Die Week in ‘n Neutedop…..

14 Nov

Ok, dit gaan moer woes. Ek recover nog steeds van laas week Saterdag se partiekie, en as ek die foto’s besigtig verstaan ek hoekom. Ek het elke dag hierdie laaste twee weke tussen 12 en 14 uur dae by die werk….. en al comment ek nie so gereeld op die blogs nie, kry ek darem kans om te lees.

Eerstens die sad gedeelte, Mamma Afrika is hierdie week oorlede. Gedoen waarvoor sy lief was tot reg op die einde…. WOW is dit nie die manier om dit te doen nie? Dalk nou ‘n goeie tyd om die filosofie nader te trek en uit te gaan en albasters te koop. Terwyl ons nou filosofeer, hier is ‘n ligter enetjie en dan ‘n ernstiger bepeinsing oor vertroulikheid.

Die son skyn weer in Jozi, ek gee nie rerig om wat in julle gedeeltes van die land aangaan nie. So belangrik as wat die reën is, ek is nou GATVOL! Die reën belemmer net buitelug aktiwiteite😆 en maak mense depressed en BAIE touchy.

Op die musiekfront het ons blogsuperster uiteindelik ‘n liedjie gepost, en hier is die oulike storietjie van die week. Kinders was nog kinders, toe ons nog kinders was. Ek klink al soos my Ouma…hehehe. Ek onthou egter die lekkerste, lekker was buite speel met my maatjies en niggies en nefies. En dan is daar natuurlik die wysheid! Gaan vind uit hoe boos jy is, en miskien moet jy solank jou danspassies begin oefen.

Baie dankie aan die wat egter my lekker kak week bietjie opgehelder het. En ‘n weer lees is dalk die beste manier om hierdie week af te sluit… lag bietjie, gryp daai hammer en dan lag ons weer.

Ek weet ek het iets nodig op die oomblik, of dit rus is, of ‘n lawwe wegbreek is ek nie seker van nie. Ek weet ek wil egter nie te veel doen nie…. wonder of hotdogs en wyn saamgaan? Miskien moet ek wegbreek Bloemfontein toe?

In elk geval, terwyl ons nou besin oor die toekoms is die nadere toekoms dalk meer belangrik. Beste wense aan een en elk vir ‘n naweek gevul met sluwe, onderwater gutterseks. As jy dit buite toe vat die naweek, pasof net vir wegwaai of wegspoel…. die tekort aan klere gaan ‘n moeilike verduideliking veroorsaak!

HEEEEEEHAAAAAA WOZA WEEKEND!

7 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop…..”

  1. Koeksister November 14, 2008 at 7:44 vm #

    En ‘n lekker weekend vir jou ook, hoop jy hou dit rustiger as die vorige een.😉

  2. BB November 14, 2008 at 8:36 vm #

    LOL@BAIE touchy!! :mrgreen:

  3. White Knight November 14, 2008 at 9:04 vm #

    Dagse

    Geniet die Naweek bly net heel😆

    Dankie vir jou toer deur die blogs.

    Groete

  4. boendoe November 14, 2008 at 9:06 vm #

    Oh yes. Vir ‘n change kan ek saampraat oor die sluwe, onderwater gutterseks! :mrgreen:

  5. semisoet November 14, 2008 at 12:06 nm #

    hehe almal is regtig touchy! hoekom is dit? Ek persoonlik is verlief op die reen, dit doen baie vir my semi- gloomy- mystic- mood. hehe hier by ons is warm dae net te WARM, gperaat van touchy kom spandeer ‘n sonnige vakansie in die burg!

  6. meermin November 14, 2008 at 12:49 nm #

    Geniet jou naweek!!

  7. Alta November 14, 2008 at 8:53 nm #

    Lekker naweek vir jou ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: