Lewe…ek doen, jy?

29 Sep

Ek het nog altyd geglo dat my beskermengel lyk soos die foto wat ek in Rome geneem het. My beskermengel het Saterdagaand weer oortyd gewerk, en dit is slegs met ‘n wonderwerk wat ek nie dood, of in ICU opgeeindig het nie. Eintlik het ek absoluut niks oorgekom nie, vinnige reaksies en die feit dat ek nooit paniekerig raak nie, beteken daar is nie eers ‘n skrapie aan my kar nie.

Ek sal nou maar erken, September is nie my favourite maand van die jaar nie, nie eers die feit dat September lente aankondig kan die saak verander nie. Dit bly maar egter net persoonlike issues wat ek weldra sal uitsorteer. Wat ek wel weet is dat daai dag, drie jaar terug my lewe onherroeplik verander het. My letterlik in my comfortzone wakkergeruk het met die besef dat ek op geleende tyd hierdie aardbol bewoon. Saterdagaand was net nog ‘n klein remindertjie.

Elke sekonde, van elke minuut, van elke uur, van elke dag moet tel. Dit maak nie saak hoe sinneloos die taak mag voorkom nie. Hoe jy jouself as burger van ‘n maatskappy, stad, provinsie, land of selfs die wêreld gedra maak ‘n enorme verskil. Dit mag klein en nietig voorkom, maar glo my dit is die klein dingetjies wat deur die mense om jou gesien en onthou word.

Ons kom elke dag in aanraking met tientalle mense. Ons doen elke dag tientalle take. Dit vat niks van jou menswees weg om alles na die beste van jou vermoë te doen nie. Dit kos absoluut niks om die vrou agter die kasregister vriendelik te groet, en dan dankie te sê nie. Dit kos jou niks om die beste van elke gegewe dag te maak nie. Jy ontvang egter soveel meer, al is dit net jou eie glimlag voor jy gaan slaap in die aand as jy terug kan dink aan die dag, en weet die dag was ‘n goue medalje werd.

Hoe vinnig word ons nie verblind deur die soeke vir wat ons wil hê nie, eerder as om ongelooflik dankbaar te wees vir dit wat ons al klaar het nie. Besef jy ooit dat dit wat jy alreeds het, in elk geval tien maal meer is as wat miljoene daarbuite het? Hoeveel mense word nie daagliks in pyn agtergelaat in ons soektogte na dit wat ons glo ons beskore is nie? Nie ek, of jy, het die gereg om skaak met ander mense se gevoelens en lewens te speel nie!

Ek het hierdie dinge op ‘n harde manier geleer. Dit is nie nodig dat ‘n waardevolle lewe uit pyn en as gebore moet word nie, dit vat ‘n simpel wilsbesluit om daarna te streef om die beste persoon te wees wat jy kan, vir elke sekonde wat jy jouself nog op hierdie bolletjie, genaamd aarde bevind.

16 Responses to “Lewe…ek doen, jy?”

  1. Pikkelik September 29, 2008 at 8:16 vm #

    Ek kan nie meer saam met jou stem nie, maar ongelukkig is dit so dat sommige van ons maar op die harde manier moet leer…
    Sterkte en lekker week vir jou, DMI. 😉

  2. netjane September 29, 2008 at 8:45 vm #

    Hoekom het ek nou die begeerte om ‘n Annelie van Rooyen song uit volle bors te sing?😉

    Grappies op ‘n stokkie – wyse woorde DMI. Om regtig te LEWE is iets wat mens elke oggend weer moet onderneem om te doen.

  3. Wipneus! September 29, 2008 at 10:39 vm #

    Ek is baie bly jou beskermengel was op “duty” Saterdag-aand Dm!!

    So waar wat jy hier gesels, deur ander mense goed te laat voel, maak dit jou nie net ‘n beter mens nie, maar dit dra ook by tot jou eie geluk!

  4. Roer September 29, 2008 at 11:15 vm #

    Dankie tog vir ‘Engeltjies’. Bly jy’s nog hier en dankie vir die wyse woorde. Beslis iets waaraan ons so nou en dan herinner moet word.

  5. Dellie September 29, 2008 at 12:42 nm #

    Ek het nodig gehad om dit te hoor vandag. Dankie.

  6. Kokkewiet September 29, 2008 at 12:47 nm #

    Sjoe, waar woorde wat te maklik vergeet word. Dankie vir die herinnering!

  7. demoerin September 29, 2008 at 1:13 nm #

    Glo my, ek is net so bly die engeltjie was op duty! Ek is net bly dat ek die stukkie nog met julle kan deel. Partykeer moet mens net weer bietjie die skille van die oge af verwyder.

  8. Emil September 29, 2008 at 1:14 nm #

    Elke woord is so waar! Dit is asemrowend hoe vinnig mens alles so vanselfsprekend aanvaar, en ongelukkig is dit nou so dat baie mens eers oor die “Leef van die Lewe” besin wanneer hulle reeds diep in die donker put vasgeval sit – eers dan raak vanselfsprekende dinge skielik onmisbaar. Eintlik moet mens elke dag in dankbaarheid lewe, in dankbaarheid vir die tallose seëninge wat elke dag, minuut en sekonde oor ons spoel. Self nou hier waar ek al weer in die Kaap verkluim van die koue, is ek dankbaar vir die gerief van ‘n ingeboude lugverkoeler wat ook warm kan maak.

    Dankie, DMI vir hierdie stuk!!

  9. meermin September 29, 2008 at 2:05 nm #

    Gelukkig was jou beskerm engel teenwoordig!!

    Lekker week vir jou!!

  10. sharon-cathryn September 29, 2008 at 3:27 nm #

    eks baie bly vir jou. dankie vir hierdie eye opener – weereens bring jy my terug grond toe. ek reply min op blogs, maar hierdie posting van jou was absoluut vir my geskryf – net om my weereens te laat besef dat ons as mens niks op ons eie kan doen nie.

  11. Koeksister September 29, 2008 at 4:41 nm #

    Mooi foto:) Ek probeer ook elke dag vries, laat dit so stadig as moontlik verbygaan, probeer so veel as moontlik daaruit kry……

  12. Rustig September 29, 2008 at 5:19 nm #

    Ware woorde kan dit nie wees nie. Ons wil soms alles in klasse opdeel en dan besluit wat was en is die moeite werd. Soms is die onbenulligste dinge die belangrikste vir die ander persoon.

  13. Die Brein September 30, 2008 at 6:14 vm #

    Sulke ware woorde geleende tyd.Ja as ons eendag in die hiernamaals is glo ek ons sal sien hoe het die Here ons oral al beskerm.

    Geseesnd is jy en net seeninge sprek oor jou en almal uit, wat dit verdien.

  14. Die Brein September 30, 2008 at 6:14 vm #

    Sulke ware woorde geleende tyd.Ja as ons eendag in die hiernamaals is glo ek ons sal sien hoe het die Here ons oral al beskerm.

    Geseesnd is jy en net seeninge spreek oor jou en almal uit, wat dit verdien.

    Lekker dag.

  15. TristonJ September 30, 2008 at 2:19 nm #

    goed geskryf en hard geleer… DMI jy kan die spyker reg op die kop slaan!

  16. rosalindfranklin September 30, 2008 at 4:54 nm #

    Wonderlike inskrywing, baie dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: