Die week in ‘n neutedop…..

31 Okt

Op hierdie heuglike Halloween viering (ek sal nog steeds nie omgee vir die wat nommer 3 wil doen nie, hardloop maar rond soos julle wil met so min as moontlik aan), is demoerin nog steeds bietjie onder die werk toegegooi. Daar is al ‘n liggie in die tonnel, en ek het goeie inligting ontvang dat dit wel NIE ‘n trein is nie. Dit is ook nie ‘n Shark met die Currie-Beker onder sy arm nie. Dit is ook nie ‘n Blou Bul wat gewond oppad terug is Pretoorsland toe is nie. Gelukkig was al die voorspellings nie waar nie, en kan ek met trots aankondig my bloed sal BLOU BLY.

Ek is nie net sterk genoeg om ‘n Bul te bly nie, maar ook alles te trotseer wat na my toe geslinger word in hierdie mooie land van my. Elke somers-oggend as ek met daai eerste siggaretjie en wakker-word koffietjie sit en kyk hoe die son opkom, besef ek net weereens…EK WIL NERENS ANDERS WEES NIE, behalwe natuurlik as die Spintiete begin om die Spintotte op te vreet.

Die somer is seker die beste tyd van die jaar om bietjie aan die geestestoestand te werk. Dalk is dit tyd om bietjie kanonvuur deur daai mure om jou te stuur (die gedagte van die week handel ook oor mure), en te besin oor hoe gelukkig ons elkeen is, om baie dinge om ons te hê wat ons gelukkig maak. As ons eers verby die dinge begin kyk waaroor ons aanhoudend by die sniktannies wil gaan kla, gaan jy verbaas wees om te besef hoeveel langer die “geluk” lysie as die “ongeluk” lysie is. Om meet te begin sit jy aan die begin van somer en nie winter nie!

Hier is ‘n lekker ding om te doen, nie net gaan dit jouself laat beter voel nie, maar ‘n klein dingetjie kan iemand anders se dag bietjie ophelder. Komaan, wees jy vandag bietjie die liggie in iemand se donker tonnel!

Op die politieke front gaan dit maar nog bietjie beroerd en daar is so ‘n moddergooiery aan die gang, dat ek dink almal het al klaar weer van die issues vergeet wat die mense raak. Dalk het Johan ‘n punt eerder as ‘n parodie hier beet. Ons hoor staatsredes elke jaar, maar het jy Tannie Evita s’n die jaar gehoor?

Om die week op ‘n lekkerder noot af te sluit…..LAG ‘n bietjie. Lag bly die beste medisyne vir ‘n swaar gemoed,  en dan as jy klaar gelag het, gaan dan huistoe op hierdie Vrydag middag my vrinne en geniet ‘n hele naweek van sluwe, onderwater, gutterseks…. probeer dalk buitemuurs die naweek (onthou net die sonroompies vir die teer plekkies!)

Advertisements

3 Responses to “Die week in ‘n neutedop…..”

  1. meermin Oktober 31, 2008 at 7:47 vm #

    DMI goed saamgevat soos gewoonlik!

    Mag jy ‘n heerlike wonderlike rustige naweek hè! 😆

    PASOP vir dood werk, niemand anders kan die week so saamvat soos jy nie!! 😉

  2. Rustig Oktober 31, 2008 at 11:16 vm #

    DIe week se gebeure in “blogland” verdryf sommer die ysige weer hier in my gedeelte van moeder aarde. Lekker naweek en maak net seker dat die lig is wel nie ‘n trein nie.
    😉

  3. Pikkelik Oktober 31, 2008 at 11:33 vm #

    Dankie DMI – en ‘n heerlike naweek vir jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: