In die naweek se nuus….

25 Aug
  1. Olimpiese vlam word gedoof. Suid-Afrika se span kom huis toe met 1 silwer medalje.
  2. Springbokke se gatte word weer geskop. Rugby-publiek verloor alle verdraagsaamheid en daar is ‘n uitjou van die span, die kaptein en die afrigter. Dit kom aan die lig dat dit SARVU R5mio sal kos om van Peter ontslae te raak.
  3. Dit kom aan die lig dat Queen Noloyiso Sandile van die Xhosa’s al vir die afgelope 20 jaar ‘n spook-werker van die onderwysdepartement is. Sy kry ‘n maandelikse salaris maar was nog nooit in ‘n klaskamer nie. Enige iemand verbaas? En tog is die Koninklike huis baie ontsteld omdat die salaris gestop is……openlike bedrog en niemand sien nog steeds iets daarmee fout nie!
  4. Transnet is ook bietjie in die pressure-cooker toe dit aan die lig gekom het dat hulle nie net die Kaapse Waterfront aan OORSESE beleggers verkoop het nie, maar sommer ‘n lekker groot stuk see wat strek in ‘n driehoek van die Waterfront oor na Bloubergstrand toe, en dan see in tot by Robbeneiland…..WTF?
  5. Petro SA, ons geliewe staats-petrol instansie het lekker groot petrol deals aan ‘n maatskappytjie gegee. Die maatskaapy is deur die VN geidentifiseer as ‘n “natural resources plunderer” van die DRC. Die opbrengste van die plundering is aan die Zim Defence Force gegee. Net nog ‘n dag in Afrika, enigiemand verbaas? PetroSA weet obviously nie wat in die wêreld aangaan nie, aangesien hulle nie bewus is van hierdie VN verslag nie, en die feit dat die maatkappytjie en sy direkteure se oorsese bates gevries is nie?
  6. Roomse Kerk in Italië het die Miss Sister Italy kompetisie aangekondig. Die mense kan aanlyn op Priester Antonio Rungi se blog gaan stem. Hulle wil die siening van die wêreld dat nonne oud en verkramp is verander.😆

13 Responses to “In die naweek se nuus….”

  1. Rustig Augustus 25, 2008 at 9:47 vm #

    Ou nuus soos jy sê! Dieselfde twak net ander opskrif. Daar is nie regtig hoop nie. Tenminste kan ons sê dat SA nie “dull” land is nie. Die ANC gaan nog die land onder die bevolking se gat uitverkoop.

  2. Dellie Augustus 25, 2008 at 10:02 vm #

    Hie-hie, hoe gaan daai nonne poseer? Gaan hulle so bietjie pols en enkel wys?😆

  3. Rustig Augustus 25, 2008 at 10:25 vm #

    Ek het dit ook gisteraand gehoor oor die Ierse Radio. Laat my nou self wonder hoe verleidelik ‘n non nou kan wees?

  4. Wipneus! Augustus 25, 2008 at 10:47 vm #

    😆 Die nonne storie is nogal interessant, ek wil bietjie daar gaan loer!!

  5. Emil Augustus 25, 2008 at 11:28 vm #

    Ek sê al lankal die nonne word onderskat. Hoop hulle wys ook wat onder daardie jurke skuil😉

    Sport en politiek – een en dieselfde in die ou en nuwe Suid Afrika.

  6. Rustig Augustus 25, 2008 at 11:30 vm #

    Daar is nogal iets “sexy” aan ‘n non uitrusting. Oops! Dink ek het nou my bek verby gepraat.😉

  7. demoerin Augustus 25, 2008 at 11:54 vm #

    😆 Sien die nonne maak hoofopskrifte oor die wêreld. As iemand daai ou se blog opspoor, deel asb die adres!

  8. Skoenlappr Augustus 25, 2008 at 12:59 nm #

    Dellie, nee, die nonne gaan skelmpies onder hulle kappies uitloer … FOCLMAO!

  9. Rustig Augustus 25, 2008 at 3:01 nm #

    Wipneus ek sien “Adultworld” het ‘n “special” op non kostuums die week. 😆

  10. Jasper Augustus 25, 2008 at 3:04 nm #

    Ek sal stiek by die nonne
    die res gaan ek sukkel om te sluk😆

  11. Parenthesis Augustus 25, 2008 at 5:14 nm #

    And are we even surprised? Nope. Except for by 6, maybe🙂

  12. Emil Augustus 27, 2008 at 7:31 vm #

    Julle onthou nog daai grappie oor die drie nonne wat hulle onderskeie sondes moet wegwas in wasbak voordat hulle nonne mag word😉

  13. demoerin Augustus 27, 2008 at 7:43 vm #

    Vertel bietjie Emil…dalk was dit bietjie “voor my tyd”😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: