Teer Herinneringe….

23 Sep

Christine – 24 Sept 1978 tot 23 Sept 2005

Vandag tel ons jaar drie, vanaand die uur.

Die dag toe een man se onbesonne daad,

Jou lewe met ‘n geweerskoot beeindig het.

So absoluut onnodig, harte aan skerwe.

 

Al wat ek nou het is my herinneringe.

Gedagtes van ‘n verrykte lewe, gevul met

Skaterlag en urelange indiepte gesprekke.

Wat ek nie meer het nie, is jy!

 

Met die donker nag is ‘n les geleer.

Tyd word net geleen, en die minute tel.

Elke dag ‘n volmaakte som, want nooit

Ooit weer spyt in nagedagtenis.

 

More is jou verjaarsdag, ek en my

Herinneringe vier jou dertigste jaar.

Baie geluk Stina, nimmer as nooit

Sal ‘n dag kom sonder jou in denke.

Wat ek wel hoop dat jy eendag sal weet, is die impak van JY, op my lewe.

Miskien weet jy al reeds.

%d bloggers like this: