Remember, Remember….

4 Nov

Die wêreld staan op die vooraand van die skiet van vuurwerke en verbranding van strooimannetjies op brandstapels. 5 November 1605 is die dag waarop Guy Fawkes op heterdaad betrap is met vuur en lont, gereed om die koninklike huis en parlement die ewigheid in te stuur. Koning James I het spesiale toestemming vir marteling in die Tower of London soos volg gegee: “The gentler tortours are to be first used unto him, et sic per gradus ad maiora tenditur (and thus by steps extended to greater ones), and so God speed your good work.”

Op 31 January 1606 is die vonnis opgelê aan Fawkes en van sy mede-beskuldigdes uitgevoer, “to be hanged, drawn and quartered.”

Driehonderd Twee en Veertig jaar later ontvang T.S Eliot die Nobelpruys vir Literatuur op 4 November 1948. Een van sy bekendste werke, The Hollow Men, maak verskye verwysings na Guy Fawkes en die mislukte Gunpowder Plot van 1605. Eliot was ‘n groot, en uitgesproke, teenstaander van oorlog en die gedig het ook gedien as ‘n herinnering aan hoe dit maklik is om te sê, daar was oorlog of kom ons maak oorlog.

Oorlog afgebreek in boustene bestaan uit soldate. Mense wat sterf. Daar is dalk harde knalle en groot ontploffings, maar aan die einde is dit mense wat hulle lewens verloor.

Aan die einde van The Hollow Men, stel Eliot dit soos volg:

” This is the way the world ends Not with a bang but a whimper”

8 Responses to “Remember, Remember….”

  1. meermin November 4, 2008 at 9:55 vm #

    Ons arme diere!! Hulle MOET dit verban!!!

    Geniet jou dag😉

  2. Rustig November 4, 2008 at 10:19 vm #

    Dalk moet ons vir Fawkes nader om die klomp in ons parlement wakker te maak met ‘n knal of twee.

  3. demoerin November 4, 2008 at 10:30 vm #

    😆 Rustig, miskien gaat jy eers al die quartered stukkies moet opspoor!

  4. netjane November 5, 2008 at 8:04 vm #

    Waar woorde deur Eliot…

    Met die weer wat lyk soos dit lyk gaan Guy Fawkes maar natterig wees!

  5. Dellie November 5, 2008 at 11:03 vm #

    Ek het skoon vergeet daarvan. My arme Worsies kan dit nie hanteer nie, maar gelukkig was dit verlede jaar nie wild by ons nie. Hoop maar vir die beste hierdie jaar ook.

  6. Wipneus! November 5, 2008 at 12:47 nm #

    Ag ek hoop tog net dit gaan stil wees hier by ons! Moet sê dit raak elke jaar beter!

  7. Emil November 5, 2008 at 10:45 nm #

    V for Vendetta!

  8. demoerin November 6, 2008 at 7:14 vm #

    Emil: Nog een van my gunsteling flieks! So ongelooflik van pas in vandag se wêreld……. “is a vestige of the vox populi, now vacant and vanished”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: