My Olimpiese Spele….

11 Aug

Hoe lank is ‘n sekonde? Dit is ‘n onbenullige tydperk in tyd wat wel sin maak as deel van ‘n minuut, uur, dag of jaar. Of so dink ons. ‘n Sekonde kan die verskil tussen 1ste en 8ste plek in die 100m naellope wees. Vier sekondes kan die verskil tussen 1ste en 7de plek wees in die 4x100m Swem-aflos. En wie durf die sekonde onbenullig noem?

Vandat ek my oë oopmaak elke oggend, neem ek deel aan ‘n wedloop. Die wedloop van die lewe. Die feit dat ek in die hier en nou myself bevind, beteken ek is in hierdie wedloop geplaas met ‘n doel. My hantering en positiwiteit ten opsigte van elke dag, bepaal my posisie op die rostrum.

Die boustene van my dag…sekondes. Elke sekonde van elke minuut in elke uur tel. Elke woord gespreek, elke gedagte en elke daad bepaal wat my posisie in die finaal gaan wees. En net soos ek die wennersplek in die 800m met ‘n sekonde kan mis, kan dieselfde gebeur met my daaglikse resies.

Almal in die Olimpiese marathon kan nie wen nie, daar is net plek vir een wenner op daai wenners-rostrum. Net een goue medalje. Gelukkig vir die mens, hardloop jy die lewens-wedloop teen jouself. Ons is ons eie grootste teenstanders. Dit is ek, wat veroorsaak dat ek dalk vandag mag tweede of selfs laaste kom.

Goue medaljes word deur wenners gewen. Hulle dink, leef en oefen hulle sport 24 ure van die dag. As hulle val, staan hulle op, skud die stof af en probeer hulle weer. Dit is hoe my dag moet wees. Ek gaan nie altyd wen nie, want die lewe is nie bedoel om maklik te wees nie. Dit is hoe ek daardie laaste plekke hanteer, wat bepaal watter kleur my medalje in die toekoms gaan wees, en die besef dat die toekoms in die volgende sekonde lê.

Ongelukkig vir die Olimpiese deelnemers kom daai kans om die medalje net elke 4 jaar, maar dit gaan nie die die silwermedalje wenner keer om voluit te oefen gedurende die volgende 4 jaar nie.

Gelukkig vir die mens in die lewenswedren, bied elke minuut weer 60 sekondes om op die vorige sekonde te verbeter.

Dink terug aan jou laaste sekonde. Daai gedagte of woord of daad. Is dit ‘n goue medalje werd?

10 Responses to “My Olimpiese Spele….”

  1. meermin Augustus 11, 2008 at 10:04 vm #

    ‘ n Sekonde kan so lank wees, maar tog ook so kort! Dit neem mens net ‘n sekonde om iemand te breek ook!! Lekker dag vir jou!!

  2. Emil Augustus 11, 2008 at 10:28 vm #

    Wat van ‘n honderdste van ‘n sekonde?

  3. demoerin Augustus 11, 2008 at 1:32 nm #

    @ Meermin: Stem volkome saam daar.
    @ Emil: Gelukkig dink/doen ek nie in millisekondes nie. Ek is veilig daar. Ek is oor die algemeen bietjie “stadig”😆

  4. neykie Augustus 11, 2008 at 2:36 nm #

    DMI, wysheid wat jy hierspreek. Ek neem dit ten harte wat jy hier geskryf het.

  5. Roer Augustus 11, 2008 at 2:45 nm #

    Ek bly terug dink aan my laaste sekonde, maar dit bly nie meer my laaste sekonde wees nie. 😆 Ek stem saam DMI. Elke sekonde is kosbaar. Dit kan ook die verskil tussen lewe en dood beteken…nou nie in die Olimpiese Spele nie, maar in die lewe.

  6. Wipneus! Augustus 11, 2008 at 2:53 nm #

    Dis ‘n lekker positiewe inskrywing om die week mee te begin!!

    Mmmm ek kyk lekker Olimpiese spele😉

  7. demoerin Augustus 11, 2008 at 3:16 nm #

    Demoerin het nou klaar vir die week gepreek!😆

  8. Rustig Augustus 11, 2008 at 4:55 nm #

    Ek doen niks vinniger as ‘n kalender nie! As jy iets vinniger as ‘n dag gedoen wil hê, doen dit self.

  9. rosalindfranklin Augustus 11, 2008 at 8:09 nm #

    Ja tyd in ruimte bestaan nie, ons het dit maar net “gemaak”. Lekker inskrywing.

  10. demoerin Augustus 12, 2008 at 6:45 vm #

    😆 @ Rustig….eishhh jy bly al te lank in die UK?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: