Die week in ‘n neutedop….

26 Sep

Suid-Afrika was vir twee weke in ‘n politieke tuimeldroër. Die siklus is nog nie klaar nie, en my kop spin nog steeds. Bydraes kon oral in die blogosfeer gevind word. Daar is afskeid geneem, dinge onder die vergrootglas bekyk en geponder oor Afrika-demokrasie.

Die groot woorde uit die ANC kamp is natuurlik, Don’t Panic. Hoe om dit nou te ontvang weet ekkie lekker nie…is daar regtig niks om oor paniekbevange te raak nie, of is die uitlatings om hulleself gerus re stel? Elk geval, wag en kyk is my modus operandi. Ons kan darem bly hoop en droom. Miskien sal Willie se girlfriend ‘n ogie oor ons hou. Vir die wat wel van plan is om te vlug, gaan staan maar nou solank al in die ry. Terwyl jy in die ry wag kan jy solank die Ingels oefen.

In ons musiek bylae kan jy jou eie stradivarius viool gaan opeis, en gaan leer hoe om raserige bure stil te kry. Ook deel van ons leefstyl bylae is ‘n terugblik na braaidag. Ek hoop almal het hulle braaidag geniet, sonskyn of nie, niks staan tussen ‘n Suid-Afrikaner en sy braai nie!

In die tuinmaak bylae is daar wonderlike raad oor hoe om jou grasperk welriekend, sag en fluffy te kry. (Terselfdetyd kan jy van die molle ontslae raak). En as jy nou so hard in die tuin gewerskaf het, is ‘n koue biertjie net die ding. Terwyl ons nou buite op die werf is, paar selfverdedigingswenke as jy ‘n ongenooide gas het.

Ons toer weer in Korea rond, en wonder bietjie oor die nuutste toilet-filosofie. Vir die diepe denkers word skoonheid en jaloesie bietjie kaal uitgetrek. (Nee, die engeltjie is nie weer hier betrokke nie!). Ons lewenslessie uit die mond van die muis die week, terwyl ons nou by klein diertjies is, gryp die koffie en die storie vir die week – Goueklokkies.

In die wetenskap bekyk ons bietjie hoe jou bloed boekdele kan spreek. So gepraat van boeke, Ons Klintji lyk my is in wording vir die jaar met ‘n baie interessante tema : Is daar hoop? Sover as wat die oog kan sien. Komaan, alle bloggers is nou maar ‘n skrywer of fotograaf op een of ander manier! Sien jou werk in druk!

My wense aan een en elk vir die naweek…..gevul met sonskyn😆 …ek spot sommer. Soos gewoonlik

SLUWE ONDERWATER GUTTER-SEKS

14 Responses to “Die week in ‘n neutedop….”

  1. BB September 26, 2008 at 7:33 vm #

    Og DMI!! Ek kom ELKE Vrydag hier kuier NET vir daardie goeie wens van jou😳:mrgreen:

  2. NetJane September 26, 2008 at 7:52 vm #

    Wat van sluwe onderwater gutter-seks in die sonskyn?😉

  3. Wipneus! September 26, 2008 at 8:17 vm #

    Ek stem saam BB ek kan nie hierdie goeie naweek wense by my laat verbygaan nie!

    Dit was baie weird in die politieke sirkus die week. Maar hei, ek stres nie, ek beleef ook geen paniek nie …. 😯

    Ek is in elk geval bly Mev Knoffel en beet is na ‘n ander plek toe gepos….. sy het die vuil manier gehad om gereeld haar neus in my verhoudings te steek. Hier praat ek van my verhouding met Vogue slim 😆

  4. neykie September 26, 2008 at 8:21 vm #

    DMI jy oortref jou vorige neutedoppe elke week meer….

    lekker naweek vir jou, en die selfde wens vir jou😆

  5. Die Brein September 26, 2008 at 8:34 vm #

    Hey ek gaan later jou samevatting lees. Ek gaan nou eers op `n jol.Lekker naweek.

  6. Emil September 26, 2008 at 8:40 vm #

    Lekker naweek. Volgende naweek, volgende naweek …😉

  7. Pikkelik September 26, 2008 at 8:58 vm #

    Lekker – Ek gaan nou net dat my man ook vanaand kom lees wat is die wense vir die naweek…. 😉

  8. Zee September 26, 2008 at 9:03 vm #

    😆 @ BB!! Maybe, mabye not……

    Whahaha Wippie, miskien kan ons nou aan vrede suig aan ons goedjies!! (/me koes vir anty BB)

    DMI, weereens puik!

  9. demoerin September 26, 2008 at 9:50 vm #

    😆 Ek voel ook so oor my gifstokkies, ek is moeg oor my skouer geloer vir ingeval die puffing-police iewers uitkruip.
    @ Emil ? Ek weet my emosies is bietjie op ‘n rollercoaster…maar ek het gedink daar is niks met die brein fout nie??

  10. Rustig September 26, 2008 at 9:55 vm #

    ‘n Vreugdevolle naweek vir jou ook uit nat Kaap met ‘n halfhartige sonskyn poging. Dit is so nat die walvis kan al op land loop hier by my.

  11. BB September 26, 2008 at 10:58 vm #

    LoL @ Zee!!
    Nothing sucks like a….. uuuuhhhhmmm smoker:mrgreen:

  12. Die Brein September 26, 2008 at 6:13 nm #

    Ja DMI dis net jy wat so goed kan saamvat, jou week in `n neutedop is altyd briljant.Jy verdien respek.

  13. meermin September 29, 2008 at 11:37 vm #

    Ek mis nie jou week in ‘n neutedop nie!!! Lees dit nou eers! Lekker dag verder vir jou!!

  14. Johan Swarts September 30, 2008 at 1:48 nm #

    bwahahahahahaha, dankie weereens vir die sluwe link😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: