En nog leer ons nie….

11 Sep

Op 11 September 2001, sterf 2,974 mense in terroriste aanvalle in Amerika. Moontlike retaliasie vir Amerikaanse inmenging. Die meeste mense wat nog ooit in ‘n enkele terrorisme aanval gesterf het. Dit het groot opgang in die wêreld gemaak, foto’s van mense wat huil is die wêreld ingestuur.

Sewe jaar later, op 11 September 2007, kondig Rusland aan dat hulle die “Vader van alle bomme” getoets het. Die ultimate konvensionele wapen aangesien geen atoom-tegnologie gebruik word nie. Die thermobaric vakuum bom maak gebruik van nano-tegnologie, en teen ‘n gewig van 7 ton het dit die plofkrag van 44 ton dinamiet.

Amper ‘n jaar later wys Amerika en Rusland alweer vir mekaar tande oor Georgia, en ek is seker daarvan dit sal nie die laaste keer in die toekomstige geskiedenis wees nie.

Gaan die mens nooit leer nie? Gaan die politici nooit leer nie? Ek wonder of die politici dieselfde oor oorlog sou gevoel het, as hulle nie die oorloë van agter die veiligheid van hulle lessenaars gevoer het nie?

12 Responses to “En nog leer ons nie….”

  1. Wipneus! September 11, 2008 at 12:12 nm #

    Nee, ons gaan nooit leer nie! Dit gaan so aanhou tot aan die einde van tyd 🙂

  2. meermin September 11, 2008 at 12:50 nm #

    Nee jy die mensdom WIL nie leer nie!! As jy dom is is jy dom daar is nie pille wat help vir dit nie!!

  3. Dellie September 11, 2008 at 4:29 nm #

    “Hulle” (wdf IS hulle?) reken dat nie eers ‘n donkie sy kop twee keer teen dieselfde klip stamp nie… ek wonder seriously oor die human race. 😯

    Ag wat, ek eet maar eerder ‘n skaapkop!:mrgreen:

  4. Koeksister September 11, 2008 at 6:51 nm #

    Dit laat mens wonder waarmee gaan “hulle” ons volgende verras?

  5. BB September 12, 2008 at 7:19 vm #

    Nee, hulle gaanie leer nie – men will always stay like little boys at heart: “my dad can whip your dad’s ass”, kinda thing…. sien, dis hoekom daar oorlog is – dis die man se inherente behoefte om gereeld te wil bloei. Ek dink as boetietjie genoeg pak kry as kleuter en dan met ‘n vrou trou wat die tradisie voorsit – ‘n lekker pakslae elke oggend net voor opstaantyd – vóór hy kan aanjaag – sal die helfte van wêreldvrede reeds gewaarborg wees… Oh my, oh my – ek dink dis Delsch se skaapkop wat my skoon van my trollie afhet… Toe,toe,toe DMI – wish my nou daai lekker dirty weekend wat jy my elke Vrydag toewens… i can do with something nice for a change:mrgreen:

  6. Emil September 12, 2008 at 8:06 vm #

    Hey, iets is missing!

  7. BB September 12, 2008 at 8:56 vm #

    Huh Emil??? Jip!! Jy’s reg!!! die DMI-dop: the NUT’s SHELL!!!:mrgreen:

  8. Dellie September 12, 2008 at 9:34 vm #

    Neee! Net nie dit nie! MIA op ‘n Vrydag? Het jou naweek al vroeg begin? Ek het kom loer vir my goeie wense vir die naweek, en hier is niks!😯

  9. Wipneus! September 12, 2008 at 9:43 vm #

    Helloo? :mrgreen:

  10. TristonJ September 12, 2008 at 10:38 vm #

    ai tog waar is ons vrydag catch up!?!

  11. Roer September 12, 2008 at 3:41 nm #

    Ek kon sweer dis vandag Vrydag…

  12. Johan Swarts September 13, 2008 at 2:29 vm #

    die buffel ken geen metafisika…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: