TSDS… Annex 15 – Social Injustice Causing Poverty

20 Aug

En so kom ons aan die einde van die reeks oor die sewe doodsondes. Die Vatikaan het nie intussen vir ons nog ‘n paar gepubliseer dat ons kan voortgaan nie. Neem glad nie die blogosfeer in ag nie!😆

Hierdie is een wat my baie na aan die hart lê, juis vanweë die feit dat dit gewoonlik een outokraat of diktator se besluite of regeringstyl is wat miljoene affekteer. Die ergste nagevolg gewoonlik massa-hongersnood. In my boekies iets waaraan geen persoon behoort dood te gaan nie.

Armoede, volgens die Wêreldbank kan dan verskeie vorme aanneem. In ons stukkie vir vandag sal dit die vorm aanneem van weerhouding, direk of indirek, deur leiers van die mense basiese regte ten opsigte van voedsel, skuiling en veilige drinkwater. Sekere organisasies neem dit egter verder en sluit hierby in onderwys. Onderwys wat gesien word as die middel tot verbetering.

Die Wêreldbank het die volgende katagorië van armoede:

  • Ekstreem teen minder as $1 per dag vir oorlewing ( 2001: 1,1 biljoen mense)
  • Matig teen minder as $2 per dag vir oorlewing ( 2001: 2,7 biljoen mense)

Daar is stelselmatige en groot verbeteringe in die syfers, ongelukkig het die groot verbeteringe in die Asiese lande gebeur, terwyl daar ‘n verdere verswakking in Afrika was. Daar word geraam dat daar ongeveer 100 miljoen straatkinders wêreldwyd is. ‘n BAIE hartseer situasie.

Alhoewel daar definitiewe natuurlike oorsake is, bv. droogte, is daar ongelukkig nog ongelooflik baie gevalle waar dit deur ‘n mens of groep veroorsaak is. Voorbeelde hiervan sal wees ‘n onsuksesvolle demokrasie, wit- en blouboortjie misdaad, diktators, outokrate, oorlog en burgeroorlog. As jy so na die lysie kyk, ‘n ongelooflike groot verteenwoordiging vir talle Afrika lande. Daar is ‘n vooruitskatting dat teen die jaar 2025, Afrika uit eie verbouing slegs aan sowat 25% van sy inwoners kos sal kan voorsien.

Soos vroër genoem, is die katastrofiese eindproduk van sommige van die gevalle massa-hongersnood. ‘n Paar gevalle uit die geskiedenis:

  • Ethiopië in die vroë 70’s onder Emperor Haile Selassie
  • Ethiopië en Sudan in laat 70’s en vroë 80’s onder hulle diktators
  • Sudan in 1998 as gevolg van menseregte skendings
  • Zimbabwe vanaf 2000 as gevolg van regering se wanbestuur
  • Wanbestuur en korrupsie het veroorsaak dat die Nigeriese leiers hulleself tussen 1960 en 1999 gehelp het tot sowat $400 biljoen uit die Nigeriese staatskoffers.

‘n Unieke geval, waarvan mense as gevolg van die streng anti-persvryheid eers 20 jaar later van uitgevind het, het in die jare 1958 tot 1961 in China voorgekom. Mao Zedong het die Great Leap Forward projek vir China geloods om vanaf landbounasie na ‘n industriële nasie te verander. Hulle moes begin met yster-smeltery en streng mikpunte vir produksie is gestel. Dit het nie so vlot verloop nie, mense moes nou aandag vestig op industrie en het opgehou met landbou. Om mikpunte te bereik is selfs landbou-implemente gesmelt. Die katastrofe is na 3 jaar eers stopgesit. Massa-hongersnood het die lewens van ten minste 30 miljoen Chinese geeis. ‘n Verder omtrent 30 miljoen swangerskappe is in die tydperk beeindig.

Kom ons dan nader aan die huis toe, Zimbabwe. Mugabe het huise en landhervorming aan sy kiesers in die 80’s belowe. In ‘n periode van amper 20 jaar het nie veel gebeur nie. Toe die verkiesers begin onrustig raak is grond gegryp en herverdeel, etlike kere aan sy lojale ondersteuners. Voedselproduksie het met rasse skrede begin afneem, en dit gepaard met ‘n tipe van diktatordemokrasie styl van regering het Zimbabwe letterlik by die Vic-falls laat afgly. Massa-hongersnood en dood blyk blykbaar vir die “gekose” president Mugabe geen probleem te wees nie, want humanitêre hulp is verbied. Nogal snaaks dat die kolonialiste wat vir alles geblameer word, die is wat bereid is om die sterwende nasie te voed. In die laaste 9 jaar het die lewensverwagting van volwasse Zimbabwiërs gesak tot tussen 34 en 37 jaar oud. Met Bob se rojale tewensstyl kon hy ‘n ouderdom van meer as dubbel dit bereik. 

As ek na die feite kyk, my vriend Bob, gaan jy brand in die hel…..vir baie lank en aanhoudend. En daar is ‘n hele paar ander Afrika-leiers wat jou inwag om hulle te join om, jammer in, die vuur. Ek hoop jy sal dan die gevoel van honger ervaar wat besig is om jou nasie uit te roei. Ek wonder wat die temperatuur van vuur is vir ‘n Famine-Genocide kombinasie?

Bron: Wikipedia – Foto’s: Flickr.com

8 Responses to “TSDS… Annex 15 – Social Injustice Causing Poverty”

  1. meermin Augustus 20, 2008 at 11:54 vm #

    Daai temperatuur van daardie ou vuurtjie van die duiwel gaan nie warm genoeg wees vir hierdie Bob gemors nie!!

  2. rosalindfranklin Augustus 20, 2008 at 5:27 nm #

    Demoerin: jy praat nou van iets ek ook sien as ‘n doodsonder en dit word gepleeg deur beleidsmakers en die met mag. Hoeveel van ons het al iemand gesien wat honger is, regtig honger? dit is ongelooflik wreed, ook die diere onders ons sorg durf nie honger ly nie.

  3. Emil Augustus 20, 2008 at 9:18 nm #

    Selfs in die Bybel in die boek Amos kry mens ‘n veroordeling van hierdie ongeregtheid. Maar DMI, dis nie net die speelpark van diktators nie, maar ook die res van ons. So sou ‘n mens natuurlik ook kon argumenteer ons Afrikaners is/was skuldig hieraan in verwysing na die euwel apartheid. Ek sou dit selfs verder wil neem, en reken dat kapitalisme as ‘n stelsel hieraan skuldig is; alhoewel dit seker die enigste werkbare stelsel is om armoede ens. aan te spreek.

    Wat nou? Noudat jy klaar gesondig het, waaroor gaan jou weeklikse inskrywing nou gaan?

  4. Sonia Augustus 20, 2008 at 9:45 nm #

    Sê hulle, DMI! Ek beaam elke woord wat jy daar skrywe, dis om van te ween, dis so onnodig en voorkombaar.

  5. Johan Swarts Augustus 20, 2008 at 11:34 nm #

    Genutig, die verskil tussen ekstreme en matige armoede is nie juis veel nie.

    Eish.

  6. demoerin Augustus 21, 2008 at 7:19 vm #

    @ Meermin, nogal waar sulke vuilgoed kan seker nie eers brand nie.
    @ Rosa & Johan, baie waar….veral as mens jou salarissie waaroor mens so moan terugwerk na ‘n daaglikse dollar-bedrag toe en dan besef hoe min $1 tot $2 per dag is. Ons is vinnig om te kla, eintlik het ons nie veel om oor te kla nie!

  7. demoerin Augustus 21, 2008 at 7:25 vm #

    @ Emil – Baie waar daai. Kapitalisme is sekerlik ‘n euwel aan die een kant, maar sonder daai euwel sal verligting nie moontlik gewees het nie. Apartheid het sekerlik sekere van die dinge veroorsaak, as jy nou kyk na die basiese soos skuiling en drinkwater, dalk selfs die onderwys gedeelte, maar ek weet nie hoe commonplace dit was vir mense om egter van honger dood te gaan nie?
    Mmmm, ek dink nog aan ‘n nuwe reeksie vir Woensdae.

  8. demoerin Augustus 21, 2008 at 7:26 vm #

    Ek moet byvoeg dat wat my nogal gister ontstel het was daai China storie hierbo.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: