Die week in ‘n neutedop….

8 Aug

Sjoe, soveel van ‘n roller-coaster ride het ek lanklaas in 1 week beleef. Ons is op alle vlakke van emosie gechallenge. Nie noodwendig ‘n slegte ding nie, maar dit het arme demoerin bietjie depressed gelos. Die mense met die snaaksighede…julle was lifesavers!

Die week is afgeskop met hartseer. Daar is ‘n blog-familie wat vir klein Nathan aan die dood afgestaan het. Ons harte is seer vir die gesin in julle oomblikke van hartseer. Ons durf nie ons lewens in jare meet nie, maar wel in oomblikke, want dit mag dalk baie kort wees.

Sulke nuus kan net een ding tot gevolg hê. Wroeging en wonder oor die lewe. Wat ons nou eintlik hier soek, en waarheen ons oppad is. Wat is dit om te lewe? Die feit bly staan dat jy die beste van elke minuut in elke dag moet maak. Ons kry elke oggend ‘n tweede kans om reg te maak waar ons verbrou het. Gebruik daardie kans, spyt kom te laat…. en dit is dan wat mens begin droom oor die horlosie terugdraai.

Hierdie week het ook dan die datums van gebeure in WWII ingehou. Anne Frank en haar gesin is op 4 Augustus verraai en gearresteer. Op 6 Augustus laat val die B-29 Bomber, Enola Guy, die atoom-bom “Little boy” oor Hiroshima. Die arrestasie van Anne Frank het my net weer herinner aan hoe wreed die mens kan wees.

Vandag, 08-08-08 om presies 08:08pm, Beijing tyd, sal die Olimpiese spele van 2008 begin. Die atlete wat nie 8 as gelukkige nommer het nie…..hoop julle het hard geoefen. ‘n Bietjie “sports” hierdie week was die mosaics wat almal gemaak het. Jy kan by amper almal in my blogroll ‘n mosaiek besigtig. Daar is natuurlik ‘n paar mense in die blogosfeer wat shopping as ‘n sport sien….wees gewaarsku oor Big Brother.

Ons moet dan natuurlik ons ander “brothers” ook waarsku….julle word gewatch. Ek kan nie wag vir Sondag se Sunday Times nie! Wees versigtig motoriste in Jozi, julle word ook gewatch. Waai tog net vir die smilende Polo!

Demoerin is mal oor kiekies. Gaan loer bietjie. En ook hier. En moenie die sexy “ouma” se videos vergeet nie!

‘n Bietjie op ‘n ligter noot:

Ter afsluiting. My gunsteling quote van die week:

“Dis soos om te kraam (wel,amper….) en daarna te verneem iemand anders kry die applous vir jou stootwerk.”

12 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. Wipneus! Augustus 8, 2008 at 8:49 vm #

    Hi Dm, sjoe ek het so baie gemis!! Vandag word hierdie neutedop baie waardeer!

    Ek het wel die Smilende Polo gelees, ek maak ‘n punt daarvan om daarna te soek, elke swart polo word met ‘n toeter en flitsende ligte begroet!! Ek waai en gooi ‘n breë smile!! Ek dink net nie ek het nog die regte Polo opgespoor nie! 😆

    Lekker naweek!

  2. netjane Augustus 8, 2008 at 9:15 vm #

    Ai man Wippie! Ek sal nou ekstra vir die Mercs begin smile ook!

    Dankie DMI, ek’s mal oor hierdie neutedop stories van jou!🙂

  3. Rustig Augustus 8, 2008 at 9:47 vm #

    Wat sal ek onder die weeklikse “huisgenoot” doen.😉

  4. Roer Augustus 8, 2008 at 10:16 vm #

    Ja, dit was nogal ‘n moeilike en hartseer week hierdie. Dankie vir die update.

  5. Dellie Augustus 8, 2008 at 10:23 vm #

    Emosionele week, ja. Moet sê ou Achmed die terrie het my nogal laat grin. Silence!! – I keel you!!😆

  6. Zee Augustus 8, 2008 at 10:33 vm #

    DMI, Dankie, n mens kan nie dink hoe baie jy mis nie, maar gelukkig is jy daar!!!

  7. Emil Augustus 8, 2008 at 1:29 nm #

    Uitstekend beskryf. Van die een week van donderstorm na hierdie van hartseer. This too will pass. Die son begin vandag al weer skyn en nuwe oomblikke gebeur stellig. Ons tackle die naweek aanstaande week by die horings!!

    Lekker naweek vir jou.

  8. neykie Augustus 8, 2008 at 1:53 nm #

    Soos gewoonlik DMI is dit ‘n wenner. Lekker naweek

  9. oopkop Augustus 8, 2008 at 2:19 nm #

    Omtrent ‘n besige week gewees.

  10. rosalindfranklin Augustus 8, 2008 at 3:14 nm #

    Heita, dankie vir die stukkie geskiedenis, lekker! Ek sal vir julle waai op TV hier van China af.

  11. koeksister Augustus 8, 2008 at 4:19 nm #

    Hehe, ek like jou quote🙂 lekker naweek

  12. Pikkelik Augustus 10, 2008 at 11:43 vm #

    Liewer laat as nooit!!! Ek dink dit begin my ‘persoonlike quote’ te word. Maar dit was lekker, laat ek aan die werk spring, ek het baaaie gemis!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: