Springbok….O Springbok

22 Oct

En soos gewoonlik spring die administratuers uit die parlement op die band wagon. Hy staan op sy seepkissie en skree dat die Springbok embleem aan die staat behoort … net nog ‘n bewys van die wonderlike werkinge van ons sogenaamde “demokrasie”.

Ek weet nie of die hele naam petalje nou moes mense aflei van ons vriend Luke se gebraak nie, en of sy gebraak dit juis ontketen het nie.

My nuus aan jou en jou komiteetjies geliewe Stoffie is soos volg….

Daai stukkie papiertjie beteken NIKS, die Springbok behoort aan die mense van die land, die ondersteuners wat belaglike pryse vir kaartjies en klere betaal sodat julle royalties daarop kan verdien. En hoekom betaal ons die pryse…. want ons is trots daarop om SPRINGBOK ondersteuners te wees.

Wanneer gaan die goverment begin krap waar dit jeuk, en nie op plekke waar daar niks fout is nie? SA-Rugby het al meer as 150,000 e-mails ter ondersteuning van die Springbok van reg oor die wêreld ontvang. Ek stel voor JY gaan doen dieselfde……

8 Responses to “Springbok….O Springbok”

  1. meermin Oktober 22, 2008 at 9:45 vm #

    Eish.

    s h a r k s

  2. Rustig Oktober 22, 2008 at 12:03 nm #

    Dalk moet ons die bok slag en biltong maak. Nuwe embleem ‘n skilpad soos dit nou aangaan.

  3. Krista Oktober 22, 2008 at 4:06 nm #

    /me stem virri skillie!

  4. Rustig Oktober 22, 2008 at 4:58 nm #

    ‘n Groen skillie met geel “go fast” strepe!

  5. demoerin Oktober 22, 2008 at 6:15 nm #

    Hel julle is darem maar lelik met die bokkies…😆 Go Skilpad het net nie die regte ring to it nie. Miskien sal dit more bietjie rustiger gaan, en dan kan ek weer vir ‘n slag blogs lees…..

  6. Rustig Oktober 22, 2008 at 7:30 nm #

    Go Bokke is ou nuus! Is nou “speedy Skillie”!

  7. Wipneus Oktober 22, 2008 at 8:30 nm #

    Whahaha go skillie go!

    Ek stem Dm hulle krap waar dit nie juk nie.
    Ek sweer hierdie mense het ‘n obsessie met name. Eers was dit dorpsname, toe straatname nou die arme springbokke. Wat is volgende?

    Ek hoop net my eie naam gaan veilig bly!

  8. Pikkelik Oktober 23, 2008 at 2:15 nm #

    Solank dit ‘n McClaren aangedrewe skilpad is, sal ek ook vir Skillie skree!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: