Die Geheue…

11 Nov

Dit was so maklik gemaak vir die wêreld….al wat jy nodig gehad het om te onthou was die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand. ‘n Herinnering aan hoe oorlog die wêreld op sy kop kan draai en die lewensverlies van miljoene op die slagveld en in stede kan veroorsaak. Die mens vergeet egter vinnig en die katastrofe het homself al weer telkemale in die laaste 90 jaar herhaal.

Ek ly ook partykeer aan geheueverlies, soos oor sekere gedeeltes van Saterdagaand. Maar dan verskyn die foto’s op facebook en ek kan die verlore minute bietjie inkleur….maar miskien moes hulle eerder blank gebly het!

Partykeer is dit beter om te vergeet, ander kere is dit belangrik om te onthou. En nie net te onthou nie maar ook die lesse daaruit te leer. Maar tog sal die mens aanhou om hul koppe oor en oor te stamp.

8 Responses to “Die Geheue…”

  1. meermin November 11, 2008 at 7:30 vm #

    o aarde ek kan nie onthou wat ek nou hier gelees het nie!!

    Toemaar ons almal is geneig om baie dinge te vergeet, soms met rede ook!!

    Nevermind vergeet, in gedagte, ek het eendag jare terug Jaco was nog klein, die waspoeier in die yskas gesit!! My pa het al sy brille gesoek, die huis omtrent omgekeer, toe is sy brille op sy kop!!

  2. Neil Kroese November 11, 2008 at 10:20 vm #

    “All history has taught us is that we haven’t learned from it..” of so iets. Is daar iets korter as die gemiddelde geheue? Ek wonder soms.

  3. demoerin November 11, 2008 at 10:35 vm #

    Waar Neil, ek dink die mens kan somtyds ‘n goudvis erg opdraende gee sover dit memory span aangaan. Eintlik dink ek net die mens verkies om sekere dinge vinnig te vergeet. Ek dink dit was Benjamin Franklin wat gesê het: In war the first fatality is the truth.

  4. Roer November 11, 2008 at 10:55 vm #

    Ja, oorlog is nie die oplossing nie. Dis die probleem.

  5. Johan Swarts November 11, 2008 at 11:47 vm #

    Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  6. Emil November 11, 2008 at 3:22 nm #

    Goeie inslrywing, DMI. Ek 11/11 om 11 – ek het die gemis. Mens kan baie woordspeling daarmee uitdink.

    Gaan lees ook by flippiefanus.

  7. Wipneus! November 11, 2008 at 8:15 nm #

    Nice inskrywing Dm! Oorlog verwoes net lewens. Ek weet nie watse goed dit doen nie. En ek voel selfs so oor die oorlog in Irak ook, want dit lyk nou nie juis vir my of dit beter gaan nie. Daar is maar nog daagliks ‘n geskiet aan die gang.
    Maar nou ja ek weet ook niks van die dinge nie, ek sou die gewere by die soldate gevat het en hulle met suigstokkies die slagveld ingestuur het :mrgreen:
    Kan jy imagine? 😆

  8. demoerin November 12, 2008 at 6:53 vm #

    Ja Emil, hulle het dit maklik gemaak vir die nasate, ongelukkig is dit soos poep teen die wind.
    Ja Wippie, ek het nou die dag daaraan gedink, dit is maklik om te sê kom ons voer oorlog, of ek gaan die oorlog ondersteun…maar afgebreek in sy boustene is oorlog=mense. Dis nie net ‘n begrip nie, daar is lewens betrokke.

Lewer kommentaar op meermin Kanselleer antwoord