Die week in ‘n neutedop….

29 Aug

Die bokke se gatte was weer geskop….en toe volg die Proteas sommer so in hul voetspore ok. Ek kan lente in die lug ruik al, en hopelik sal die vernuwing in die natuur andere ook aanspoor tot beter en nuwe dinge. ‘n Goeie idee vir die Bokke sal dalk ‘n Kamp Snorbaard wees? Miskien kort hulle almal maar net ‘n goeie dosis gesonde ambisie. My geduld raak nou op, en waar gaan ek ‘n nuwe moer kry?

Miskien moet ons meer soos aartappeltjies wees. Of wortels of uie, ek sou graag ‘n strawberry wou wees. Fok weet hoekom?

Terwyl ons nou op die sport is. Ek dink Suid-Afrika was van hulle koppe af om ‘n 2010 bod in te sit. Ons het net nie die geld en infrastruktuur vir so iets nie. Ek hoop werklik dit gaan suksesvol wees, maar glo nog steeds daai biljoene kan vir BAIE beter aangewend word Mnr. Pahad.

So ter afsluiting van die Spele, waar ons solitary silwer, juis dit gebly het, was daar darem bietjie besinning oor dinge ook. Daar was dan natuurlik ook ‘n verdere filosofiese vraagstuk oor die bumblebee komponis. Die konteks kan soms in misverstande verlore raak, en kan dit die gevolg van ongeletterdheid wees?

Dit is toe nou nie vertstrooidgeid wat jou met Jan-Tuisbly se Kar laat ry nie. Terwyl jy nou by die huis sit kan jy dalk oefen om ‘n liefde vir was, stryk en kook te ontwikkel. Terwyl die strop al nouer gespan word mag daar binnekort dalk nie ‘n geldjie vir die blackomatic in die budget wees nie.

Daar was twee lekker stukkies oor kinders en vrouens. Ongelukkig is dit somtyds te laat, die lewe is kort mense! ‘n Interesssante gedeeltetjie oor mans ook, party van die stellings sou ek sê ERG debatteerbar! Terwyl ons nou op mans en vrouens is, lag bietjie.

In die kookrubriek kan julle so bietjie oor die koningskos, Kaviaar gaan lees. Ek is jammer, maar Steak Tartare lyk nog steeds vir my soos ‘n rou hamburger pattie! (Laat invoeging: Aan die Gautengers daarbuite – Gaan loer hier – www.winefestival.co.za .) In die toerrubriek het ons darem weer die week na 2 budgets gekyk: Gaan kyk na die uile of toets ‘n interessant stoel uit. Ek kan net nie besluit watter een die budget gaan blaas nie.

Die sterre voorspel…baie mense is weer vir ‘n hoax gevang. Gaan lees bietjie in watter kak ons sou wees as Mars regtig so groot soos die maan was!

Ons lekker leesstof vir die week gaan oor Moses en die ark, en ‘n baie interessante Polisiemanboekie. Die boekie blykbaar as hulp aan ouers om kinders se vrae te beantwoord. Ek wonder nog steeds waar die kinders aan die Polisieman Barry en Polisievrou Barbara vrae sou kom?

Afrikaans bly maar lekker. Gewonder wat al die oorsprong van jou Spam is?

Mag die Proteas vandag wen…en natuurlik die Bokkies more!

Dan natuurlik my wens aan een en elk vir ‘n naweek gevul met:

Foto’s van Flickr.com:1. WICKED!, 2. Diva Trash, 3. The Rain Theater, 4. Mating Time

24 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. Wipneus! Augustus 29, 2008 at 7:58 vm #

    Baie dankie Dm, whahaha mag jou naweek ook met al hierdie lekker dinge gevul wees!

  2. Emil Augustus 29, 2008 at 7:59 vm #

    Soos gewoonlik, wonderlike raakgevat – en einde ten laaste is ek iewers … EERSTE!
    Lekker naweek vir jou ook!

  3. Emil Augustus 29, 2008 at 8:00 vm #

    Nou voel ek soos ‘n aartappel! Wat ‘n verskil kan ‘n 100ste van ‘n sekonde nie maak nie!! Dan maar, soos altyd, nie eerste nie … TWEEDE!

  4. demoerin Augustus 29, 2008 at 8:08 vm #

    😆 Emil, jy word toe nou sommer as die Boskakker geidentifiseer! 😆

  5. meermin Augustus 29, 2008 at 8:17 vm #

    Geniet jou naweek. Ek probeer nou so vinnig opvang, maar genade toggie ek het baie verloor hierdie week!!

  6. Dellie Augustus 29, 2008 at 8:40 vm #

    Daai prentjies moet sekerlik iets soos “sluwe, onderwater seks” uitbeeld? 😳 😆

    Geniet jou naweek! 😆

  7. demoerin Augustus 29, 2008 at 8:48 vm #

    😆 Dellie…moenie die gutter vergeet nie!

  8. Jasper Augustus 29, 2008 at 10:29 vm #

    Klink of jy ‘n tap & die vir jou moer nodig het. Net om die randjies weer skerp te kry 😆

    Geniet die naweek..

  9. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:18 nm #

    Jy som dinge darem baie goed op.Hoe doen jy die ding om `n woord te link met `n site , eks dom op daardie een.Mag die bokkies wen en mag jy `n moerse lekker naweek he.

  10. demoerin Augustus 29, 2008 at 2:22 nm #

    @ Brein, enigste manier wat ek van weet is terwyl jy die post skryf, highlight die woord en dan click jy in die klein toolbartjie die ketting-skakel, vul dit in…en siedaar!

  11. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:22 nm #

    Die eerste foto is seker Morne Harmse se spook. En die tweede een se boobs is bietjie klein ek like c en d cups.

  12. demoerin Augustus 29, 2008 at 2:24 nm #

    😆 Kyk na Dellie se comment 8:40 en myne 8:48…dit is my standdard wens elke week!

  13. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:25 nm #

    Dankie ek sal dit probeer.Ek wag nou net vir 15h30 en dan wil ek maak soos Rokkof en die naweek blootsry.

  14. demoerin Augustus 29, 2008 at 2:25 nm #

    😉 Dit gaan nie oor die cups nie!

  15. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:28 nm #

    😆 Hastilla Vista.

  16. demoerin Augustus 29, 2008 at 2:30 nm #

    Lekker naweek!

  17. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:35 nm #

    Nou waaroor gaan dit?

  18. demoerin Augustus 29, 2008 at 2:39 nm #

    My wens elke week aan een en elk: ‘n Naweek gevul met sluwe, onderwater gutter seks. (Hierdie week net in prentjies!) (Gaan in elk geval nie soveel oor die cups as die inhoud daarvan nie!)

  19. Die Brein Augustus 29, 2008 at 2:44 nm #

    Dis waar , dankie en gelukkig is mevrou Brein altyd game, njammies.

    Mooi bly.

  20. Emil Augustus 29, 2008 at 7:01 nm #

    DMI, ek sien die boskakker ding. Was die dag op die pad en kon nie die hele petalje sien ontvou nie. Verstaan nie wat aangaan nie, maar kies om te ignoreer.

  21. Rustig Augustus 29, 2008 at 7:35 nm #

    Die week in ‘n volstuiseier!
    Emil ek sal maar fonds op die been moet, aangesien jy nie toilet by die huis het nie. Sal begin deur ou koerante te stuur.
    🙂

  22. Emil Augustus 29, 2008 at 7:38 nm #

    Jees, as ek so bietjie rondtoer, sien ek ek is vandag so afskuwelik sleg gesê, ek begin voel soos ‘n toilet! Die see gaan my nie kan skoon was nie! Ek vertrou maar net die mense wat my ken en die padjie saam my al loop sedert Januarie die jaar sal weet ek is niks van daardie dinge nie. Ai, dis 😦

  23. Leon Augustus 31, 2008 at 9:56 nm #

    Jinne demoerin…daai foto van The Rain Theater…die husi met die pype…dit is in Dresden in Duitsland. Ek het self presies so foto geneem en het al lankal vergeet daarvan (1999) …ek gaan daai skyfie nou dadelik soek en scan ! Thanks vir die onthou van daai een en thanx ook vir die comment oor my Moses storie…sommer net lekker laf…my brein is maar weird ge–wire

  24. demoerin September 1, 2008 at 7:05 vm #

    😆 Emil, gelukkig hoef jy nie na die see toe te gaan vir die wassessie nie, die see kom sommer na jou toe!
    @ Leon, ek gaan vanoggend weer daar storie lees….dit is MOER snaaks!

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord