Dinsdag Rymelary….

15 Jul

 

Die Rou in die As

 

Vrae in my gedagtes; nou amper drie jare.

Vrae oor hoekom, waarom en wat as?

Gebrandmerk as keur van die perfekte pare,

Lê ‘n toekoms nou verbrand in houtas.

 

Die prag van jou beeld bly vir ewig perfek,

Gevang vir alle tyd, inne gekleurde prentjie. 

Maar hoekom met my deel die vreugdvol effek,

As ek jou nie eers kan vashou ‘n bietjie?

 

Almal vertel van hoe net die tyd kan genees,

Maar voor my ontwyk dit nog soos ‘n skim.

Deel ek nog daagliks in daardie dagse vrees

As ek saam met jou in daardie kiekie klim.

 

So ‘n onbesonne daad van wapen geweld,

Wat jy vrou-alleen moes probeer teëstaan.

En vêr weg was die dag jou witperdheld,

Wat nou slegs verweite kan stort met traan.

 

My dae en ure is steeds onherroeplik verander,

Nie net deur dood, ook deur jou prag lewe.

In siel nog gebind soos vinkel en koljander,

In ‘n plek waar lewensdrome nog strewe.

 

Ek sal jou elk dag vir altyd onthou,

My heldin, die eienaar van ‘n hart wat rou.

 

Advertisements

15 Responses to “Dinsdag Rymelary….”

  1. meermin Julie 15, 2008 at 7:14 vm #

    DMI dit is so mooi, en sit hier met trane in my oge, omdat die man vir wie ek baie lief was met my hart hemel toe is! Seker maar die rede hoekom ek nie ware geluk kan vind nie! Hierdie blonde kop man was my alles, ek was so lief vir hom! Dalk eendag wie weet sal ek weer so lief kan word vir iemand!

    Lekker dag vir jou!

  2. Roer Julie 15, 2008 at 7:28 vm #

    Om ‘n geliefde aan die dood af te staan is so seer. 😥 Mooi geskryf.

  3. kaalvoetinireen Julie 15, 2008 at 7:44 vm #

    Dis baie seer… strongs! Pragtig geskryf! (((DMI)))

  4. Dellie Julie 15, 2008 at 9:44 vm #

    Dis pragtig geskryf, maar so hartseer. Ek hoop dat die seer eendag heeltemal sal genees. ((DMI))

  5. Wipneus! Julie 15, 2008 at 10:04 vm #

    Diep en beautiful!!! Hierdie gaan een van my gunstelinge bly!

  6. Blixer Julie 15, 2008 at 1:30 nm #

    Sterkte! Sê noumaar bly ‘n nuttelose oefening, maar tog doen ons almal dit.

  7. BB Julie 15, 2008 at 2:49 nm #

    Sorry DMI!! ek weet waar jy staan – was daar gewees 25 jaar gelede – ek was sooo jonk. Ek weet hulle sê tyd bring genesing en dit doen…soms, maar ander kere bring dit (saam met wysheid en die harde werklikheid) juis die hunkering na “what could’ve been” – maar as dit kom en ek vra dit groot vraag “hoekom hy?” dan vra die Groot Geneesheer “hoekom nie?” en as ek vra “hoekom nie ek nie?” dan vra Hy “hoekom?” – en altyd, altyd is Hy reg.
    Ain’t nobody, but nobody wat ek ooit in my hele lewe meer ‘heaven’ sou toegewens het as juis hom nie… but it (still) isn’t any consolation. I’m hoping that one day I’ll get there yet.
    Sometimes the hardest part of getting better is giving it time. The pain gets to be almost intolerable, but you survive, by sheer dint of passing time. It’s the time that hurts, more than anything else. It’s the knowledge that this too, shall pass, but being stuck in the here and now, the wait seems endless.
    Remember skat: you can waste time once in a while, but don’t let time waste you!! x

  8. koeksister Julie 15, 2008 at 3:10 nm #

    Ek gaan niks se nie, ek gee jou net ‘n blom.

  9. Emil Julie 15, 2008 at 3:54 nm #

    ‘n Besonderse stuk skrywe. Jy tref my veral met:

    “Deel ek nog daagliks in daardie dagse vrees
    As ek saam met jou in daardie kiekie klim.”

    Pragtige beeld. Ek kan die foto in my geestesoog sien, twee koppe teen mekaar, ‘n gimlag en glinsterende oë. Onthou dit vir ewig. Groete.

  10. demoerin Julie 15, 2008 at 4:42 nm #

    Dankie vir al die woorde. Dit is al amper 3 jaar, en ja wel, elke dag is dalk bietjie beter, maar die seer en onthou sal altyd daar wees! Ek kan daaroor praat, selfs skryf nou sonner om altyd te wil tjank. 3 jaar klink na ‘n lang tyd, maar vir my voel dit nog soos gister. Ek voel net die laaste 2 dae weer so bietjie depro. Seker omdat ek alleen Athens toe gaan?

  11. cleopatra Julie 15, 2008 at 4:44 nm #

    Eish,pragtige woorde!!!

  12. TANNIE Julie 15, 2008 at 4:47 nm #

    Whao, dis nog rou….

  13. leona1 Julie 15, 2008 at 9:58 nm #

    DMI, dit is baie mooi, ‘n duidelike foto van ‘n liefde wat nimmer kan vergaan.

    🙂

  14. duskant Julie 15, 2008 at 10:14 nm #

    Sjoe. Baie mooi en sad! Mooi woordspel

  15. Tersia Julie 16, 2008 at 10:47 vm #

    Dis so mooi en so seer! Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: