Een Wêreld…Een Droom

16 Sep

Elke 4 jaar kom die wêreld vir 2 maande tot stilstand. In antieke tye is oorloë vir ‘n paar weke gestop. Duisende mense in die stadium, en biljoene voor die televisie, hou asems op vir die Olimpiese en daarna die Paralimpiese Spele opening. Die lande se leiers sit in hul honderde die skouspel en aanskou.

Atlete en toeskouers wat in die laaste honderd jaar in talle oorloë teen mekaar betrokke was het net een gedagte: Een wêreld, een droom. Gesonde kompetisie gevolg deur medaljes op die podium. Daar word oor en oor deur atlete herhaal: Jy kan die wêreldkampioen vir drie jaar in ‘n ry wees, maar daar is net een goud wat saak maak, die Olimpiese goud.

Maar waaraan dink die leiers op die pawiljoen…. ‘n volgende oorloggie, ‘n volgende inval, ‘n volgende bedroggie, ‘n volgende menseregteskendingtjie? Dit is mos maklik om die telefoon op te tel vanuit die gemak van jou kantoor en die wêreld op sy kop te draai.

Maar hoe kry die atlete dit reg om die strydbyle te begrawe? Hoe kry hulle dit reg om die voorbeeld aan hulle leiers te wees, terwyl dit eintlik andersom moet wees?

Die antwoord is simpel:

Vanweë jare se harde werk, streef hulle na, en verdien hulle die medaljes. Dit val nie uit die lug uit nie, hulle word nie in die medalje-posisie ingestem nie…hulle beveel nie die weermag om die medaljes vir hulle te gaan haal nie. Hulle werk daarvoor, en daarom kan hulle in eenheid ‘n ander atleed se oorwinning vier.

Leiers, gaan leer by julle atlete.

8 Responses to “Een Wêreld…Een Droom”

  1. Wipneus! September 16, 2008 at 7:57 vm #

    Baie goeie inskrywing, ek stem!

  2. ICE September 16, 2008 at 10:34 vm #

    So true!!

  3. Emil September 16, 2008 at 11:44 vm #

    Wow, mooi man! Stuur dit na al die koerante!!

  4. Lappies September 16, 2008 at 12:54 nm #

    Baie waar!!!!!
    Goed geskryf.

  5. rosalindfranklin September 16, 2008 at 3:59 nm #

    As mens vir iets werk, waardeer jy dit. Dit laat mens dink!

  6. Roer September 17, 2008 at 7:11 vm #

    Preach it brother.

  7. flippiefanus September 17, 2008 at 7:38 vm #

    Die leiers kan by die atlete leer maar ek dink ons almal kan by para-olimpiese atlete leer. Dankie vir die treffende stukkie.

  8. Nelba September 17, 2008 at 8:09 vm #

    Baie goeie inskrywing. Dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: