NASA wil swem…

19 Aug

NASA het mos nou klaar ‘n man op die maan gesit, wat kan hulle volgende met hul tegnologie doen. Swem blyk ‘n goeie keuse te wees. Nasa se anti-wrywingstegnologie is in die nuutste Speedo LZR racers swempakke(kies) gebruik. Tesame met dit anti-waterabsorberings tegnologie wat letterlik die uitdrukkig, “water of a duck’s back” na-aap.

Vergeet vir Phelps met sy 8 medaljes, Speedo LZR is die houer van 67 wêreldrekords in swem. En hulle winste gaan ook seker ‘n lekker 2008/2009 hupstoot kry teen ‘n prys van so $500 ‘n pakkie.

Mense wonder net….waarna toe nou vir Londen 2012. Het die Russe dalk tegnologie wat selfs hierop kan verbeter? Ons sal seker maar moet wag en sien.

My opnie:

Michael Phelps sou seker in ‘n swartsak geklee nog steeds al die medaljes gewen het, die 8 wêreldrekords is sekerlik ‘n saak vir bespreking. Ek sou egter ‘n swemsessie wou sien waar elke deelnemer in ‘n standaard uitgereikte swempakkie deelneem. Ongelukkig met al die wonderlike tegnologie wat elke dag op ons drumpels afgelaai word, in die naam van vooruitgang, weet ek nie wat in die volgende 8 tot 12 jaar van individuele talent en prestasie gaan word nie.

Die swemmer gaan definitief nog sy kop bo die water moet kan hou, terwyl hy sy arms en bene koördineer om nie soos ‘n sinker op die bodem te beland nie……MAAR dit blyk of talent en vermoëns binnekort dalk nie meer tot die grootste deel van prestasie gaan bydra nie.

Dalk ‘n wille skoot in die donker, maar definitief nie ‘n far-fetched droom nie?

Die squash speler en afrigter, Trevor Borland het talent so opgesom:

“Natural talent only takes you so far and then it’s who’s working hardest”

Ek wil amper byvoeg….and has the money for the best coaches, supplements and revolutionary sports-gear, and is citizen of a country that actualy spends money on sportsman and not sports administrators.

Foto: Kolby Schnelli, Flickr.com – Feite & Syfers: Reuters & Speedo

5 Responses to “NASA wil swem…”

  1. meermin Augustus 19, 2008 at 12:18 nm #

    DMI geniet jou dag!

  2. kaalvoetinireen Augustus 19, 2008 at 12:25 nm #

    As ons weer sien dan kweek hulle kieue vir die swemmers😆

  3. Rustig Augustus 19, 2008 at 3:42 nm #

    Die wêreld het al ver gekom sedert ver spoeg en jukskei gooi.😉

  4. demoerin Augustus 19, 2008 at 4:44 nm #

    Nogal ‘n grap as mens nou verder lees oor daai R11mio advertensie-flop. Hulle kan lekker flippen geld mors!

  5. Rustig Augustus 19, 2008 at 4:53 nm #

    As hulle nie eers os ou uitstallingtjie kon reg kry nie, dan vrees ek vir 2010.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: