Lag vir Donderdag….

7 Aug

Nou demoerin is bietjie depressed en wil nou die die hele blogosfeer aansteek met ‘n lange relaas oor lewe, dood, hartseer, ou wonde, memories en dies meer nie. Ek is van nature die tipiese “happy-go-lucky” stickman soos in my mosaic hieronner. Maar tog ook maar net mens! Genoeg donker praatjies vir nou!

Misverstande gebeur al hoe meer. Die wortel van die kwaad al hoe meer dikwels mense wat hulle gedagtes in woorde wil omsit, met die gebruik van woorde wat hulleself nie eers mooi verstaan nie. Om dan nie eers van uitspraak te praat nie! Wat het van die lees van fonetiese skrif geword? Dit is die grootste en enigste rede hoekom ek nie SABC nuus kyk nie. Ek wil elke 30 sekondes die nuusleser of veldverslaggewer met ‘n donnerse woordeboek deur die tv gooi. Moet dan ook verder sê dat die nuwe E-news channel hier ‘n pluimpie verdien, wel gedaan!

16 Responses to “Lag vir Donderdag….”

  1. ICE Augustus 7, 2008 at 9:10 vm #

    LOL!

    Puik!

  2. Emil Augustus 7, 2008 at 9:26 vm #

    😆

    Dankie vir die opbeur! Dit is inderdaad vir een of ander rede ‘n betrokke week. Ek dink al die drama en opwinding en introspeksie die laaste tyd in my eie lewe het gekulmineer in hartseer oor ‘n klein engeltjie se heengaan.

    SABC? Iewers luit ‘n klokkie, maar kan nie so lekker onthou waar ek daai afkorting vandaan ken nie😉

    BBC, Sky News, E-Tv! CNN. Daai mense ken/kan.

    Lekker dag.

  3. Blixer Augustus 7, 2008 at 9:42 vm #

    Wat bedoel jy daar is nie ‘n woord soos kat-teg-ories nie? Of waaiolens?

  4. netjane Augustus 7, 2008 at 9:57 vm #

    Wo-kas? Ve-hi-cles?

    Ek is bly my home entertainment sweef nog op die oop see rond, ek dink SABC nuus so my nou laat crack het.

  5. Adrie Augustus 7, 2008 at 10:33 vm #

    Die anglisisme van die Afrikaanse nuus of joernaalprogramme gaan my deur die mure dryf.

  6. Wipneus! Augustus 7, 2008 at 12:19 nm #

    😆 Ek kyk nie SABS nuus nie!

  7. neykie Augustus 7, 2008 at 12:46 nm #

    hehe😆

  8. koeksister Augustus 7, 2008 at 12:50 nm #

    Het jy al gehoor hoe spreek hulle “grass roots level” uit? 🙂

  9. Zee Augustus 7, 2008 at 1:31 nm #

    😆

  10. Tersia Augustus 7, 2008 at 2:33 nm #

    As ons alles moet aanteken wat anders/verkeerd uitgespreek word, sal boeke volskryf!! Dan is die in die geliefde Engels (wat almal aandring om te praat) en nie Afrikaans nie!

  11. Rustig Augustus 7, 2008 at 3:42 nm #

    Is die nuus nie ook heruitsendings in Suid Afrika nie? Ek verbeel my elke slag as ek huis toe gaan is die nuus dieselfde. Dalk moet ek meer wyn drink! SABC is a culteral weapon with mass destruction capabilities.

  12. Roer Augustus 7, 2008 at 3:53 nm #

    😆 @ grappie
    Hoop jy voel gou beter.

  13. flippiefanus Augustus 7, 2008 at 5:12 nm #

    Kyk lankal nie meer daai SABC kanale nie. Wat my viesgemaak is dat hulle daarop aandring om na die stad waar ek grootgeword het as Twane te verwys. Seker maar kleinlik van my of wat?😉

  14. rosalindfranklin Augustus 7, 2008 at 11:40 nm #

    Soos die advertensie waarin die mense gil oor die radio: We are sinking, we are sinking.
    En die operateur, wat eintlik nie Engels verstaan nie en ‘n swaar Duitse aksent het sit so rukkie doodstil en vra toe:
    Vhat are zu zthingking about?

  15. netjane Augustus 8, 2008 at 8:02 vm #

    Daai advertensie crack my elke keer op as ek dit op Youtube sien. Rosa.

  16. demoerin Augustus 8, 2008 at 8:35 vm #

    😆 Bly om te sien ek is nie alleen in die bootjie nie! Die gedenkdiens is agter die rug, en demoerin voel bietjie beter!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: