Super-Dooper Suiger

30 Sep

Op 30 September 1901 patenteer Hubert Cecil Booth die stofsuier.

Daai irriterende, raserige masjientjie wat van al ons stof en mors ontslae raak. Deesdae beskikbaar in alle grotes en suigkragte.

‘n Toestel wat selfs vir Sophia Loren geinspireer het:

Spaghetti can be eaten most successfully if you inhale it like a vacuum cleaner

Waaroor ek net wonder is hoe jy die tamatiesous uit jou neus uit kry tannie Sophia?

Op 30 September 2008 wonder ek of iemand nie ‘n Super-Dooper-Poephol-Opsuig-en-Kompakteer-Suier wil ontwerp nie. Ek sal ala Batman die donker nagte invaar en van al die poepholle ontslae raak.

Foto: toxiccavies van flickr.com

18 Responses to “Super-Dooper Suiger”

  1. Jaco September 30, 2008 at 7:55 vm #

    Die probleem in hierdie geval is nie die toestel nie, dit is om ‘n plek groot genoeg te kry waar jy die gekompakteerde waste kan dump. Want daar is baie poepholle daarbuite

  2. mockajava September 30, 2008 at 8:01 vm #

    Mars is ver genoeg en boonop ook groot genoeg vir hulle….

  3. Dellie September 30, 2008 at 8:32 vm #

    Die slagspreuk “Nothing sucks like Electrolux” spring onmiddelik in my gedagtes op… Na die twee ene het ek die slagspreuk verstaan, en maar eerder ‘n Hoover gekoop…:mrgreen:

  4. Adrie September 30, 2008 at 9:15 vm #

    Jaco

    Dit is maklik. Jy verbrysel die idiote en maak kompos daarvan. Dan beteken hulle darem iets vir die aarde.

  5. sharon-cathryn September 30, 2008 at 9:20 vm #

    kan jy jou die stank van daai kompos voorstel Adrie????
    ma ek sal ook kan doen met n paar van daai toestelle. myne se gemors sal net moet kan evaporate! dis al wat ek vra.

  6. Wipneus! September 30, 2008 at 9:24 vm #

    Ek sal verseker een van daardie toestelle aanskaf:mrgreen:

  7. meermin September 30, 2008 at 9:51 vm #

    die een wat die werk het, kom seker saam Noag of Jan Van Riebeeck die ding raaaaas erg, en die stof klim langs die kante uit, dan stink hierdie plek die ene stof!

  8. Pikkelik September 30, 2008 at 10:00 vm #

    Ek haat die geluid van stofsuiers, maar ‘n po*ph*lsuier se geraas sal ek soos ‘n man vat, stuur vir my ook een….

  9. demoerin September 30, 2008 at 11:15 vm #

    😆 Ek wonder nogal oor die poepholpakkies wat die masjien sal uitspoeg, kompos dalk ‘n goeie idee, of wat van ons skiet dit net die ruimte in….daar is meer as genoeg plek. Miskien kan hulle dan die Aliens irriteer.

  10. kaalvoetinireen September 30, 2008 at 1:02 nm #

    DM, laat weet net as jy ‘n side-kick nodig het, want daar is ook ‘n paar wat ek wil vermorsel!
    Die kompos hoef nie te stink nie hoor, rokende salpetersuur of “lime” sal werk! Trust me on that one! Dit sal dalk nie meer vir kompos gebruik kan word nie, maar hey, hulle sal vloeistof wees… Ons kan die vloeistof dan aan terries verkoop as biologiese wapens of iets en stinking (pun intended) rich word!😆

  11. demoerin September 30, 2008 at 1:22 nm #

    Ahhhh, uiteindelik ‘n plan wat ons stinking rich kan maak….mens kan dalk dit op kontrak basis ook doen en nog ‘n paar ekstra sente maak. Uit principle uit, hoe groter die poephol, hoe laer die prys.😆

  12. Rustig September 30, 2008 at 4:26 nm #

    Iemand het so paar dae terug ‘n Kirby kom demonstreer. Jinne die ding werk soos nog nooit gesien nie. Suig en matte was. Toe my arme pa hoor dat die masjien kos R20 000, toe kos die nuwe hart hom R30 000. Arme man het sommer ekstra glasie wyn gedrink.

  13. rosalindfranklin September 30, 2008 at 4:52 nm #

    Kan ek asseblief 2 bestel? (ek wil 2 he net vir as die 1ste een dalk breek). Dankie ek betaal kontant.🙂

  14. sussie September 30, 2008 at 7:39 nm #

    demoerin ek neem waar dat jy glad nie meer op bp cmment nie
    iets fout?

  15. netjane Oktober 1, 2008 at 7:39 vm #

    Dis nou ‘n plan en ‘n half! As ek iets soos ‘n wetenskaplike/wiskundige brein gehad het, het ek my dienste aangebied vir die ontwerp.

  16. demoerin Oktober 1, 2008 at 7:46 vm #

    😆 Sussie…eendag as die werk rustiger en my gemoed bietjie ligter is.

  17. neykie Oktober 1, 2008 at 12:14 nm #

    😆 Ja nee dis ‘n blink gedagte die DMI

  18. Adrie Oktober 2, 2008 at 8:25 vm #

    2 Oktober

    Beskermingsengel feesdag. (Guardian Angels Feastday)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: