The Noble Nobel ?

18 Nov

alfrednobelAlfred Bernhard Nobel was ‘n Sweedse chemikus, ingenieur, uitvinder, wapenvervaardiger en dan natuurlik…uitvinder van dinamiet.

Nobel is dood in 1896, maar ‘n Franse koerant het per ongeluk ‘n doodsberig in 1888 gedruk wat gelees het : “The merchant of death is dead”. Daar was verder in die berig genoem: “Dr. Alfred Nobel, who became rich by finding ways to kill more people faster than ever before, died yesterday.”

Ongelukkig oor die publieke siening van hom, het hy toe besluit om die grootste gedeelte van sy rykdom in sy testament te benoem vir die instelling van die Nobel Prize.

Die prys is daargestel vir die vereer van persone wat ongeëwenaarde werk doen in die rigtings van Literatuur, Chemika, Fisiologie, Medisyne, Fisika en dan natuurlik…. vrede (as dit nou nie ‘n ongelooflike oxymoron is nie?)

george_bernard_shaw

Op 18 November 1926 weier die Ierse skrywer en dramaturg om die kontantprys te neem wat saam met sy Nobel Prys gaan.

Dit blyk dat Alfred Nobel se “noble” daarstelling van die prys in sy testament nie noodwendig die wêreld se siening oor hom heeltemal verander het nie, of versoorsaak het dat die mense vergeet waar die nagelate 31 miljoen kronor vandaan gekom het nie.

Bernard Shaw het by sy weiering van die kontantprys die volgende gesê:

“I can forgive Alfred Nobel for inventing dynamite, but only a fiend in human form could have invented the Nobel Prize.”

10 Responses to “The Noble Nobel ?”

  1. meermin November 18, 2008 at 7:25 vm #

    Geniet jou dag!!

  2. Adrie November 18, 2008 at 8:24 vm #

    Dinamiet is darem nie net daar om mense dood te maak nie. Waar sou mynbou gewees het daarsonder?

    Veels geluk Mickey Mouse.

  3. Dellie November 18, 2008 at 11:03 vm #

    Haai, daar leer ek toe iets vandag! Dankie, dit was baie interessant.😉

  4. Johan Swarts November 18, 2008 at 3:27 nm #

    Gepraat van Noble: Skaamtelose selfpromosie: die Silwer Ponie het ‘n nuwe eienaar gekry!

  5. demoerin November 19, 2008 at 6:47 vm #

    Gmmmf..skaamtelose selfpromosie…jy sal nerens in dei wêreld kom as jy skaam is nie!
    GELUKKIGE TOILET DAG AAN ALMAL….wat ookal dit mag beteken.

  6. netjane November 19, 2008 at 3:49 nm #

    Ek was in Stockholm in die Nobel museum en om so al die wenners en toesprake en geskiedenis oor Nobel se lewe bymekaar te sien was vreeslik interessant.

    Ek dink regtig nie hy was ‘n merchant of death nie. Dit impliseer dat die mense wat die dinamiet gebruik om mense dood te maak blaamloos is. Hmm.

  7. demoerin November 20, 2008 at 7:03 vm #

    😆 Jane…wat sê hulle nou weer oor die worteld van kwaad? Elk geval blyk dit hy het baie meer geld uit wapenvervaardiging as sy dinamiet uitvinding gemaak. Dit sluit natuurlik ‘n aantal mense uit wat dood is terwyl hy sy nuwe uitvinding, dinamiet getoets het om die regte formule te kry.
    Elk geval, ek probeer eerder uitwys dat jy jou lewe so goed moontlik moet ly, jy gaan eendag eerder vir die slegte as die goeie onthou word.

  8. netjane November 20, 2008 at 8:01 vm #

    Sy broer, Emil was sy naam (ek dink) was een van díe wat dood is tydens die uitvinding. What you win on the swings, you lose on the round abouts.😉

  9. Wipneus! November 20, 2008 at 8:42 vm #

    Lekker interessante inskrywing, Dankie Dm!!

  10. Pagoda32 November 20, 2008 at 11:49 vm #

    Mmm…Noble Nobel?

    Die wereld is maar so op sy kop gekeer. ‘n Terroris wen die prys latere jare…status quo behou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: