Die werk se lunch…

10 Jul

Net as dit voel die werk gaan my vir lunch opeet, is daar ‘n Walvisjagtersboot op die horison. Ek doen nie baie goed met last minute nie! Ek beplan gewoonlik baie goed vooruit, veral as dit te doen het met travel arrangements. Moenie vir my sê op Maandag 7 Julie ek moet in Athens wees die 16 Julie nie! Sit my sommer in ‘n flat spin! Wel ek het nou in 3 dae ‘n vlug gereël, Temp Paspoort (myne verval einde Aug) gekry en ‘n aansoek vir ‘n Schengen gereël wat ek more sal kan optel. I am impressed, even if I have to say so myself!

Advertisements

14 Responses to “Die werk se lunch…”

  1. demoerin Julie 10, 2008 at 7:30 vm #

    PS..lees julle ouens darem elke dag my day in hostory?

  2. Zee Julie 10, 2008 at 8:00 vm #

    Very impressive!!

  3. kaalvoetinireen Julie 10, 2008 at 8:45 vm #

    Dit wil gedoen wees! Daar is niks soos beperkte tyd vir travel arrangements wat mens op hol kan jaag nie!

  4. Rustig Julie 10, 2008 at 9:32 vm #

    Kyk ek doen ook nie laaste minuut reëlings nie. Hier by my word alles mos vir die laaste oomblik gelos en dan as dit ‘n fokop is dan wonder hulle waar alles verkeerd gegaan het. Ek het geen simpatie met mense wat alles los vir die laaste oomblik. Ek help ook nie en is glad nie ‘n “team player” in so geval nie. Die ergste is as hulle weke voor die tyd weet en genoeg tyd gehad het om dinge te doen.

  5. BB Julie 10, 2008 at 9:32 vm #

    Ek kan ook nie ‘n gejagery handle nie… one step at a time kinda girl, ekketjie :mrgreen: maar ek het ‘n verkeerde (return!!) booking gemaak vir my Aug vakansie (heel betyds in April al!!) en ek moet nou change – dit kos nou dubbeld soveel – kaartjies was toe op ‘special’ plus daar word fees gehef vir die veranderings. Aaaaaaarrrrrrgggggghhhhh!! 👿

    *tsk* @ parking metres!! die damn Britte!!

  6. Adrie Julie 10, 2008 at 11:07 vm #

    Ek besluit gewoonlik ek wil op die nipper gaan en laat ander met die gebakte pere.

    DMI

    Ek geniet daardie blokkie van jou. Bose dag met die Britte se parkeer meters.

  7. demoerin Julie 10, 2008 at 11:53 vm #

    😆 Lyk my darem ons het dit een, ek stem, moenie vir my sê Athens het op 6 Julie belsuit om mense uit 30 lande te nooi vir training nie! Hulle moet mos dinge soos VISA’s en dies meer ingedagte hou!
    @ BB, ek huil myself morsdood…al waaraan ek sal dink is dat dit ekstra spending money sou gewees het. EISH….

  8. Pikkelik Julie 10, 2008 at 1:37 nm #

    Knap gedaan DMI!!! Ek is ook nie gemaak vir rush nie… Gee my tyd, my brein moet eers in overdrive kom! 😆

  9. Wipneus! Julie 10, 2008 at 5:53 nm #

    Sjoe maar jy het baie gedoen in so kort tydjie!! Very impressive!

  10. Emil Julie 10, 2008 at 6:21 nm #

    Nee jong – probeer maar op ‘n Donderdagaand hoor jy vlieg Saterdag. En dan is die plek waarnatoe jy vlieg op ‘n Vrydag en Saterdag aan die bid en jy kan niemand bel nie. Dan vlieg jy maar op genade, land blindelings en hoop almal met wie te doen moet kry, is wakker. Gelukkig het alles mooi uitgeloop.

    Bly om uit te vind jy is nie weggeraap nie!

  11. diebrein Julie 10, 2008 at 10:50 nm #

    Jy se mos jy doen die ding goed, wees rustig en alles sal in plek val.
    Bon voyage, Έχετε εκτός από το ταξίδι.

  12. netjane Julie 10, 2008 at 11:52 nm #

    Ek hou ook nie van “rush” nie, maar deesdae raak al my reis reëlings al hoe meer so!

    Geniet Griekeland! 🙂

  13. demoerin Julie 11, 2008 at 7:05 vm #

    Mmmm, as daar nou Griekse gode is, moet daar mos godinne ook wees?

  14. krista Julie 11, 2008 at 10:01 vm #

    Cool!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: