Naweek Refleksies

15 Sep

Vandag, 15 September is Internasionale Demokrasie Dag….. nogal ironies dat die groot Zim ondertekening vandag plaasvind. As wat in die wêreld aangaan die gevolge van demokrasie is, kan ons net so wel teruggaan na die ou dae van monargie. Ten minste sal jy weet wie is in beheer….en sal jy nie ‘n dag mors om ‘n kruisie te gaan trek nie.

Terwyl ons nou so op demokrasie is, ons geëerde Zuma het gister die massas herinner dat dit volgende jaar weer stemtyd is, en dat hy beoog om die ANC na ‘n groter oorwinning te lei. Wat my nogal opgeval het van die gewone wishy-washy politici rambling is die volgende:

  • “Verkiesings gee politieke partye die geleendheid om verantwoording te doen aan kiesers.” Ek neem aan die spindokters is al hard besig om beloftes en leuens met ‘n lagie of drie versiering te bedek.
  • “Die ANC is die belangrikste faktor in hierdie land – in politiek, in die ekonomie.” Ek glo nie geldwassery en diefstal is die tipe trompetgeskal wat jou die trotse belangrikste speler in die ekonomie maak nie, Oom Zuma.
  • “Verkiesings is baie belangrik. Na verkiesings weet jy waar jy staan.” Wat ‘n grap, die politici weet nie eers waar hulle staan nie, hoe de hel gaan die kiesers weet?

Ek kan eintlik nie wag vir die volgende paar maande nie. Dit is eintlik so skreeu snaaks om al die beloftes en mooi gebakte broodjies op die wankelende feestafels te aanskou…. dit is beter as om sirkus toe te gaan.

7 Responses to “Naweek Refleksies”

  1. Wipneus! September 15, 2008 at 10:43 vm #

    Ek stem die politici weet nie waar hulle staan nie, dis ‘n grap!

    Geldwassery en diefstal gebeur daagliks, sommiges word uitgevang en ander leef in weelde en niemand vang hulle uit nie. So slim soos die houtjie van die galg!

  2. BB September 15, 2008 at 11:26 vm #

    Hmmm – soms wonder ek of mens se indrukke van ‘n vorige blog-lees (dis nou die een waar ek nounet vandaan kom) mens kan beinvloed om die volgende een in ‘n ander konteks te lees as wat met dalk ‘normaalweg’ sou… dis nogal dalk net moerse insiggewend uitgedink deur ‘n blonde… dink jy nie DMI??
    anyways – dis hoekom ek jou laaste sin/paragraaf met bietjie hartseer lees (regtig regtig – as ek nie nou net sopas oor Christenskap ge-comment het op ‘n ander blog sou ek dalk geheel en al saamgestem het )… feit is ek herken die ‘gevoel’ in my binneste, maar my geloofsoortuiging en my gepaardgaande Christenskap wil nie saamspeel nie – I pray that somehow, maybe, somewhere something will work out totally different… Dis sad, ek weet, but I gotto stil trust… and pray… and keep the faith that prayers are still answered…😦

  3. Nesbit West September 15, 2008 at 2:39 nm #

    Inderdaad, demokrasie in Afrika is nie ‘n begrip wat jy noodwendig in die teksboeke sal terugvind nie. Op die noot, die onlangse verkiesings in Angola (eerste in 16 jaar) word ook as ‘n groot stap in die rigting van demokrasie beskou – dit terwyl verkiesings monitore ondubbelsinnig was oor die feit dat die verkiesingsproses ‘n aantal ‘tekortkomings’ vertoon het deur tot die resultaat te kom dat die regerende MPLA party met ‘n 80% meerderheid geseevier het. Ek wonder of dit in die volgende weke duideliker sal word of die verkiesingsproses beter was as die ’92 een waarvan UNITA uiteindelik in die twee ronde onttrek het?

    Nesbit
    Amsterdam

  4. demoerin September 15, 2008 at 2:51 nm #

    @ Nesbit, die ding kan maar deurgetrek word na die res van die wêreld ook, dis nie net ‘n Afrika probleem nie. Nadat die kruisie getrek is doen en breek die in beheer maar soos hulle wil…..die kiesers vergete, saam met al daai mooi beloftes.

    Interessant genoeg is Ierland heel moontlik die enigste ware/amper ware demokrasie, waar geen groot konstitusionele veranderinge ens. sonder referendum gedoen mag word nie.

  5. Die Brein September 15, 2008 at 5:52 nm #

    Soos jy se die ANC is die belangrikste faktor, weet jy wat is `n faktor dis eintlik `n fucktor dis `n tor wat in `n kar se windscreen vasgevlieg het.

    Politiek is `n sirkus, ek het vroeer jare baie daarin belanggestel.Ek glo die destydse NP was korrup en omkopery, sluipmoorde en broederskap was aan die orde van die dag.Die senario is nou net omgekeer.Maar ten minste het hulle alles in stand gehou in die land.

    Ek het Vrydagaand baie aan jou gedink ons het by `n restaurant in Boksburg (La Campanna) gaan eet en daar was `n klomp ouens met mafia hoede op wat lekker gekuier het.Toe dink ek aan jou foto op jou blog waar jy so hoed op het.

    Lekker aand.

  6. demoerin September 15, 2008 at 5:56 nm #

    Ek ken van die hoed en die lekker kuier…..fok, seker nou weer een van daai secret meetings misgeloop…😆

  7. Sammi September 17, 2008 at 8:13 vm #

    Moet ook nie van die (Mal)ema faktor vergeet nie. Ongelooflik hoe hy nou skielik aan die NEC gaan voorskryf!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: