Marie-Antoinette en die koppe rol….

16 Okt

Op 16 Oktober 1793 het Marie-Antoinette haar kop verloor. Letterlik.

Sy is in 1770 met Louis XVI van Frankryk getroud om die Franse-Austria alliansie te versterk. ‘n Tyd van erge ekonomiese verval het haar nie gekeer om ‘n oordadige leefstyl te handhaaf nie. Arme Louis was so onder haar invloed, en sy het hom sommer maklik-maklik oortuig om die reformasie van die monargie teë te staan.

Die volk het in opstand gekom en die monargie van sy kassie afgegooi, vir Louis en Mari-Antoinette gearresteer en later tereggestel vir verraad. Ek lees gister daar op die werf die Freedom Charter van 1955.

Die land en sy volk is besig om verraai te word….dit lyk of die tyd van koppe rol stadig maar seker aan die aanbreek is.

14 Responses to “Marie-Antoinette en die koppe rol….”

  1. meermin Oktober 16, 2008 at 7:16 vm #

    Lekker dag vir jou!! Darem amper Vrydag! Amper naweek!

  2. Jaco Oktober 16, 2008 at 8:06 vm #

    Ek is ‘n sterk aanhanger van die teorie dat die wiel draai. Wie weet, dalk is dit die keer ten goede . . .

  3. Sammi Oktober 16, 2008 at 8:11 vm #

    Hmm ja, die land en sy volk is LANKAL verraai, dis eers nou dat meeste mense dit agterkom. Die massas kan vir net SO lank “gefool” word.

  4. Rustig Oktober 16, 2008 at 8:57 vm #

    Ek voel ook soos Jaco. Dit wat gesaai word, sal jy wel later oes.

  5. Pagoda32 Oktober 16, 2008 at 9:12 vm #

    Die snaakste is…

    Ek hoor vir jaaaare hoe die ANC leiers praat van die Freedom Charter, maar nerens het ek al die dokument gesien nie, of nog minder die wil gehad om dit te gaan soek. Eers toe Lekota praat van hoe die ANC leiers tot dusver die mense verraai het het ek besluit om dit te gaan uitcheck.

    Hoekom sou Lekota juis daarna verwys? Dan moes hy mos gereeld gevoel het dat baie van die ideale daarin saamgevat nie aandag aan gegee word nie? As Lekota enigsins weet hoe baie Brownie points hy opgetel het by die wit populasie van heirdie land deur Malema en die Zuma ondersteuners se gedrag as “tribalist” te bestempel, sal hy al sy energie in hierdie nuwe party gooi en sorg dat hierdie land uit die hande van ongeletterdes gehaal kan word teen 2014

  6. demoerin Oktober 16, 2008 at 9:39 vm #

    NogaL snaaks is die feit, dat ek dink die equal opportunities en skool, varsity ens. juis veroorsaak dat hulle ondersteuners met nuwe oë na hul leiers en hulle manewales kyk.
    Waar Pagoda, ek het oor dei naweek eers die eerste keer die charter onder oë gehad, en ek dink mens sal dae lank kan spandeer met praatjies van hoe ver die ANC leiers regtig afgedwaal het van hulle oorspronklike ideale.

  7. demoerin Oktober 16, 2008 at 9:40 vm #

    …en ek kan nie help om deesdae al meer en meer aan Animal Farm te dink nie, All animals are equal, but some are more equal than others.

  8. Wipneus! Oktober 16, 2008 at 10:14 vm #

    Hoog tyd dat daar ‘n paar koppe rol! Dinge het ‘n manier om hulle self uit te werk!

    Ek stem saam met Pagoda, Lekota het brownie points gescore!

    DM Animal farm is in die kol!

  9. neykie Oktober 16, 2008 at 11:22 vm #

    Lekker dag vir jou DMI dis more vrydag. JIPPIE!

  10. Adrie Oktober 16, 2008 at 11:31 vm #

    Animal farm is seker een van die meer bruikbare boeke wat ek op skool moes lees.

    Ek dink ons gaan ‘n interessante tyd binne. Ek soek ‘n front row seat.

    Maak of Breek vir die nuwe Suid-Afrika.

    Waar het jy in elk geval gesien ‘n mens

  11. Jaco Oktober 16, 2008 at 12:14 nm #

    Maar manne en maninne, ons moet nou nou die saak in konteks beskou. Terror Lekota is self ‘n man wat op sy dag “Kill the boer . . . ” kliphard gesing het. En as hy nou al selfs sê die nuwe bestuur is te ektreem vir hom, behoort dit vir ons ‘n indikasie te gee van hoe diep in die donkerbruin ons is

  12. Sammi Oktober 16, 2008 at 4:41 nm #

    Hmm ja, luister vir Jaco – hoe meer ek daaraan dink, hoe meer klink Pagoda se insetsel op die werf, geloofbaar.

  13. demoerin Oktober 16, 2008 at 4:46 nm #

    Wee julle, Pagoda mag dalk nie ver van die pad af wees nie, maar daar is darem nog hoop…..
    @ Adrie – Sal jy asb jou halwe sin klaar maak?

  14. Adrie Oktober 16, 2008 at 5:14 nm #

    Sorry.

    Ek het gese waar het jy gesien dat jy netso geskors kan word omdat jy jou party kritiseer.

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord