Lieg die wortel…

10 Nov

‘n Ma sê aan haar dogter in die winkel: As jy kan lieg kan jy steel ook. Iemand het iewers dit eeue terug al uitgewerk dat ‘n leuen die wortel van ander toekomstige kwaad kan wees.

Vir my weer net ‘n bewys dat ons nie hoef te wonder oor wat daar in die regering van al die geld word nie. As jy kan lieg, kan jy steel ook…en soos ek mooi laas week uitgewys is, en as jy kan steel kan jy moor ook. Kom jy een of twee keer met ietsie kleins weg, probeer jy nou maar volgende keer ietsie meer gewaagd, soos om van ‘n handsakgryper op te gradeer na ‘n gewapende rower. Jou lysie van plekke waar jy gesoek word is naderhand langer as ‘n kameelperd se nek, want vir solank jy daarmee wegkom gaan jy aanhou.

Ek sien dit so: As lieg die wortel is, en steel een van die sywortels is gierigheid definitief een van die haarwortels vir solank jy met jou dade wegkom.

En hoe langer die lysie word hoe meer begin jy glo jy is een of ander superhero by name The Invincible. Niks kan jou raak nie, en niemand kan jou vang nie. Die probleem is dat as jy dalk gevang word op hierdie latere stadium jy net al hoe meer hê om te verloor. Jy het nou al soveel keer geroof dat die kanse wel daar is dat jy iewers inkriminerende bewyse agtergelaat het.

En eendag met ‘n volgende gewaagde, gewapende roof word jy geeien as ‘n gesoekte misdadiger, en nou beweeg ons ‘n stappie verder om jouself te beskerm…..moord.

Van kleins af is ek geleer dat daar gevolge vir jou dade gaan wees. As ma en pa sê moenie op die dak klouter nie, want as jy val gaan jy seerkry, WEET jy dat as jy val gaan jy dalk iets breek, ‘n dokter moet besoek, inspuitings kry…..en ‘n pak slae gaan daarna by die huis wag. Jou dade het gevolge, en al probeer jy hoe keer moet jy verantwoordelikheid neem en die gevolge wat jou toekom aanvaar. Jy moet Pa staan vir wat jy aangevang het.

Misdadigers wat wegkom sonder straf, en hier sluit ek liegende en stelende leiers in, skep ‘n president van doen wat jy wil, want die gevolge gaan minimaal wees en heel moontlik gaan jy wegkom sonder enige neem van verantwoordelikheid vir wat jy gedoen het.

En nou sit die misdadiger in die hof, op heterdaad uitgevang en nog steeds moet jy aanhoor vanaf die advokaat vir verdediging: “Don’t destroy my client’s young life”

3 Responses to “Lieg die wortel…”

  1. Rustig November 10, 2008 at 10:50 vm #

    Ongelukkig in die wêreld van vrye denke en verwronge idieës, is daar ‘n verskil tussen sekere steel en misdaad. As ek R1 steel is dit reg so, maar as ek bank beroof dan is dit verkeerd. Is soos jy sê dat as ons gestop is by die R1 dan het ons dalk die bankroof verhoed en daarby mense lewens gered.

  2. Wipneus! November 10, 2008 at 12:30 nm #

    Ek stem hierdie reg en verkeerd moet al van jongs af aangeleer word!

    Don’t destroy a young life??? Die man moet sy voorskoolse reg en verkeerd gaan leer. 👿

    Maar DM leer hulle? Want wraggies sommige kom daar uit en doen presies dieselfde.

    Nou kom ons terug na die begin…. wat jy geleer is as kind!

    (Langer as ‘n kameelperd se nek LOL )

  3. Sammi November 11, 2008 at 8:19 vm #

    Jy som dit heeltemal reg op dm, net gister ontmoet ek vir Reginald, ‘n besemverkoper (ek’s mos nou op hierdie “crusade” om uit te vind hoe voel die massas oor hul gekose leierskap) Toe vertel hy my, hy gaan nie weer vir die ANC stem nie want hy het nie ‘n job nie. Madam, I have not had a job for the last twelve years, they have been lying to us, I don’t have anything now. The last time I had a job was when De Klerk was in charge, where is the jobs, Madam”
    Jinne, wat vertel jy vir so ‘n man – die geloof wat hulle agter beloftes gesit het, het baie van hulle gebreek. Flippen hartverskeurend wanneer jy hierdie ongeskooldes se stories hoor.
    Oor lieg, dm, oor lieg!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: