Die week in ‘n neutedop….

22 Aug

Ek is bly om aan te kondig…lente is in die lug! Tesame met dit het Suid-Afrika darem tot hede hulle solitary silwer gewen, die aflosstokkie laat neerbliksem en gesorg vir ‘n spectacular BMX crash.

Kos, en wel alkohol ook, lê my baie naby aan die hart. Gaan klets bietjie en kyk na die moerse lekker resepte. Die pad na my hart is gepave met lamsvleis! Onthou julle nog die lekker kerkbasaars van vroë jare? Terwyl ons nou so lekker van kos klets, is padkos nog ‘n nasionale instelling?

Terwyl ons nou besig is met die lekker goeters. ‘n Lekker Bakgat resensie, en ons weeklikse reisberig daar vanaf die groentee plantasies. Ongelukkig is daar nie ‘n “budget-travel” opsie die week nie. Wat ek voorstel is om ‘n stil plekkie op te soek, en dit met jouself in stilte te spandeer.

‘n Verlore blogger het weer kom inloer (en uiteindelik kan ons na die lank belowe liedjie luister!), ‘n ander een het nie ‘n comeback gemaak nie, en dan lyk dit my het ons ook ‘n soldaat AWOL of dalk missing in action? Beste wense aan blixempie na die ongeluk!

Daar was ‘n gedeeltelike maansversuistering Saterdag-aand, as jy dalk snaakse optredes om jou waargeneem het, was dit dalk die maan se skuld. Ons blameer dus ook laas week se blogoorlog op die maan! OK, daar was seker sekere ongure elemente ook…maar laat daar vrede wees…..GEDULD :lol:

Die filosofiese reis is die week voortgesit. Mense, die feit dat die mens nooit mag terugsit en dink hy is nou volmaak nie, het sekerlik niks te doen met plastiek nie. Terwyl julle nou hier is, gaan maak sommer julle nominasies. Ek wonder wat die verwantskap is tussen aging en jou naam met ‘n plank wetter?

Gryp jou koffie, leesstof vir die week, en dan natuurlik die lekker lag in Afrikaans. Verder DAAG ek al die lesers uit. Komaan, ek weet daar is van julle daar buite met meer as genoeg opgehoopte creative juices…..moenie dat ek begin tag nie. Daar is ‘n week oor! Laat waai.

Hou maar duim vas vir die Bokkies, geniet die doodsnikke van die Spele en dan natuurlik….

Beste wense vir ‘n naweek gevul met sluwe, onderwater, gutter-seks!

13 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. Sonia Augustus 22, 2008 at 8:47 vm #

    Daardie laaste sin laat my hardop skater!
    Dankie DMI, en hiermee oorhandig ek die blogbemarking- erepenning aan jou!

    Great stuff, en watse wonderlike positiewe energie straal jy nie uit nie. Dit maak sowaar hierdie blogger se dag.

  2. netjane Augustus 22, 2008 at 8:50 vm #

    Ek laaik jou “beste wense”😉

  3. Jenny Augustus 22, 2008 at 10:25 vm #

    DMI, dieselfde goeie wense vir jou ook ;)!

  4. Wipneus! Augustus 22, 2008 at 10:49 vm #

    Ek is verslaaf aan my neutedop!! Ek het nou so baie inskrywings wat ek kan gaan lees!

    Ek hou ook van jou laaste sin whahahahaha 😆

  5. Dellie Augustus 22, 2008 at 10:55 vm #

    Ek het ook alweer ‘n paar gemis die week. Nou het ek ook iets om te doen vanmiddag!😉

    Lekker naweek!

  6. Rustig Augustus 22, 2008 at 11:39 vm #

    Dieselfde vir jou en fink aan my as jy Vis en Chips eet!😉

  7. Emil Augustus 22, 2008 at 11:46 vm #

    Nog nie siek genoeg om die weeklikse gutterseks wens te mis nie! As die Kaapse gutters maar net nie so vol water is nie😆

    Sonder jou, DMI, sou ek nou nie nie-comeback van DM gemis het.

  8. meermin Augustus 22, 2008 at 12:21 nm #

    Jammer ek kom nou eers hier uit, ons is toe onder die werk!! Lekker naweek.

  9. BB Augustus 22, 2008 at 2:33 nm #

    Dankie skat, vir die welkom-terug – now i’ve gotto go find me a plaasboer wat ‘n modderpoel in my tuin sal kom dump vir daardie uuuuhhhhmmmm gevulde naweek:mrgreen:

  10. Riaan Oosthuysen Augustus 22, 2008 at 5:14 nm #

    Sjoe maar ek was lanklaas hier. Maar nou ja ek is vandag de moer in, dalk daarom dat ek hier aangekom het. Waarom is ek de moer in, gaan nie uitbrei nie. Ek sit maar en lees al die ou blogs wat ek voorheen gelees het om my gemoed te laat sak. Geniet die naweek.

  11. Pikkelik Augustus 23, 2008 at 8:17 vm #

    As dit darem nie vir jou neutedop was nie, het ek sowaar weer almal gemis! Lekker naweek DMI!

  12. Johan Swarts Augustus 26, 2008 at 3:18 nm #

    dankie vir die link🙂 kan jy dit wel regmaak? ek’s eintlik gormendizer.co.za🙂

  13. demoerin Augustus 26, 2008 at 3:33 nm #

    😆 Johan, ek trust nie meer my mental notes nie…ek glo nie dit was die eerste keer nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: