TSDS…. Annex 14 – Morally debatable experiments

13 Aug

Vandag ‘n nader kykie na kloning. Die eerste gedagte wat mens kry is natuurlik Dolly, die skaap. Die term word verder ook gebruik. Molekulêre Kloning, Sel Kloning en dan natuurlik Organisme kloning.

Ons gaan spesifiek kyk na organisme kloning. Spesifiek waar soogdiere betrokke is.

Die Geskiedenis:

In 1962 maak die bioloog van die Oxford universiteit bekend dat hy ‘n padda gekloon het. Nie sommer enige padda nie, ‘n Suid-Afrikaanse padda. Dit het ongelooflike opgewondenheid in die wetenskap veroorsaak, alhoewel party skepties gebly het en dele van sy werk gekritiseer het. In die volgende jaar gebruik J.B.S. Haldane die term “clone” vir die eerste keer.

In 1966 word die genetiese kode ontsyfer deur Niremberg, Mathaei en Ochoa. Na baie jare, en onvrugtevolle probeerslae het die wetenskaplikes begin dink dat dit onmoontlik is om ‘n soogdier te kloon. In 1979 het Karl Illmensee egter aangekondig dat hy drie muise gekloon het.

Die tegnologie het met rasse skrede vooruitbeweeg en op 5 Julie 1996, word Dolly die skaap die eerste organisme wat met die gebruik van volwasse selle gekloon is.

Alhoewel daar seker duidelike voordele aan ‘n area soos terapeutiese kloning is, is daar definitiewe en groot teenstand teen voortplanting kloning. Terapeutiese kloning kan groot vooruitgang beteken in die area van medisyne, veral waar daar byvoorbeeld persoon-spesifieke weefsel vir orgaanoorplanting of plastiese sjirurgie ontwikkel kan word.

Dit bly egter nog baie kontroversieël, en menige organisasies voel dat enige kloning met die gebruik van menslike DNA verbied moet word. In sekere lande is daar ‘n volledige ban op beide vorms van mens kloning, en in ander word die terapeutiese kloning en spesifieke areas soos stamsel navorsing toegelaat.

Daar is geen definitiewe aangetekende gevalle van geslaagde mens voorplanting kloning nie. Daar is wel oor die jare ‘n hele paar uitlatings gemaak, die gevalle kon nie bewys word nie:

  • David Rorvik het in 1978 in ‘n boek gesê hy het persoonlike kennis van ‘n menslike kloon. Hy kon nie bewyse lewer nie.
  • Severino Antinori het uitgelaat in November 2002 dat hulle projek geslaagd was en dat die eerste suksesvolle menslike kloon in Januarie 2003 gebore gaan word. Geen latere bewyse.
  • Clonaid, die mediese arm van die godsdien Raëlism, wat glo Aliens het menslike lewe na die aarde gebring het ook die suksesvolle kloning van ‘n mens aangekondig. Die aliens het hulle blykbaar gehelp met die proses.
  • In Desember 2004 het Dr Boisselier, CE van Clonaid, in ‘n brief aangekondig dat hulle suksesvol, 13 kinders gekloon het. Identiteite kon nie bekend gemaak word nie om sodoende die kinders te beskerm.

My opinie:

Ek glo daar is voordele in die terapeutiese kloon navorsing. Ek is definitief teen die kloning van ‘n mens. Selfs mense wat nie Godsdienstig is nie, sal moet erken dat voortplanting seker een van die natuurlikste dade is. Enigiets in die teendeel sal onnatuurlik wees, en in wese teen die natuurlike gang van die skepping. Die vraag is net waar die lyn tussen die twee getrek word? En sou die miljarde dollars aan die spesifieke klonings-navorsing gespandeer deur die dekades, nie beter aangewend kon word vir navorsing in kanker, en AIDS byvoorbeeld nie?

En verder dink bietjie mooi aan die aardbewoners met geld tot hul beskikking. Is een Robert Mugabe en een George Bush en een Jacob Zuma nie al klaar meer as ‘n handvol nie? Nog erger, ‘n tweede Britney of …. wel, enige Osborne?

Bron: Wikipedia

19 Responses to “TSDS…. Annex 14 – Morally debatable experiments”

  1. meermin Augustus 13, 2008 at 8:31 vm #

    Eish ons sal nie kan cope met ‘n tweede … almal in die parlament nie!!

  2. Rustig Augustus 13, 2008 at 10:01 vm #

    Dink net as daar twee van my moet wees. Elke sal elke dag ‘n helse argument hê. Dankie, is baie gelukkig met al my pyne en skete so op my eie.

  3. Emil Augustus 13, 2008 at 10:32 vm #

    Janee, twee van dieselfde soort is beslis nie goed nie. Veral nie in ons blogwêreld nie😉

    Vir my persoonlik is dit eerder ‘n saak vir mediese kuur. En die RKK het altoos sedert hulle bestaan ‘m averse in wetenskaplike ontiwkkeling. Dink maar aan hoe mens op die brandstapel dood is omdat hulle die aarde as rond bestempel het. Ek steur my gelukkig min aan die wetenskaplike verdoeming van die RKK – dit is dus geen wonder dat hulle hierdie spesifieke vordering van die menslike intelligensie as ‘n erfsonde sal bestempel nie. Tronkselle van godsdienstige geloof, sê ek jou.

    Vroom uitdrukkings oor die heiligheid van die lewe, en opdragte om nie met God se se “meesterplan” in te meng nie, verberg ‘n mengelmoes van verwarring. Die lewe se heiligheid lê in die kwaliteit, en nie blote kwantiteit nie, want daar is niks heiligs in lyding nie. Hemels, as ons dan nou kwansuis nie met God se “lotsbestemming” moet inmeng nie, dan mag ons seker ook nie penisillin of antibiotika gebruik nie.

    Maar daar kan beslis ook nie onoordeelkundig hiermee omgegaan word nie! Jou waarskuwing is van pas. Stamselle, ja. ‘n Hele nuwe mens … laat ons maar Shelley se Frankenstein ingedagte hou!

  4. demoerin Augustus 13, 2008 at 10:37 vm #

    Ek moet sê, waaroor ek nou wonder. Sal ‘n kloon dieselfde breinkrag, denke en karakter eienskappe hê as die “original”. Bv, as hulle DNA van Hitler het en hom kloon, sal die kloon probeer klaarmaak waar die “original” gefaal het?

  5. Roer Augustus 13, 2008 at 10:39 vm #

    Ek sal nie met myself kan huishou nie. Immagine hulle clone vir Mugabe… oops, klaar gedoen.😉

  6. Die Brein Augustus 13, 2008 at 11:03 vm #

    Hi Demoerin ja sommige mense het wanopvattings oor kloning.Party mense dink as jy byvoorbeeld vir my kloon sal jy die volgende oomblik `n volwasse persoon sien wat net soos ek lyk en ook so oud is. Maar jy word gekloon met `n sel en dit gaan veertig jaar vat voordat daardie persoon soos ek sal wees.n Kloon is eers `n sel dan ontwikkel jy normaal weg soos `n gewone mens. Maar met gewone voortplanting word `n mens gewek met vars nuwe sperms, maar met klooning byvoorbeeld as jy vyftig is , is die selle wat hulle kloon reeds vyftig jaar oud.So erens vorentoe gaan iets drasties verkeerd loop , miskien gaan die kloon op tien jaar so oud voel soos `n vyftig jarige.

  7. rosalindfranklin Augustus 13, 2008 at 11:29 vm #

    Demoerin, daar was ‘n misverstand met my “dingetjie” post, omdat ek so vaag geskryf het, jammer man. Kom lees asb my verskoning onder my kommentare.

  8. rosalindfranklin Augustus 13, 2008 at 11:32 vm #

    Daar sal nooit ooit ‘n mens gekloon word nie, na ‘n paar selverdelings nie. Eties sal dit nooit goedgekeur word nie,
    Hitler bv se lyk is verbrand hulle sal nooit sy DNS kan isoleer nie.
    Stamselle, dit gaan ons redding van baie, baie pynlike siektes wees. Beenmurg is in essensie reeds stamselle.

  9. demoerin Augustus 13, 2008 at 12:21 nm #

    Maar Rosa, nou wonner ek net, hoeveel van wat regtig agter geslote deure in laboratoriums aangaan weet ons regtig van? Dit is die tipe no-no wat niemand wyd gaan verkondig nie.

  10. Emil Augustus 13, 2008 at 1:07 nm #

    DMI, daar gaan seker sulke dinge agter toe deure in menigte ander omgewings ook aan.

    Moet mens vordering stuit omdat dit moontlik in die toekoms op iets verkeerds kan uitloop?

    Verseker is daar dalk risiko’s … net soos toe die eerste ouens gevlieg het, of maan toe gegaan het (ok, ok … dis skynbaar ook in despuut😆 ). Selfs in die parfuum-bedryf, reken ek, gebeur daar nog onderduimse dinge wat die waghonde nie optel nie. Hoekom sal die mediese omgewing anders wees? Veral as mens dink aan die markaandeel wat groot pharmaceuticals het.

    Conspiracy Theories abound! Jy het self een vandag probeer😉

  11. demoerin Augustus 13, 2008 at 1:29 nm #

    😆 @ Emil.
    Dit is waar oor die dinge agter deure, kyk maar bv. na die atoombom. Moenie vir my sê die groot moondhede hou werklik by hul kern-ooreenkomste nie.

  12. rosalindfranklin Augustus 13, 2008 at 2:00 nm #

    mmm was die atoombom gedryf deur politiek/oorlog of deur suiwer wetenskap? dit

    soos ek dit verstaan moet mense etiese goedkeuring kry vir alles wat by universiteite en navorsingsinstansies gebeur. daar is ‘n internasionale standaard daarvoor. mens kan ook na die “methods” kyk in peer review joernale en jouself gerusstel.

    wat in die private wereld gebeur weet ek nie, maar of die kennis daar is twyfel ek ook. om te kloon sit nie sommer in enige jafel met ‘n lab se broek nie, dit kan ek jou verseker.

  13. Rustig Augustus 13, 2008 at 3:44 nm #

    Conspiracy Theory. My grootste tyd verdryf op die internet.
    Val “sex change” ook onder kloning? 😆

    Daar is geen waarborg dat wanneer kloning plaasvind dat iewers ‘n “flaw” kan inglip nie. Vriend van my kloon “carnations” en slefs daar spring altyd iewers ‘n fout uit. Kloon kan net van oorspronklike gemaak word. Sodra jy die kloon weer kloon dan soek jy moeilikheid.

  14. Emil Augustus 13, 2008 at 4:16 nm #

    Wahaha, Rustig. Maar die kloning van klone gebeur mos, ala Robin Williams: “My God. We’ve had cloning in the South for years. It’s called cousins.:😆

  15. Adrie Augustus 13, 2008 at 5:42 nm #

    Ek wonder REGTIG waar Suri Cruise vandaan kom.

    Ek voel soos Demoerin. Klonering van diere is baie interessant, maar behoede die een wat ‘n mens kloon.

    Rosa het ook sin gepraat.

    (Ek is te lui om intelligent te probeer klink🙂 )

  16. annerkant Augustus 13, 2008 at 6:22 nm #

    Hoekom nie mense kloon nie? As ons diere mag kloon hoekom nie mense ook nie? Ons is mos net intelligente diere, of is ons nie? Sjoe, maar ons dink baie van ons self en ons is tog so spesiaal. Terloops, kloning is ‘n goeie stap vorentoe. Dink net hoe baie is in die proses geleer.

  17. demoerin Augustus 14, 2008 at 6:54 vm #

    Ek weet nie annerkant. Jy het seker ‘n punt beet, maar dit voel net nie reg nie. Ek dink die verskil lê dalk in die “intelligente” gedeelte soos jy noem. Die mens sal wel ‘n deurdenkte manier vind om gekloonde mense nadelig te gebruik.

  18. Wipneus! Augustus 14, 2008 at 9:21 vm #

    Kan julle dink as daar 2 van my is. Nee behoede julle!!

    Rustig😆 ek kloon Clivia’s boslelies, jy moet sien wat spring daaruit!! Nee ek dink hulle moet maar versigtig wees vir die storie! En behoede hulle ook as ek aan die stuur staan van die kloning!!!

  19. annerkant Augustus 14, 2008 at 8:32 nm #

    Hi, Demoerin, sou ook dink ‘n mens moet maar menskloning nie te maklik in die mense se hande loslaat nie, maar met kloning van ‘n mens as beginsel het ek geen probleem nie. Dat dit nog nie vervolmaak is nie, dit is waar (stem saam Brein), maar niks is natuurlik onbereikbaar nie (wel, miskien moet ek versigtig wees met nie “niks”🙂 ). In dieselfde lyne wat jy gewonder het: het ons ‘n unieke siel/gees, en sal die kloon die deel, of sal dit dieselfde liggaam DNA ens. wees, maar eintlik ‘n ander “mens”? Maar eintlik is ons mos maar klone van ons Ma en Pa, net nie volmaakte klone nie.😉, so ek reken my kloon sal nie ek wees nie, maar my sussie of kind of wat ook al? Nee, nou praat ek net omdat praat praat is. Die verstand is lankal nie meer gekoppel nie.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: