Stig ‘n komitee….

20 Oct

Op 20 Oktober 1947 begin die House Comittee on Un-American Activities (HUAC) hulle navrae na mense werksaam in die Hollywood filmbedryf se werksaamhede rakende kommunisme.

Net soos elke ander plek in die wêreld, as jy ‘n snuf in die neus kry van iets wat moontlik mag gebeur, iets wat jou bang maak, want dit is onbekend….stig jy ‘n komitee om dit uit te roei. Van die eerste 20 wat voor die kommittee verskyn het, is 10 van hulle, die sogenaamde “The Hollywood 10” op 25 November 1947 vir ‘n jaar lank tronk toe gestuur omdat hulle nie wou saamwerk, hulle nie wou impliseer nie, en dan natuurlik nie hulle maatjies wou verraai nie. Dit was hier nog steeds nie onwettig om aan die Kommunistiese Party te behoort nie.

Dit het natuurlik soos ‘n orkaan deur Hollywood versprei en skrywers, akteurs, vervaardigers ens, het soos budgies begin sing. Die lysies het langer geword en al hoe meer het sonder werk gesit. Daar was selfs bekentenisse jare later dat hulle name genoem het, om weer werk aan hulleself te verseker. Sommige het wel erken hulle is kommuniste, ander se name is dalk net iewers genoem…die meeste se kommunistiese assosiasies kon nooit eers bewys word nie. Die akteur Larry Parks, gedurende sy ondervraging deur die komitee is gevra of hy die akteur Lionel Stander ken. Hy het geantwoord dat hy vir Lionel Stander ken, maar geen idee get van sy politieke oortuigings nie. Lionel Stander wat in die 3 maande voor die ondervraging van Parks aan 10 televisie produksies gewerk het, het nooit weer werk in Hollywood gekry nie. Bloot deur die feit dat sy naam genoem was.

Baie akteurs, skrywers, vervaardigers en so meer het die land verlaat en ander weivelde in lande soos Mexico en Brittanje gaan soek. Ander het weer geskryf onder pseudo-name of onder die name van vriende. Baie se lewens was geruineer en het nooit weer gewerk nie, hulle families verloor en in erge depressies ingegaan. In die meer as 10 jaar van die komitee se bestaan, was die lysie maar van sowat 300 name, nog steeds 300 te veel. Die lidmaatskap aan die Kommunistiese Party was nog steeds nie onwettig nie.

Groot name soos Charlie Chaplin, Leonard Bernstein, Arthur Miller, Orson Welles en Richard Attenborough het op die lys verskyn. Die groot breuk in die Black List era was toe die director, Otto Preminger aangekondig het dat Dalton Trumbo, een van die oorspronlike Hollywood Ten, die screenplay van sy film, Exodus gedoen het…en dat dit so op die credits sal verskyn. Ses en ‘n half maande later het Universal dieselfde aankondiging vir die fliek Spartacus gemaak. Selfs so onlangs as in 2000, was die Skrywers Gilde nog besig om name in die credits van flieks reg te stel, om erkenning aan die korrekte mense te gee.

Die onbekende maak mense bang, partykeer word daar drastiese stappe geneem om iets te probeer voorkom, wat moontlik mag gebeur.

Ek dink ek gaan ‘n komitee aanstel om my werk in die volgende maand of so te doen….. so baie werk en so min tyd vir speel. Miskien maak ek ook nou net ‘n berg van ‘n molshoop, maar daar is mos nou maar die moontlikheid dat ek dalk myself miskien mag doodwerk.

Bron: Wikipedia

7 Responses to “Stig ‘n komitee….”

  1. Pikkelik Oktober 20, 2008 at 9:24 vm #

    Stel aan daai kommitee!!!! Geen mens mag hom onder enige omstandighede doodwerk nie!!!! 😈

  2. Rustig Oktober 20, 2008 at 12:39 nm #

    EK sal ‘n komitee stig net om te kyk dat Demoerin se komitee sy werk doen.

  3. meermin Oktober 20, 2008 at 1:09 nm #

    Stig daardie komitee!

    Lekker dag vir jou.😆

  4. Pagoda32 Oktober 20, 2008 at 2:26 nm #

    Ek dink ek moet as gevolg van my politieke oortuigings vir Willie Werfetter kry om die volgende tien postings te doen daar by ons!:mrgreen:

  5. White Knight Oktober 20, 2008 at 3:45 nm #

    Hello Demoerin

    Sal nie werk in Suid-Afrika nie. Die een helfte sal binne ‘n week afstig, die ander helfte sal weer die een deel binne ‘n week begin staak vir beter voordele en regte en die ander deel se helfte sal die eerste lot almal wil aan kla vir rassistiese ondersteuning van die swart Springbok. 🙄😎

  6. demoerin Oktober 20, 2008 at 3:50 nm #

    Ag fokkit…dan is ek seker maar stuck in my eie soutmyn…😆

  7. flippiefanus Oktober 21, 2008 at 8:18 nm #

    Ja dit lyk my dat die een komitee waaraan ek (noodgedwonge) behoort se enigste taak is om seker maak dat daar niks gedoen word aan dit waarvoor die komitee gestig is nie. Dit maak my moedeloos.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: