Die week in ‘n neutedop….

15 Aug

My naam is Demoerin, en ek is ‘n Olympiholic. Noudat dit uit die pad is kan ons kyk na die week se gebeure.

Weer in ‘n dop:

Die weerberig dui weer op ontstuimige verwikkelinge oor die blogosfeer met die deurswiep van Orkaan Disrespek. Ek wil nie eers veel hieroor noem nie. My besluit is gemaak toe ek op 1 April begin blog het, ek behandel elke blogger met respek. Ek sal saamredeneer oor opinies, maar ek sal nie in ‘n moddergooiery betrokke raak nie. Twee opinies kan hier en hier gelees word. Daar was nog ander maar ons gaan nou nie hieroor tob nie. Die gebeure verdien eintlik geen vernoeming in enige nuusberig nie. Lees bietjie hier oor netiquette.

Winde van verandering is ook gemeet met die stormsterkte wind wat almal onkant gevang het. Winter beweeg nou vinnig na lente se kant toe. ‘n Tyd vir vernuwing. So gepraat van verandering, weet iemand wat van BB geword het. Ek hoop sy is besig om iets op te neem, dit is nou al lank overdue!

Psige in ‘n dop:

Niks op hierdie aarde beloof meer eenvoudig te wees nie. Met ons vooruitgang as mens is ons geneig om dalk dinge ietwat te kompliseer. Die eie ek tree verder sterk na vore, mense word tenagekom. Vergewe raak al hoe moeiliker, om nie eers van vergeet te praat nie.

 Daar is darem hier en daar ‘n ligpuntjie na vore gebring. Dinge tot nadenke. Goed wat ons elke dag raak, en somtyds veroorsaak dat ons in hoekies wil sit en moan, sonder om op te staan en iets daaraan te probeer doen. Die lewe skuld jou absoluut niks nie, wat jy daarvan maak, of hoe jy jou tweede kanse gebruik om reg te maak, hang alles van jou af!

Selfvertroue is belangrik, pasop net vir windgat word! Gaan lees bietjie verder oor Taoisme en Socrates vryheid. Hier is ‘n lekker “all-sorts” inskrywing, daar moet iets vir elkeen wees.

Roetine is dalk nie lekker nie, maar was dit nie vir roetine nie sou sekere “nie lekker” dinge sekerlik nooit gedoen geword het nie.

Lewensstyl in ‘n dop:

Moet daar nie dalk ‘n paar Africans vir die Amerikaners gaan wys hoe om te survive nie? In die toerbylae is daar twee oulike terugvoerings oor Welkom (?) en Pohang. Ek moes twee prysklas opsies gee.

Aan die kulinêre vront is daar ‘n baie belngrike waarskuwing. Vir die dames is daar groot vooruitgang aangekondig in mode. Nevermind die kredietkaart, gaan vir daai tweede verband.

Lag is goeie medisyne. Dalk die beste. Gaan loer hier en hier.

Sport in ‘n dop:

Dit gaan nie so waffers by die Spele nie, maar sjoe, maar net om iemand soos Phelps te sien deelneem maak al die kyk werd. Natuurlik weer ‘n paar Curriebeker wedstryde, asook die Tri-nations die naweek.

My beste wens aan een en elk…soos gewoonlik: ‘n Naweek gevul met vreugde, sport-oorwinnings, en sluwe-onderwater-gutter-seks!

12 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. Roer Augustus 15, 2008 at 8:09 vm #

    Cheers. Op nog ‘n interessante week in blogland.

  2. Jaco Augustus 15, 2008 at 8:26 vm #

    Never a dull moment. Scholl!

  3. Emil Augustus 15, 2008 at 8:32 vm #

    Genoeg om mens heeldag besig te hou! En jy noem niks van die Badminton nie!
    Ek stem saam jou: die storm is nou verby en ons kyk vorentoe na die lente.

  4. meermin Augustus 15, 2008 at 9:06 vm #

    Lekker naweek!

  5. Dellie Augustus 15, 2008 at 9:10 vm #

    Het jy gehoor wat eet daai Phelps ou alles? Iets soos 12 000 kilojoules per dag!😯

    Lekker opsomming soos gewoonlik, en daai laaste ou wensie van jou …😳

  6. Emil Augustus 15, 2008 at 10:25 vm #

    DMI, ek hou van jou verwysing na “drugs” by De Mario. Dis dan ook so hoe langer mens met ‘n verslawwing aangaag, hoe erger raak die persoonlikheidsversteeuring😉

  7. Blixer Augustus 15, 2008 at 10:27 vm #

    Dankie vir ‘n pragtige samevatting van die week se bloggebeure.

  8. demoerin Augustus 15, 2008 at 10:50 vm #

    @ emil…wat is badminton..het hulle ook beach-volleyball outfits?😆
    @ dellie, ek het gister amper op my rug geval toe ek hoor wat hy in ‘n dag eet!

  9. Die Brein Augustus 15, 2008 at 12:42 nm #

    Hi moerige outjie, ek wil net se ek like jou redenasies. En jy is flippen eerlik en se `n ding as dit jou pla.Ek like daai seks een.Mag jy ook `n demoerin lekker naweek he.

  10. rosalindfranklin Augustus 15, 2008 at 1:31 nm #

    ja lekker opgefire-is ek sommer…..mmmmmm????….demoerin moer, ek gaan kry sommer my byl, en gaan bly op ‘n eiland waar ek niks hoef te doen nie.

  11. rosalindfranklin Augustus 15, 2008 at 1:36 nm #

    hoekom het hulle nie onderwater-swem by die spele nie? ek sal dit graag wil sien😉

  12. kaalvoetinireen Augustus 17, 2008 at 6:32 vm #

    LMGA vir die prysklasopsies!😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: