Cuervo Nation…Tin and Flag Set

28 Oct

So tussen die doodwerk deur, kry ek darem ‘n klein kansie om my gunsteling tydverdryf hierdie tyd van die jaar te doen….. elkeen wat homself ‘n ordenklike alkohol verkoper noem het sulke lekker advertensie boekies met bladsye vol aanbiedinge.

Kyk, as daar nou ‘n drankie is wat my hartjie warm laar klop is dit my Jose Cuervo….yskoud shots uit die vrieskas uit. Blaai toe nou deur die Makro koopgidsie en wat sien ek daar. In ‘n Geskenblik is ‘n bottel Cuervo met die Cuervo Nation se “Declaration of Independence” in die binnekant van die blik gedruk, en nog meer, die Cuervo Nation se vlag. COOL!

Hoekom? Ek weet nie, maar dit lyk soos iets wat ek dadelik besluit ek nodig het. Om wat mee te doen? Fok weet!

Is dit slim plannetjies en baie goeie advertensie tegnieke om verkoopsyfers op te stoot?

Of het ons maar net ‘n ingeboude knoppie wat gedruk word as ons die dinge sien, wat maak dat ons wil uitgaan en geld spandeer op snaakse goetertjies?

Miskien moet ons nou maar ‘n nuwe party stig….die Cuervo party. Daar is klaar ‘n Declaration of Independance en ‘n vlag.

Miskien raak ek nou net ‘n pot stront kwyt omdat ek tonne werk het om te doen…..

Ek blaai bietjie verder en daar is die 9 Piece Mojito Set met ‘n Free Bacardi Rum, en dan die Veuve Clicquot met die Ys jassie, en die Rickety Bridge Shiraz Hamper…….

11 Responses to “Cuervo Nation…Tin and Flag Set”

  1. Adrie Oktober 28, 2008 at 9:01 vm #

    Hoekom?

    Dit gee jou ‘n idee vir ‘n geskenk vir iemand wat al reeds alles ander het.

  2. Rustig Oktober 28, 2008 at 11:51 vm #

    Demoerin: Dalk moet jy so bietjie die Jose opsy skyf en Patron Tequila probeer. Kwaliteit baie beter. Effek dieselfde.

  3. meermin Oktober 28, 2008 at 12:34 nm #

    Geniet die res van hierdie dag!

  4. Pikkelik Oktober 28, 2008 at 1:03 nm #

    😆 Tot my bittere spyt moet ek erken dat as jy nie genoem het dit was in ‘n drankkatalogus nie, ek nie ‘n idee sou gehad het waarvan jy praat nie!!!! 😳

  5. netjane Oktober 28, 2008 at 4:29 nm #

    Daai Kersfees blaadjies (maak nie saak wat hulle adverteer nie) kry my elke keer. Ek weet nie hoe hulle dit doen nie…

  6. demoerin Oktober 28, 2008 at 5:11 nm #

    Ai ek wens ek kon by bloglees uitkom….en sien nie lig in hierdie tonnel voor einde November nie.
    @ Rustig…😆 Vir my gaan dit oor die smaak en definitief nie die effek nie😳 … en Cuervo bly my gunsteling.

  7. Nem Oktober 28, 2008 at 11:54 nm #

    Howzit😉 Skop jy darem nog ?

  8. demoerin Oktober 29, 2008 at 6:41 vm #

    Hi Nem…ek skop darem nog, net-net maar wel. Hoe lykie dinge aan jou kant?

  9. Adrie Oktober 29, 2008 at 11:27 vm #

    79 jaar later, hopenlik herhaal geskiedenis nie vandag nie.

  10. demoerin Oktober 30, 2008 at 6:47 vm #

    En toe draai die markte Adrie…. 99 jaar later.

  11. meermin Oktober 30, 2008 at 2:43 nm #

    dmi ek stuur vir jou kerse sodat jy kan lig sien in daardie tonnel van jou, nie goed om so in die donker te werk nie, jy neuk net jou oge op!

    Lekker middag en geniet die aand!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: