TSDS…. Annex 13 – Excessive Wealth

6 Aug

Jammer vir die wat ‘n oulike stuk oor Bioethics of Cloning verwag het. Demoerin se kop voel bietjie plat en deurmekaar die week. Dit sal maar oorstaan vir volgende weke.

Nou die noem van “excessive accumulation of wealth by a few” deur die RK as ‘n moderne doodsonde dink ek is bietjie “rich coming from them”. Wat is excessive, R1.00 meer as die RK se miljoene?

Nou kyk, soos dag en nag verskil, gaan ek hier met die Pous en sy maatjies verskil. Sonder om nou vinger te wys, en in teenstelling met wat die kerk ‘n paar keer deur die eeue gedoen het, is hierdie nie vind en vat gevalle nie. Die mense wat deesdae met die wêreld se geld in hul sakke sit het dit meestal deur harde werk verdien. En as jy daardie geldjies verdien het, gun ek jou daai geluk.

Die wêreld se top gelukkiges, soos aangedui in Februarie 2008, was Warren Buffett, Carlos Slim Helu en Bill Gates. Dit is maar gewoonlik ‘n wipplankryery tussen die top 2 soos wat die wisselkoerse verander. Ons praat hier van netto waardes van so $62 biljoen. Sekerlik “excessive”, maar wie de moer gee om. OK, ek het vergeet, die RK. Bill Gates het onlangs afgetree en spandeer nou tyd met sy $60 biljoen. Blykbaar maak hy dit sy nuwe taak om van daai biljoene met welsyn te deel. Seker daarvan die Pous is happy.

Ek wonner waar jy jouself as welsynsgeval kan registreer?

Die interessante is dat daar meer as 100 biljoeners op die aardbolletjie is. En dit was nie soveel jare terug nie toe almal ge-oe en a het oor miljoeners nie. Wel ek sê good luck, en well done aan die wat wel daar is. En as jy mooi daaraan dink, hulle geld en besighede hou die wêreld ekonomie aan die gang.

Net vir interessantheid……Die totale netto batewaarde van die Top 100, soos in Februarie 2008?

$1,730 biljoen. Eish, dit is banja tjeld!

10 Responses to “TSDS…. Annex 13 – Excessive Wealth”

  1. Dellie Augustus 6, 2008 at 8:30 vm #

    Dink jy as ons daai e-mail van Microsoft aanstuur na almal in ons adreslyste, sal Bill so ‘n paar randjies vir ons afknyp?:mrgreen: Nee, seker nie, ek dink dit gaan makliker wees om as ‘n welsyngeval te registreer. Laat my weet as jy dit regkry!😆

  2. Rustig Augustus 6, 2008 at 9:04 vm #

    Pot verwyt die ketel! Dit is hoe ek die Pous en sy idieë sien. Hy wil dit seker wegbêre is sy Vatikaanse Bank vir die maer jare. Enige mens wat sy geld verdien het op eerlike en hardwerekende manier is onder geen verpligting om dit te deel nie. Hy sal wel deel as in sy hart oortuig word.
    Ek en RK sit nou nie langs een altaar nie!

  3. Emil Augustus 6, 2008 at 9:39 vm #

    Hierdie is nou ‘n sonde wat ek nie sal opgee om te pleeg nie. Ek darem al ophou met dans, so ek kan seker hierdie enetjie nog so bietjie knyp😉

    Ek dink kerke is seker van die instansies in die wêreld van voor in die tou staan met hierdie een. Maar die punt hiermee is seker dat ‘n mens wel aan welsyn of so iets moet gee, anders is dit sonde as jy alles vir jouself hou. Ek stem: wie wil nou ‘n R10m se seilboot hê as jy ‘n R5m se seilboot net so goed kan vaar😆

  4. Roer Augustus 6, 2008 at 11:52 vm #

    Ek sal self nie te veel kla as hierdie sondetjie my pad betree nie. Ek het net ‘n probleem met ryk mense wat niks doen vir die armes nie. Ja, hulle skuld dalk niemand niks, maar sal dit hulle nou dood maak om ‘n miljoen of twee van hul biljoene te vat en ‘n hospitaal of twee of ‘n 100 of 300 huise te bou. Daar is baie van hulle wat wel sulke goed doen (aka Angelina poppie) en ‘good on them’.

  5. Rustig Augustus 6, 2008 at 3:54 nm #

    R10 miljoen Rand jag is groter! As ek ‘n roeibootjie wil hê dan koo ek een.

  6. demoerin Augustus 6, 2008 at 4:07 nm #

    Stem met Rustig, as ek R10mio het sal ek eerder daai een kry. Jy weet, die een met okkerneutafwerking in plaas van pine.😆

  7. Rustig Augustus 6, 2008 at 5:15 nm #

    Nou praat jy Demoerin, te hel met die “peasants” en hulle needs. “Only the best.”😆

  8. Blixer Augustus 6, 2008 at 10:37 nm #

    Rykdom is geregverdig, mits jy of jou familie daarvoor gewerk het en dit nie jou siel vernietig nie.

  9. Emil Augustus 7, 2008 at 9:27 vm #

    Wat van as jy dit alles erf, Blixer?

  10. Blixer Augustus 7, 2008 at 9:38 vm #

    @Emil Erfgeld is swerfgeld. As jy dit erf en dit is eerlik bekom in die eerste plek, why not! Ek het egter al gesien hoe families oor geld verwoes word en dan is dit erfgelf wat ter sprake is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: