Die Star sê…..

8 Sep

Altyd goed om Maandag bietjie stock te vat:

  • Paralimpiese Spele het afgeskop. Ons word weereens herinner dat ons ou alledaagse probleempies klein is in vergelyking met wat ander mede wêreldburgers al moes deurstruwel. Verder sak ek my kop in skaamte as ek besef hulle struwel nie net daardeur nie, hulle oorkom die hekkie in hulle pad geplaas….en neem deel aan ‘n Olimpiese Spele.
  • Daar is blykbaar ‘n video-opnametjie wat die rondte doen oor Die Snor en ‘n klein induskressie gepleeg in ‘n Oos-Londen parkeerarea. Met die gevolg van ‘n helse klomp denials en so aan…..
  • Daar is sprake dat die grootste wetenskaplike eksperiment in geskiedenis uitgevoer gaan word. In ‘n ondergrondse tonnel, iewers onder die Frankryk/Switserland grens gaan die “Big Bang” effek gereplikeer word. Daar is egter wetenskaplikes daarteen gekant wat sê dit mag ‘n moontlike “black hole” tot gevolg hê waarin die aarde ingesuig kan word…..waarheen weet niemand egter nie.
  • In ‘n volgepakte konsert in Rome, het Madonna haar liedjie “Like a Virgin” aan die pous opgedra. Ek weet nie so lekker of dit die beste stappie is om haar dekade-lange strydbyltjie met die Vatikaan saam te begrawe nie.

13 Responses to “Die Star sê…..”

  1. Riaan Oosthuysen September 8, 2008 at 9:18 vm #

    Nou ja, met al die goed wat hierdie week aan die gang is, kan dit nie anders as om ‘n opwindende week te wees nie.

  2. Emil September 8, 2008 at 9:44 vm #

    Ek volg graag die Black Hole storie. Die res is vir my so … more of the same!
    Lekker week.

  3. Emil September 8, 2008 at 9:45 vm #

    Skuus, natuurlik nie die Olimpiese spele nie. Dit is ‘n inspirasie!

  4. meermin September 8, 2008 at 12:26 nm #

    Mag jy ‘n heerlike week beleef dmi!

  5. Wipneus! September 8, 2008 at 12:33 nm #

    😆 Dm ek stem, Madonna moes eerder ‘n ander liedjie gekies het. hehe

  6. Middelvinger September 8, 2008 at 1:27 nm #

    Shit!!! Ek dog die black hole is reeds in Afrika…….

  7. Roer September 8, 2008 at 2:21 nm #

    Go Natalie! Ek hoop die hele span doen baie goed.

  8. rosalindfranklin September 8, 2008 at 2:52 nm #

    Dit is die breudeel van ‘n sekonde na die oerknal, maar ek dink die eerste resultate sal eers so teen 2010 kom. Ek dink darem nie ons sal wegraak/wegval nie.🙂

  9. demoerin September 8, 2008 at 3:33 nm #

    En daar trek ons al klaar op 4 medaljes…..na die 2de dag….Amakrokko BO!!

  10. demoerin September 8, 2008 at 3:34 nm #

    @ Rosa….is jy seker, ek het dalk daaraan gedink om ‘n ruimtepak by Leon te bestel.

  11. demoerin September 8, 2008 at 3:34 nm #

    😆

  12. rosalindfranklin September 8, 2008 at 5:47 nm #

    As dit waar is sal ‘n ruimtepak jou nie red nie, bestel eerder ‘n kas Jack D.🙂

  13. demoerin September 9, 2008 at 7:35 vm #

    Ag nee, bars jy nou my Neil Armstrong Bubble. Sal maar eerder ‘n kissie of 2 Jose Guervo kry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: