Groot woorde en die vry blou buffel….

3 Nov

Een voordeel van die politieke rollercoaster waarin ons ons op die oomblik bevind, is dat die massas kennis maak met woorde. Dit is soos Engels 101 Vir Die Massas…. hierdie week se woorde blyk dissidents en bigamists te wees, vir ‘n verandering is hulle korrek in konteks gebruik.

En nog verstom Afrika die toeriste (dalk nie?). Twee keer gedurende laas week moes toeriste toekyk hoe Mosambiekers troppe Buffels uit die Kruger na Mosambiek aanjaag, om deur groepe Mosambiekers met pangas en messe opgekap te word. Blykbaar het die Mosambiekse polisie Donderdag bietjie uitgehelp met ‘n doodskoot of twee…..

Steve en Natasha skei. Ek dink dit gaan beter wees vir hulle altwee.

9 Responses to “Groot woorde en die vry blou buffel….”

  1. meermin November 3, 2008 at 9:49 vm #

    Wonder hoeveel skelmpies het hierdie siek moer gehad? Sy arme vrou, my hart bloei so vir haar!!! Duidelik is een vrou nie genoeg vir hom nie!! Getroud met ‘n beeldskone vrou, Janine is pragtig, sy word toe ook verneuk met nog ander girls!!

    DMI geniet jou dag.

  2. Wipneus! November 3, 2008 at 10:03 vm #

    Hi Dm dis vreeslik van die buffels wat so verniel word. So barbaars! 😈

  3. Rustig November 3, 2008 at 10:32 vm #

    Beskaafdheid is ook maar net so dik soos die vel.

  4. Dellie November 3, 2008 at 11:13 vm #

    Was hulle honger? Party mense kan seker nie by die huis genoeg kos kry nie… 😉

  5. BB November 3, 2008 at 11:33 vm #

    Jy weet wat is die verskil tussen ‘n toeris en ‘n rassis, nê DMI??

  6. Skoor November 3, 2008 at 12:50 nm #

    Dis beter vir Natasha. Magtag, mens kan ook net soveel opvreet van so ‘n mens.

    Oor die eerste storie, JY WIL MY NIE OPSTAART HIERMEE NIE…

  7. boendoe November 3, 2008 at 3:58 nm #

    Ek laaik jou laaste sinnetjie. Sweet en short en baie waar. 😉

  8. boskind November 5, 2008 at 12:44 vm #

    Mense julle het nie ‘n idee van hoe die Kruger Park gestroop word van wild wat oor die Moz grens verdwyn nie.

  9. demoerin November 5, 2008 at 6:56 vm #

    😆 BB, ek werk saam met Griekse expats….ek het ‘n gedaantewisseling onder oë gehad.

Lewer kommentaar op meermin Kanselleer antwoord