Die week in ‘n neutedop…..

1 Aug

Nie net het nog ‘n week nie, maar sommer die maand Julie ook sy gat gesien. 7 maande van die jaar in sy glory in. Nuwejaarsvoornemens is nou net ‘n veraf gedagte. Het jy al alles gedoen wat jy hierdie jaar beplan het…nog net 5 maande oor mense! So gepraat van aftel.

Demoerin het laas naweek so bietjie groot gegaan op phuza-friday, met ‘n herhaling phuza-saturday. Drank is ‘n euwel vertel ek julle. Al ooit gewonner Saterdagoggend hoe jy nou eintlik uit jou klere in, in jou bed gekom het? Al ooit gewonner waar jou date is? Nie by jou nie, seker by haar huis? Egter geen recollection van haar aflaai nie? Miskien het jy haar by die Michelangelo vergeet?

Ek moes hierdie Saterdagmiddag gehad het. Dit sou vele opgeklaar het. So gepraat van alkohol, gaan lees hierdie storietjie. Na dese is ek so bietjie in die dog-box met geen van die vooruitsigte nie. Wonner of dit ‘n goeie of slegte ding is? Hopelik is alles weer honky-dory die naweek. Ek laat my nie so gou onderkry nie en het hierdie bra-oulike storie ook geniet. So gepraat van ondergoeters, help bietjie hier….ek wonner nog. Uit my persoonlike oogpunt is daar niks met voëlvry fout nie, dit verminder ook die uittrek-tyd. Enigiets om bietjie tyd te bespaar!

Terwyl die brein nou daar in die gutter rondploeter, hier is ‘n oulike manier om aan jou kinners die bytjies en blommetjies te verduidelik in taal wat hulle verstaan. En terwyl jy nou besig is om jou kinners te leer, DIT IS NOOIT TE VROEG NIE. En asseblief tog, leer julle se kinners van vroeg af die waarde van harde werk. En as jy kleuters het, ek willie jou senuwees op hol jaag nie, maar kies die oppasplekke baie versigtig.

Daar is dan natuurlik die wat die hospitaal oorleef het, of het die hospitaal haar eerder oorleef? Mense, my preek word nou hierdie week in 1 sinnetjie verrvat! Dit is nooit so erg as wat dit lyk nie. Dikwels is ‘n ander perspektief van die omstandighede net ‘n bietjie nodig. Sprei jou vlerke en kry ‘n ander oogpunt. Hier is ook so bietjie raad van Sir Laurence Olivier. Net om die dag bietjie op te kikker, hierdie is seker nie lelikste hond wat ek al ooit gesien het. As dit ‘n hond is? Die stukkie is dalk bietjie tong-innie-kies, maar sterkte aan die Wosonki’s met hulle nuwe planne.

Daar is ook natuurlik so bietjie raad aan die 2010 besoekers aan Suid-Afrika. Ek wonner of hulle besef Afrika is nie vir sissies nie? Ek oorweeg dit sterk om gedurende die sokkerstorie verlof te vat, om sodoende tyd te hê om toeriste te beroof. Dubbel-betaalde verlof, great idea as jy my vra?

Sekeres is mos weer oorie water, en andere spandeer hulle geldjies wat hulle teruggebring het. Ek het natuurlik amper ‘n hartaanval gehad toe ek DIE opskrif lees. Sekeres wil ok nou weer hul jeug probeer herwen deur in dansers te ontaard. Sekere ikone, al is hulle afgesterwe, sal egter altyd bekend bly.

Demoerin is ook baie lief vir quotes, party mag dalk partykeer so bietjie verwronge lyk. Demoerin is ook baie lief vir kos, maar hel mense partykeer weet ek nie so lekker nie?

So gepraat van quotes – Drie verskillende grade van erns oor drome:

  • Edgar Allan Poe “Those who dream by day are cognizant of many things which escape those who dream only by night”
  • Woody Allen “What if nothing exists and we’re all in somebody’s dream? Or what’s worse, what if only that fat guy in the third row exists?”
  • Tommy Cooper “Last night I dreamed I ate a ten-pound marshmallow, and when I woke up the pillow was gone.”

My wense van laasweek, staan vir hierdie week ok. Mag die naweek so opwindend wees, dat ‘n highjacking jou sal verveel.

18 Responses to “Die week in ‘n neutedop…..”

  1. Dellie Augustus 1, 2008 at 8:15 vm #

    Ek het baie gemis hierdie week!😯 Maar dankie, nou kan ek sommer gaan opvang. Geniet jou naweek, en maak seker jy ry nie weer met die beer-scooter huistoe nie!😆

  2. Jaco Augustus 1, 2008 at 8:31 vm #

    Hoekom tong in die kies?

  3. demoerin Augustus 1, 2008 at 8:33 vm #

    @ Jaco, ek bedoel my wense is opreg, alhoewel die neutedop baie tong-in-die-kies is.

  4. neykie Augustus 1, 2008 at 8:45 vm #

    DMI soos altyd is dit lekker om die week in ‘n neute dop te lees en op te vang met dit wat ek gemis het.

    Mag jou naweek ook lekker wees.

  5. Jaco Augustus 1, 2008 at 8:46 vm #

    Aaah! En die liggie gaan vir Jaco ook aan. Miskien moet en net stadiger en meer deeglik lees.
    Dankie, ek vermoed ek het dit dalk meer nodig as wat ek sal wil erken.

  6. Rustig Augustus 1, 2008 at 8:57 vm #

    Goeie more Suid Afrika! Hier by my is dit ‘n herhaling van die sondvloed soos dit reën in Ierland. Dankie! Vandag het ek sommer twee nuwe blogs gekry om te besoek. Goeie en lekker naweek vir julle, myne hou aan tot Dinsdag oggend!

  7. netjane Augustus 1, 2008 at 9:32 vm #

    Noudat ek weer terug by die werk is, het ek weer baie tyd om blogs te lees.😉

  8. Koekie Augustus 1, 2008 at 10:00 vm #

    Dankie vir die update. Dis blerrie goed gedoen.

    Lekker naweek.

  9. demoerin Augustus 1, 2008 at 10:12 vm #

    @ rustig….ja toe vryf dit nou in. Ek voel so aan my gat dit gaan reën die hele naweek.😆

  10. Wipneus! Augustus 1, 2008 at 10:39 vm #

    Hi Dm ek het so baie gemis die week!! Dankie
    Die Tommy Cooper quote het ‘n breë smile op my gesig geplak.

    Lekker naweek!

  11. Zee Augustus 1, 2008 at 10:49 vm #

    DMI, ek sien al hoe Rustig sy b’day vier innie reën😆

    Weereens skitterend!

  12. platterfuss Augustus 1, 2008 at 11:19 vm #

    ((((((((((((((((((demoerin))))))))))))))))))

  13. meermin Augustus 1, 2008 at 12:22 nm #

    DMI kyk Woensdae dan dink ek al WEEK IN DIE NEUTEDOP by demoerin, jy vat die week mooi saam, dankie lekker naweek vir jou ook!

  14. koeksister Augustus 2, 2008 at 12:13 nm #

    Nice post demoerin, geniet jou naweek, en hey, gaan groot🙂

  15. rosalindfranklin Augustus 3, 2008 at 12:43 vm #

    Dankie my Bra! Lekker gelees en geloer.

  16. Emil Augustus 4, 2008 at 9:49 vm #

    Lekker dat ek nou my afwesigheid so kon inhaal! Sjoe, ek is bly dat die laaste week redelik vreedsaam verloop het. Ek sien daar was min onstuimige waters en donderstorms.

  17. DGS Augustus 4, 2008 at 7:30 nm #

    Hahaha! Al ooit gewonder hoe jy weer IN jou klere gekom het en jou bed gemis het?!😆

  18. demoerin Augustus 5, 2008 at 6:56 vm #

    @ DGS…😆 Sulke belangrike sake sal ek nooit vergeet nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: