Die week in ‘n storiedop….

17 Okt

Eendag, lank lank gelede in ‘n pragtige koninkryk, hier net om die draai, het daar ‘n pragtige prinses gewoon. Haar naam was Prinses Newsa. Sy was egter nie so gelukkig soos prinsesse van ander lande nie, en het ‘n baie alleenbestaan gevoer. Die rede hiervoor was dat Prinses Newsa dinge kon sien, dalk iets te doen met die rede dat sy met 2 kristalballe gebore is…dit was ‘n baie moeilike geboorte.

Die Koning en Koningin moes haar dus wegsteek, veral uit vrees dat sy op die brandstapel sou beland. Die alleen bestaan het natuurlik sy voordele gehad, sy kon vir ure sit en besin oor dinge….maar dit het haar ook so bietjie eksentriek laat voorkom (wel dit en haar keuse in skoene). Haar drome van ‘n prins met ‘n rooi Ferrari was heel duidelik in die feit dat sy in ‘n trourok rondbaljaar het, nog duideliker was dalk haar lot as oujongnooi in wording. Die prinses kon ook vir ure aan die onderkant van die tuin op haar swaai sit en tuur oor die veld…..en dit is hier waar sy gewoonlik met haar kristalballe gesit en speel het……en die visioene gehad het en dan van die swaai afgedonner het en dan ‘n gat van haarself gemaak het.

Wat die betekenisse was, het sy nie altyd geweet nie….maar almal word deur die hofhistorikus aangeteken (hy is besig om op die oomblik ‘n Top10 saam te stel vir publikasie). Hy is ‘n baie slim man, wat net nou die dag nog gesê het dat sy gelukkig is om sulke kreatiewe en aktiewe muses te hê, en dat sy nie bekommerd moet wees oor die gespottery nie, sy moet net haar hart volg en seker maak sy vermoei haarself nie gereeld nie….en onthou om haar kristalballe te poleer.

Die visioene het baie verskillende vorme aangeneem, van iets wat soos waarheid voorkom tot ander wat wasig, soos agter kant afspeel, soos die een van laas week waar die Protea die Springbok (wat met kots deurweek was) oor die veld gejaag het, en die hele spulletjie toe tot stilstand gekom het by ‘n enorme Blou Bul met ‘n Shark wat soos ‘n sosatie deur sy horings ingeryg is.

Somtyds kon sy vir lank sit en lees, Animal Farm was haar gunsteling en sy het somtys vir ure die reël “All Animals are equal, but some are more equal than others” opgesê. Partykeer kan sy ook rondrol van die lag as sy die visioen van die Paw-Paw kry wat die Koningin se Engels verkrag of baie hartseer wees as sy die een sien van die naarhede van ‘n verraaide volk.

Ander kere, soos nou is haar arme breintjie moeg en hunker sy na ‘n wegbreek. Miskien Graskop, of dalk Korea? Sy hoor die Koningin roep uit die Kasteel.

Sy moet tog gaan kyk of die skrynwerkers al daai splinters van die paal in haar kamer kon afkry, en oppad soontoe sommer by die kombuis ‘n draai gaan maak….sy hoop die kok kook bietjie vandag, te veel Nando’s is ook nie meer snaaks nie.

Ooops, sy beter aanstaltes begin maak…want as die Koningin weer moet roep, prinses of te nie, gaan haar gat brand en dit het niks te doen met die jong skrynwerkertjie wat aan een en almal sy beste wense vir dae gevul met sluwe, onderwater, gutterseks bekend maak nie. Miskien moet sy eers by haar kamer ‘n draai gaan maak….miskien as die slinters verwyder is en terwyl sy op die paal is, kan sy die outjie oorreed om haar kristalballe te poleer.

Advertisements

14 Responses to “Die week in ‘n storiedop….”

  1. Sammi Oktober 17, 2008 at 7:43 vm #

    Soos gewoonlik, het jy jouself weer oortref! Ek dink Pagoda se teorie oor die nuwe winde van verandering was vir my die hoogtepunt van die week, laat mens dink en hmmm…wonder!
    Dankie dm, heerlike week vir jou (ek sien sonder die gewone tydverdrywe 😉 )

  2. Roer Oktober 17, 2008 at 8:07 vm #

    Ek is verbaas jy’t nog ‘n sosiale lewe in die gutters ou vrind. Ek kry nie tyd om al die blogs elke week te lees nie al wil ek bitter graag. Dankie vir die update.

  3. Die Brein Oktober 17, 2008 at 9:00 vm #

    Skitterend meneer Demoerin, jy het jou beroep gemis, miskien moet Huisgenoot of Rapport jou nader trek as rubriek skrywer.

    Arme prinses Newsa, is sy met kristal balle of harige balle gebore?

  4. Zee Oktober 17, 2008 at 9:01 vm #

    DMI, dankie!!

    As mens so jouself so bietjie gaan soek by die see mis jy nogal baie, nou is dit weereens maklik om op te vang!!

  5. Rustig Oktober 17, 2008 at 9:12 vm #

    Baie lekker neutedop. So nuwe twist in die storie. Lekker naweek vir jou. Hier word dit nou net koud.

  6. Dellie Oktober 17, 2008 at 10:18 vm #

    I like! 😉

  7. nickeybotha Oktober 17, 2008 at 10:28 vm #

    Pragtig

  8. ICE Oktober 17, 2008 at 10:51 vm #

    Nice one!

  9. rosalindfranklin Oktober 17, 2008 at 2:32 nm #

    2 kristalballe…dis hoe ek dit laaik!

  10. Pikkelik Oktober 17, 2008 at 2:41 nm #

    Lekkkeeeerrrrr……

  11. Sonia Oktober 17, 2008 at 9:38 nm #

    ek stem saam, jy het ‘n rubriek êrens nodig… absoluut uitmuntend gedoen, soos gewoonlik! slimmer as die houtjie van die galg.

    ek het darem weer ‘n post gemaak, was bietjie besig afgelope tyd!

  12. Sonkind Oktober 17, 2008 at 9:44 nm #

    Hierdie werf is my gunsteling op ‘n Vrydag, ek is sommer mislik as ek op ‘n Vrydag hier kom en die dop is leeg :lol;

  13. meermin Oktober 20, 2008 at 7:14 vm #

    Jy vat die week darem maar lekker saam!

  14. Wipneus! Oktober 20, 2008 at 7:34 vm #

    Ek was so agter met blog lees, hierdie storiedop gaan my baie help vandag! 🙂

    Lekker week vir jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: