TSDS…. Annex 10 – Drugs

16 Jul

Poppies is vir medisinale doeleindes al vanaf die Neolithic era gebruik, ja, ons praat hier van ongeveer 4200 B.C. Dit was ‘n goeie pynverligter en sommer pynvergeter ook. In die middel 1400’s is daar egter die eerste geskrewe verwysings uit China, dat die rook van opium begin posvat het as ‘n sogenaamde recreational drug.

Die gebruik van verskeie tipes drugs, in verskeie vorms kom dus alreeds met die mensdom saam vir ten minste 6000 jaar. En soos dinge nou aangaan is daar omtrent elke jaar ‘n nuwe verbode middel op die mark. Vervaardigers en verkopers maak baie geld, sommer sakke vol.

Nou ja, ek is seker daarvan die meeste lesers het iewers al ‘n ou daggatjie gerook. Gelukkig ‘n verdowingsmiddel wat nie sommer erg verslawend raak nie. Die beskrywing van die woord drug egter, op bv. wikipedia, sluit natuurlik ook in ethanol (alkohol) en dan nikotien (sigarette). Seker die mees bekendste drugs, die mees gebruikte drugs en die mees beskikbare drugs. En natuurlik die 2 wat sekerlik wettig is in meer as 90% van die lande in die wêreld.

Die wondere van drugs, en dit is natuurlik vir die vervaardigers en verkopers, is dat elkeen van hulle ‘n komponent bevat wat verslawend is. So verslawend dat mense al hulle besittings verkoop en steel om hulle fix te kan kry. Ek dink dit is een van die groot areas van drugs waarmee die RK, en definitief ek ook, ‘n probleem met drugs het. Dit is so verslawend dat die user tot uiterstes sal gaan om dit te bekom, en telkemale sluit dit moord in.

Die volgende probleem wat die RK natuurlik het is die vervaardigers en dealers. Daai outjies wat in hulle homemade laboratoriums sit besig om die middels te maak wat ander mense, en die mense om hulle se lewens verwoes. Geld is ‘n lelike ding, en dit sal bly inrol so lank as wat jy verslaafdes het. Dit is ‘n aaklige sirkel sonder einde.

Daar is gelukkig mense wat hulle beywer om met die hulp van die polisie, en dan natuurlik sentrums waar jy dit kan oorkom, hierdie euwel te probeer uitroei. Dit is egter soos om teen die Vic-falls te probeer opswem. Daar is 6000 jaar se geskiedenis agter verslawing, en solank as wat daar mense is wat die geld gaan maak, gaan daar verslaafdes wees.

Vir sommige mense met sakke vol geld is dit heel moontlik recreational, ‘n duur high, vir ander het die lewe dalk so ‘n klap toegedien dat dit ‘n manier van uitkoms is, ‘n manier om te vergeet. Die sad ding is dat die effek van die middel nie blywend is nie, dit is ‘n rukkie se lekker of vergeet.

OK, confession time. Ek geniet my alkoholtjie so af en toe, en ek sit met die nikotien-probleempie. Ek gaan gelukkig nog nie van my besittings ontslae raak of steel om die verslawings te bevredig nie! Ek is gelukkig van nature happy-go-lucky, as ek nog ‘n ekstra drug daarvoor moes vat sal mense nie met my kan huishou nie. Eerder “high on life”!

Ter afsluiting het Bob Marley gesê – Herb is the healing of a nation, alcohol is the destruction. Ware woorde, want wie wil nou illegaly drink and drive, as jy kan smoke and fly!😆

16 Responses to “TSDS…. Annex 10 – Drugs”

  1. meermin Julie 16, 2008 at 8:36 vm #

    Drugs is ‘n moerse euwel!

  2. Rustig Julie 16, 2008 at 9:10 vm #

    😆

  3. ICE Julie 16, 2008 at 9:39 vm #

    Ja nee, en Bob het geweet waarvan hy praat!😉

  4. TristonJ Julie 16, 2008 at 10:09 vm #

    lol… mens kan darm altyd op jou staatmaak op n intresante lees…

  5. Zee Julie 16, 2008 at 11:27 vm #

    DMI, dagga bly maar ‘n drug, al verdedig die wat dit gebruik dit. Punt!!!

    Ek confess ook maar hierso, ek het ook die nikotien (dis nou sigarette hoor) probleem en moet drasties plan maak!!

    Hopelik smoke and fly ons almal op sigarette en nie dagga nie!

  6. Wipneus! Julie 16, 2008 at 11:51 vm #

    Dm whahaha ek is ook “High on life”
    Is hierdie ‘n “confession” blog? Ek confess😳

    Ek het nog nie Dagga probeer nie, ek is baie dom met al hierdie “Drugs” maar ek leer baie oor die goed op die blogs.

    smoke and fly vertel jy my? hie hie😆

  7. Dellie Julie 16, 2008 at 12:33 nm #

    OK, ek is ook skuldig – nikotien en alkohol, maar ook darem nog nie so erg dat ek eerder siggies as kos sal koop nie!😯

    En dagga? Ja, ek het al getry, many moons ago. Net vir die snaaksigheid. Nog nooit weer die begeerte gehad nie, en ook nie om ander drugs te probeer nie. Ek is eenvoudig te banggat.:mrgreen:

  8. demoerin Julie 16, 2008 at 12:37 nm #

    Ek sal eerlik wees en sê ek het gereeld ‘n joint of 2 gerook, natuurlik vir absolute medisinale doeleindes.😆 Nie meer so gereeld nie, tog by geleendheid so 2 of 3 keer ‘n jaar…..dit ruik darem soooooo lekker.

  9. Zee Julie 16, 2008 at 1:06 nm #

    Agge nee DMI, daardie klaptwak stink!!

  10. demoerin Julie 16, 2008 at 1:37 nm #

    Demoerin dink omkyktwak ruik BAIE lekker!

  11. Dellie Julie 16, 2008 at 1:39 nm #

    Iemand het dit die anderdag “giggelgras” genoem. Ek het nogal gedink dis funny!😆 Uhm, of dit nou lekker ruik of nie, dis ‘n reuk wat ek vandag nog in ‘n oogwink kan uitken.

  12. Blixer Julie 16, 2008 at 3:25 nm #

    Ek is ‘n groot voorstander vir die gebruik van dagga vir medisinale doeleindes- het dit nog nooit self gebruik nie, maar weet van , hele paar pasiente wat daarby gebaat het. Wettige dagga-ekstra word verkoop as skedule 7 middel om eetlus aan te wakker in kanker pasiente.

  13. rosalindfranklin Julie 16, 2008 at 3:45 nm #

    Lekker inskrywing. Mense het ook in die veral in die 1800’s laudium (hoop die spelling is reg) gebruik dit is in vloeistofvorm en is van opium. Op daardie stadium was dit al vir erge pyn/psigiatriese siektes wat beskikbaar was, maar hoogs verslawend.

  14. Roer Julie 16, 2008 at 4:35 nm #

    Het nog nooit dagga probeer nie, maar ek het iewers gelees dit verhoog jou HR meer as 50%, dus baie erger as gewone rook (hartklop). As jy ‘n stadige/swak bloedvloei na jou hart het, kan dit borspyn veroorsaak ens. Ek het nie ‘n mediese ‘inclined’ been in my liggaam en verstaan glad nie die goed nie. Weet net die dokter se^ moenie aan dit vat nie, dan maak ek maar soos hy/sy se^. (Mind you, hy se^ ook ek mag nie chocolate eet nie agv migrains…) Ek kan wel verstaan wat Blixer se^ van kanker pasiente.

Trackbacks/Pingbacks

  1. The Truth about “Joints” « Zee Se Scribbles - Julie 16, 2008

    […] trackback Ek wou eers later “Joints” doen maar nadat ek weer oor dagga by Sonkind en Demoerin gelees het, het ek maar besluit dat nou seker die regte tyd is.  Ek het ook voorheen hier oor […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: