk nie.

    Ek het jare terug ‘n geleentheid gehad om ‘n oorplasing na KBE te kry. Ek het dit amper oorweeg, maar in die einde het ek ‘n verplasing na die Bomopruimings Eenheid gevat en eerder ‘n Springstof deskundige geword.

    Ek het gereken dat dit makliker sou wees om met terroriste te werk…

    *(No pun intended.)

  8. TristonJ Julie 2, 2008 at 11:57 vm #

    Dit is siek ek stem… wads as n kind self daar deur en het nie gevoel ek het n stem gehad om dit stop te kan sit nie… ek hoop nie my seun sal dit ooit ooit deur hoef te maak nie, en as iemand wel met sulke siek gedagtes hom nader dat hy skree al die pad tot in my arms… ek sal so iemand (mans en vrouens gelyk) vermoor met n smile op my gesig en tronk toe gaan in die wete dat ek die wereld van nog so n duiwel verlos het.

  9. Rustig Julie 2, 2008 at 12:48 nm #

    Wipneus die organisasie wat die soort ding goed praat bestaan wel. Ek het so bietjie gaan op lees oor hulle. Amerikaanse organsisasie.

  10. Rustig Julie 2, 2008 at 1:11 nm #

    Naam vergeet.
    NAMBLA is die organisasie se naam.

  11. Roer Julie 2, 2008 at 1:26 nm #

    Met apologie aan ICE.
    Wil nie eers dink wat van die ou/vrou gaan oorbly as hy met my 2 Prinsse gaan lol nie!!!!

    Uitstekende pos demoerin. Nog iets wat ek wil noem wat my van my verstand af wil maak van woede – Die tendens om vrouens wat betrokke is by seksueel gemolesteerde kinders te laat vry kom of met ‘n ligter vonnis hetsy ‘n ma of stiefma of watookal. Enige vrou wat welliswetend so iets TOELAAT en dan stil bly daaroor, is net so skuldig.

  12. Adrie Julie 2, 2008 at 1:31 nm #

    Eerstens dink ek dat dit onregverdig is om die RK alleen uit te sonder wat pedofilie betref. Ja, daar was ‘n paar baie publieke sake daaroor, maar daar is beslis nie ‘n groter populasie pedofiele in die kerk as daar buite nie. Volgende jaar is daar dalk weer 3 onderwysers wat as pedofiele uit gewys word, maar dit beteken nie dat alle onnies pedofiele is nie. (Ek gaan die pous persoonlik bliksem as ek hom ontmoet, kon hy nie sterker standpunt in geneem het nie).

  13. Adrie Julie 2, 2008 at 1:34 nm #

    Tannie Roer, ek stem saam. Die ma’s wat gesjarrap het is nog skuldiger as die res.

    Ek sal dit graag my lewenstaak wil maak om die pedofiele uit te snuffel en hulle tools te vermorsel. Seksuele voorkeur se moer. Bly dan eerder selibaat.

  14. Rustig Julie 2, 2008 at 2:19 nm #

    Die probleem wat ek het met die RK is dat hulle nooit hierdie dinge veroordeel het of die priesters aan die gereg oorhandig het nie. Ek bly in Ierland wat 99% RK is. Die afgelope paar jaar is daar groot opslae gemaak oor die dinge. Baie van die insidente was geraporteer aan die RK, al wat gedoen is was om die priesters te verskyf of na die Vatikaan te verskyf. Op einde van dag het die RK hom lekker uit die dilema gewikkel. Die Ierse regering moet nou die onkoste drae vir al die uitbetalings. Enigste land was die VSA waar die arme RK nie kon weg kom nie. Die kerk moes die meeste van eiendom verkwansel om die mense te vergoed.
    Die verskil is as jou buurman so iets doen is die kanse goed dat hy sommer vinnig met die gereg gaan bots.

  15. demoerin Julie 2, 2008 at 2:42 nm #

    @ Rustig, moet met jou stem. Die RK is te vinnig om hulle eie te beskerm en hulle agter die skerms te laat verdwyn. Jan-alleman sal vinniger tot reg gebring word. Daar was mos daai onlangse geval waar die ma en pa betrokke was met die kinderpornografie ding. Evil!

  16. René Julie 2, 2008 at 4:09 nm #

    As ek die goed lees is ek kitserig vir ‘n hele maand! My verstandjie is te klein om te verstaan waarom dit toegelaat word – deur wie ook al!!!

    Daar waar siek opgehou het, daar het hierdie kranksinnigheid begin!! Ek wil nie eers daaroor praat nie!!

  17. diebrein Julie 2, 2008 at 9:35 nm #

    Fok dit pedophilia seksuele voorkeur, ??dan is kastrasie en om iets `n plus te skop my seksuelevoorkeu as iemand ooit met my kind sou lol.Ek kan nie glo dat mens sulke mense kry nie SIEK, FOKKEN SIEK se ek jou.

  18. mockajava Julie 3, 2008 at 7:58 vm #

    Ek is woonagtig in Suid Korea, iets wat ek hier opmerkend vind is die optrede van jong skool mesies. Dis absoluut die invloed van TV en hoe hulle (Amerika en die res van die wereld) sien. Ek meen ek gee skool vir elementary school kids ( Laerskool) en die dogtertjies trek bra’s met padding aan of hulle trek rokkies aan vat heelwat bo die kniee gaan ( tipies jou britneys spears onskuldige skoolmeisie look)

    Die ergste van alles is mens kan nie help om dit raak te sien nie. So my punt is is dit nie kos vir pedofiele nie? Die manier wat die ouers die kinders partykeer toelaat om aan te trek ( ek weet ouers weet ook nie altyd wat die kinders aantrek as hulle uit gaan nie).

    Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek kan nie dit verdra as ek op die nuus sien wat mense cabable is om met kinders te doen nie. Maar as jy met vuur speel gaan jy mos gebrand word of dan nie?

  19. Pikkelik Julie 3, 2008 at 10:14 vm #

    As iemand, en nou bedoel ek enigiemand ooit met my kinders lol, hoor my lied vandag en ek plaas dit op skrif in die kuberruim sodat enige f*ckedup idioot dit kan lees. Raak aan my kinders, en ek bedoel dit letterlik, raak net met ‘n vinger aan hulle en ek belowe vandag voor almal, julle sal vir die res van jul lewens mank, blink, doof, sonder geslagsdele, en sonder julle linkerniere en longe deur die lewe gaan EN ek sal sorg dat jy nie doodgaan nie, al moet ek jou op my siekefonds sit, jy sal gestremd deur die lewe gaan en elke dag hierdie ma se woede beleef…..

  20. Wipneus! Julie 3, 2008 at 11:21 vm #

    Dankie vir die inligting Rustig!!

  21. Die Brein Julie 3, 2008 at 2:30 nm #

    Wipneus jy het die regte attitude.
    Rustig, fok ja waar kan so kind keuses uit oefen.

  22. mockajava Julie 3, 2008 at 4:48 nm #

    Pikkelik ek dink dis een van die grootste redes waarom ek te bang is om kinders in die wereld te moet he, ek sal nie dit kan oorleef nie, ek sal nie my kinders kan alleen los vir geen enkele oomblik nie.

    Ek het daaroor gaan dink na ek die stelling “speel met vuur en jy gaan gebrand word” gemaak het, ek dink dis nie regverdig wat ek hier gestel het op die kinders nie, Dis nie hulle skuld nie. Die MONSTERS daar buite misbruik dit.

  23. Wipneus! Julie 4, 2008 at 9:10 vm #

    Waar’s jy?

  24. Pikkelik Julie 4, 2008 at 9:20 vm #

    👿 Hallooooo!!!!

  25. neykie Julie 4, 2008 at 9:33 vm #

    waar is dmi? ons wag vir die week in jou neute dop?

  26. TristonJ Julie 4, 2008 at 9:41 vm #

    tick tock tick tock… di al amper 10 uur DMI waar is jy!!??

  27. Emil Julie 4, 2008 at 11:30 vm #

    Nou hoe nou – die een plekkie waarvoor ek altyd tydmaak, daardie weeklikse berigewing, is dan nou uit druk uit!!

  28. Rustig Julie 4, 2008 at 11:39 vm #

    ZZZZZZZZZZZZZZZZ!

  29. BB Julie 4, 2008 at 12:03 nm #

    Ok DMI – i ain’t impressed!! 👿 hoe gaan ek nou weet wat op die res van die b(l)oggers se blogs aan(ge)gaan (het)?? Eers bederf jy ons en dan weerhou jy – jy trek nou ‘n ‘girl’ op ons – is die honeymoon dan nou amtelik verby?? 🙄
    Ag en as jy dalk siek of olik of sommer net ‘af’ is – vergewe ek jou die een keer – indien nie, beter jy ‘n bitter goeie verskoning hê!! :mrgreen:

  30. Pikkelik Julie 4, 2008 at 8:25 nm #

    Ek sit hier met my toon en tik op die mat…. en ek wag en wag en die dag is ampertjies verby… 👿 En nou vra ek jou met trane is my ppolpers ogies…. Waar is die koerant!!!! 😯

  31. rosalindfranklin Julie 7, 2008 at 4:21 nm #

    As jy my nou sou vra: pedofelie is nie ‘n sielkundige afwyking nie, dis ‘n misdaad. Vergeet maar van agter “afwyking skuil” ou maat, dis pleinweg vieslik krimineel en jy gaan nie wegkom deur met die oom kopdokter te praat nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: