Hartseer…..

4 Aug

Die lewe deel jou soms ‘n troefkaart. Jou lewenswiel het vir die laaste keer gedraai. En weereens besef ons as mens, ons is klein en nietig. Ons mag dalk dink ons beskik oor al die kennis, maar die finale besluit oor lewe en dood, lê nie by enige mens nie.

 

Oom Hugo, jy het my altyd meer as welkom; soos ‘n eie kind in jou huis laat voel. Die stil, sterk man wat uiterse genot uit die kleinste dingetjies kon geput het. Die man wat lekker rugby en karre kon praat, en saam met wie ons nagte om puzzle gebou het. Die man wat jou kon uitboul met slim grappies, en saam met wie jy oor alles en nog wat kon praat. Die man is op die oggend van 4 Augustus oorlede.

 

Tannie Annie, San en Jaco. Hartseer kan nie beskryf wat ek in my hart voel nie. Dit is net ‘n nietige woordjie, wat nie uiting kan gee aan my ware seer nie. Maar glo my, ek treur saam met julle oor ‘n wonderlike man. ‘n Ongelooflike voorbeeld van ‘n waardige man. Al was sy laaste paar jaar sekerlik nie so aktief as toe ek Oom Hugo leer ken het nie, het dit niks aan die man, Hugo, verander nie.

 

Julle het al twee maal tevore hartseer met my gedeel. Gebeure soos vandag krap maar aan die ou wonde, al is hul al amper 3, en langer as 7 jaar, oud. Ek het darem ook nog my Ma, maar sekere dinge kon ek net soveel makliker met julle deel. Ek glo nie Oom Hugo het ooit besef hoeveel keer ek sy advies ter harte geneem het nie.

 

Wat jul egter moet weet is dat ek sal saamdra aan die hartseer, soos wat dit ‘n volwaardige “aanneemkind” betaam.

%d bloggers like this: