8 Porsies Geluk

1 Sep

 

Emil het my getag om die 8 dinge wat my gelukkig maak neer te pen. Dit is heelwat moeiliker as wat dit klink. Probeer gerus! In geen spesifieke volgorde:

Menswees – Ek is net ongelooflik gelukkig dat ek lewe. Die as waarom my lewe draai is my Christenskap, waaraan ek my lewenswaardes en gedrag as mens koppel. Dit bepaal die essensie van my bestaan. Waarna ek streef, hoe ek dinge aanpak en hoe ek ander behandel.

Mense – Ek is ongelooflik gelukkig om in ‘n baie hegte familie te wees. Verder het ek ook ‘n aantal wonderlike mense deur die jare ontmoet, waarvan heelwat ware vriende gebly het. Ek hou daarvan om myself met mense te omring en gereeld kontak te hê. Ek dink dit is een van die redes hoekom ek aan blogging verslaaf is.

Boeke – Ek bedank my ouers en grootouers elke dag vir die liefde vir boeke wat hulle in my help kweek het. Ek is ‘n sertifiseerbare feitvraat. Ek moet weet wat om my aangaan en ek moet weet wanneer het wat en hoe gebeur. Ek lees alles wat ek in die hande kan kry, van elke online-koerant, non-fiksie en fiksie. Ek kan nie eers aan gustelinge dink nou nie. Mees onlanges sal wees : Diamonds, Gold & War – The Making of South Africa, Paulo Coelho – The Flowing River, Leading like Madiba, Rosslyn Chapel & Malta: An Island Under Siege.

Suid-Afrika – Ten spyte van die negatiewe wat nog elke dag te voorskyn kom, het ek ‘n onuitputbare bron van liefde vir hierdie land. Dit maak my ongelooflik gelukkig om te kan dink ek is ‘n Suid-Afrikaner. Dit is net die hele package-deal: Son, see, grasvlaktes, blou lug, diere, mense…ag sommer alles. En ten spyte van al die negatiewe, kan ek nog steeds dankbaar wees dat ek beter daaraan toe is as miljoene ander!

Wyn – Volgens my die nektar van die gode! Die wye verskeidenheid van kultivars en versnittings. Of dit nooi Rooi of Wit is…..altyd welkom solank dit aan die droë kant is. Daar is te veel gunstelinge om op te noem, maar ‘n goeie Rooi versnitting of Sauvignon Blanc sal jou my maatjie maak!

Kos – My ma kla nou nog dat ek nie as kind wou eet nie. Die dinge wat sy moes doen om kos in my liggaam in te kry grens aan kindermishandeling. Ek is besig om goed daarvoor op te maak. Ek is ‘n groot liefhebber van lekker kos en het gelukkig geen fiemies behalwe nou vir baked-beans, butter beans en ander weird beans. As dit lekker voorberei is sal ek altyd jou gelukkigste gas om die tafel wees. Lamsboud verdien egter spesiale noeming hier…die pad na my hart.

Herinneringe – Dit is vir my soos klein pakkies diamante in my brein gefile. Herinneringe is iets wat NOOIT van jou weggevat kan word nie. Vandaar natuurlik my lewensmotto: Every day to the full with no regrets. Only learn from your mistakes. Die kuiers saam met familie en vriende, my reise oorsee, ‘n gevoel wat ek gekry het in ‘n Katedraal in Rome…. alles dinge wat my ewig sal bybly, en vir altyd net myne sal wees. Sielskos.

Geweld Flieks – Moenie bekommerd wees nie, ek het darem nog nie geweldadige neigings geopenbaar nie. Ek is net mal daaroor – Gee my enige Tarantino of flieks soos SAW en Final Destination of enigiets anders met ‘n ordenklike body-count. Ek dink dit is my ontvlugting soos wat fantasie vir ander is. Hoe meer emmers bloed en bodies, hoe gelukkiger is ek. Vir interessantheid: Top 3 Movies tov Body Counts met die getal: (www.moviebodycounts.com)

  1. Lord of the Rings: Return of the King – 836
  2. 300 – 600
  3. Lord of the Rings: Two Towers – 468

 

Foto’s – Flickr.com

1. Cathedral of St. Sava, 2. Live Earth Crowd, 3. llibreria – bookstore – Amsterdam – HDR, 4. South African Flag, 5. Sunset Wine3  ice cream float:), 6. Brasserie Jo Boston Leg of Lamb, 7. Antique Autograph and Photo Albums & Photos, 8. Horror

16 Responses to “8 Porsies Geluk”

  1. BB September 1, 2008 at 7:55 vm #

    Pleased to ‘meet’ you, DMI😉

  2. Adrie September 1, 2008 at 8:29 vm #

    Dit was seker die Tag wat die lekkerste was om te lees.

  3. Emil September 1, 2008 at 8:48 vm #

    Skitterend! Ja-nee, dankie aan ons ouers wat ons die blootstelling aan boeke gegee het. Snaaks, het Saterdag met “The Making of South Africa” in my hand gestaan, maar toe nie gekoop nie. Dink ek sal seker moet.

    OO! Horror movies! Ek het ook daardie “craving” om net blood en gore te aanskou. Miskien spreek dit tot ons onderbewussyn😉

  4. Dellie September 1, 2008 at 9:19 vm #

    Ek lief ook horror movies. Ek kruip soms agter ‘n kussing of onder ‘n duvet weg, of loer deur my vingers, maar ek KYK!😯

  5. nickeybotha September 1, 2008 at 11:40 vm #

    Neeee sjoe daai horror movies eina…. Ek het n groot spieel in die eetkamer wat reflekteer op die tv kamer my man sit dit so hard op sy vreeslike surround sound ek hop soos ek skrik al kraak net n deur wat oopmaak. My senuwees is aan skerwe ek loop en loer heelaand oor my skouers voel die vreeslikste rillings by my ruggraat en dan blaf my bullterrier een wilde blaf en ek gee een tree en kruip agter my man se blad in….. Ek weet hy sal my beskerm:-)

  6. demoerin September 1, 2008 at 1:34 nm #

    @ nickey…nee man, tussen die horrors deur en dan natuurlik crime channel het ek al die wonderlikste idees in my kop opgemaak….julle moet hoop ‘n windmeul moer my nie eendag nie…..dan is hierdie land innie kak!😆

  7. Wipneus! September 1, 2008 at 3:21 nm #

    Baie nice inskrywing! Ek is nie baie lief vir horror movies nie😆

  8. Emil September 1, 2008 at 3:40 nm #

    Most horro films are certainly that😉

  9. Parenthesis September 1, 2008 at 9:50 nm #

    Ooooooooooooooooooh. I heart meme’s. How’s about some tag love dear?

  10. Emil September 2, 2008 at 3:26 nm #

    Het jy nou ook opgehou blog😕

  11. rosalindfranklin September 2, 2008 at 5:23 nm #

    Ek hou van jou 8 dinge. Ek lief ook lekker kos! En herinneringe herleef ek deur foto’s, klanke, reuke, smake, baie dinge. En boeke….JA!

  12. Sammi September 2, 2008 at 5:42 nm #

    Vir ons almal, seg oor en oor, oor en oor….
    Suid-Afrika – Ten spyte van die negatiewe wat nog elke dag te voorskyn kom, het ek ‘n onuitputbare bron van liefde vir hierdie land. Dit maak my ongelooflik gelukkig om te kan dink ek is ‘n Suid-Afrikaner. Dit is net die hele package-deal: Son, see, grasvlaktes, blou lug, diere, mense…ag sommer alles. En ten spyte van al die negatiewe, kan ek nog steeds dankbaar wees dat ek beter daaraan toe is as miljoene ander!

    PRAGTIG, Demoerin, pragtig!! Dankie man!

  13. mockajava September 2, 2008 at 7:43 nm #

    Die beste een is die horror movies demoerin, daarmee kan ek meedeel, dis my gunstelling genre as ek movies kies. Weet nie wat dit is nie maar dit gee my n bietjie meer skop in die lewe. Great tag die een🙂

  14. TristonJ September 2, 2008 at 8:33 nm #

    en so kry mens weer stuk stuk insig op die wat met ons die kuber ruimte deel. ek is met jou op herhinderinge, dis vir hulle wat ons lewe!

  15. Riaan Oosthuysen September 2, 2008 at 11:37 nm #

    Lekker om te lees. Dit was goed om weer hier in te loer

  16. demoerin September 3, 2008 at 7:11 vm #

    Ek lees maar net gou bietjie comments…dit laat my so bietjie beter voel…😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: