Konfussie…..

14 Oct

Die Roomse Kerk, met die steun van Pous Gregory XIII,  en die wiskundige berekeninge van Aloysius Lilius, het op 24 Februarie 1582 aangekondig dat die Julian kalender met die nuwe Gregorian kalender vervang gaan word. Hoofrede hiervoor was dat die Julian kalender die oorsaak was dat Paasfees nie meer op die dag gevier was soos dit in Nicea in 325 besluit is nie.

Die boring wiskunde is soos volg – Die nuwe kalender het 365.2425 dae, oftewel 365 dae, 5 ure, 49 minute en 12 sekondes per jaar. Om vir die 0.2425 te vergoed is daar elke 4 jaar ‘n ekstra dag, 29 Februarie in die kalender. Nie so maklik as wat dit klink nie….. Elke jaar presies deelbaar deur 4 is ‘n skrikkeljaar, behalwe vir jare wat presies deur 100 gedeel kan word. Dan natuurlik verder is die wat nog presies deur 400 gedeel kan word nogsteeds skrikkeljare. Byvoorbeeld 1900 was nie ‘n skrikkeljaar nie, maar 2000 wel. In die volgende millenium sal 2100, 2200, 2300 en 2500 nie skrikkeljare wees nie, maar 2400 wel.

Is julle klaar deurmekaar? Moenie bekommer nie…die beste kom nog.

Natuurlik met die oorskakeling was daar groot bekommernisse. Die Protestante en Ortotokse Kerke, en selfs van die Roomse Kerke in ander lande het geglo dat dit iets is wat op hulle afgedwing word en dat die RK net weer die wêreld wil oorneem of iets dergeliks. Daar is oorspronklik voorgestel dat die “verlore dae” oor ‘n periode gedoen moes word, waar ‘n aantal skrikkeldae sou “verdwyn” in ‘n 40 jaar periode. Daar is egter besluit om dit op een slag te doen. Die RK in Italië, Poland, Spanje en Portugal het eerste oorgeskakel. Die probleem met oorskakeling was, dat om weer in die korrekte tyd in te kom, moes ‘n paar dae verdwyn. Donderdag, 4 Oktober 1582 in die Julian kalender is dus gevolg deur Vrydag, 15 Oktober 1582 in die Grogorian kalender.

Die groot probleem was natuurlik toe nou net nie slegs die oorskakeling nie, maar die feit dat almal dit nie gelyk gedoen het nie. Daar was chaos met datums in die wêreld, en die geskiedkundiges moet vandag nog kopkrap oor moontlike verkillende jare waarin opgetekende gebeure plaasgevind het. Die Ortokokse Kerke van Konstantinopel, Alexandria, Antiogië, Griekeland en Cypres het in 1923 eers die Gregoriaanse kalender begin gebruik. Griekeland was die laaste Europese land waar 15 Februarie 1923, gevolg was deur 1 Maart 1923. Dit wil sê, dat tot 1923 verskye gebeure dikwels met datums soos volg aangedui is: Byvoorbeeld 10/21 Februarie 1750/51.

Dit is byvoorbeeld dus opgeteken dat Shakespeare en Cervantes op dieselfde dag, 23 April 1616 dood is. In regte tyd is Cervantes egter 10 dae vroër dood, net nog ‘n bewys van die verskil tussen Spanje se gebruik van die Gregorian en Brittanje die Julian kalender.

Om dinge verder soos in ‘n tuimeldroër te maak, het almal ook nie in die geskiedenis die 1 Januarie as die eerste dag van die jaar gevier nie. Met die oorkakelings was daar dan lande wat saam met ander die 1ste Januarie as die eerste dag van die jaar wou vier, bv. Engeland, Ierland en die Britse Kolonies wat saam wou val met 1 Januarie 1752, en dit beteken het 1751 het net 282 dae gehad.

Ek hoop julle het hierdie soveel soos ek geniet…..gaan lees verder by Wikipedia.

6 Responses to “Konfussie…..”

  1. Rustig Oktober 14, 2008 at 9:05 vm #

    Weereens ‘n bewys dat my ou vriend die RK weer alles wou omkrap en beheer uitoefen. Baie interesant. Wonder of die Gregorian Kalendar dalk regtig so goeie idieë was na alles?

  2. Wipneus! Oktober 14, 2008 at 9:39 vm #

    Heeltemal deurmekaar😆
    En my kop se masjienerie is nog nie vroeg in die oggend lekker warm nie!!!

    Uhmmm wat is nou weer vandag se datum? 😆

  3. Dellie Oktober 14, 2008 at 9:41 vm #

    😯 I are totally confused…:mrgreen:

  4. Rustig Oktober 14, 2008 at 10:54 vm #

    Die beste is maar om van dag tot dag te leef en dan so elke nou en dan ‘n verjaardag in te gooi net so vir die wis en onwis.😉

  5. meermin Oktober 14, 2008 at 12:40 nm #

    PROBEER SO BIETJIE INHAAL OP DIE BLOGS HET LANKLAAS GELEES.

    SHARKS!!

  6. rosalindfranklin Oktober 14, 2008 at 6:00 nm #

    lekker ene die demoerin…..ek werk aan ‘n stelsel sodat ons korter werksdae het, langer naweek het en jonk bly – veral die liggaam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: