Die Week in ‘n Neutedop…

21 Nov

imgp0838-1

En so het nog ‘n week, amper nog ‘n maand en amper nog ‘n jaar sy gat gesien. Dinsdag oor ‘n maand is dit Kersfees, en vir alle praktiese doeleindes is 2008 dan klaar, op, verby! Enige iets belangrik wat jy dalk die jaar uitgestel het? Die uurglas loop uit…. min dae in 2008 oor, so sonder om te skarrel neem bietjie stock, asem in, asem uit….vergeet almal, eerstens gaan dit oor JOU! Dit is ook vandag WORLD HELLO DAY, groet ten minste tien mense vandag, en toon aan die wêreld se leiers dat konflik eerder met kommunikasie as konflik opgelos moet word.

Blykbaar het die blogosfeer weer ‘n inval van ongewensde elemente gehad. Gelukkig is ek bietjie besig by die werk en mis ek op die oomblik die meeste van hierdie moddergooiery. Miskien moet alle deelnemers in die blogosfeer eers ‘n begripstoetsie skryf voor hulle mag deelneem. Om een of ander rede dink ek nou aan die week se wittroon verering.

Terwyl ons nou op die ernstiger is, ond lewe in ‘n bose wêreld. Daar is mense om elke hoek en draai wat daarop uit is om geld te maak….met jou en jou kinders as slagoffers. As volwassenes moet sukkel om oorlewing, hoeveel nie te meer kinders nie. Ouer, jy is daar gestel om jou kind se opvoeding en beskerming na die beste van jou vermoë te doen. Druk hierdie en gee dit vir jou kind om te lees, of lees dit aan hulle voor.

Wat vir my interessant is, is die helse bohaai wat die ANC oor die COPE outjies opskop. As jy mos regtig nie geworried is nie, gaan dit soos water van ‘n eend se rug afrol. Nie die ANC nie, die COPErs is al alles kort van die bose uit die hel uit toegesnou! As ‘n molshoop net ‘n molshoop was maak jy mos nou nie ‘n berg daarvan nie. Intussen hou ons maar nog lekker sirkus en kan ek nie help om te glimlag vir die buitewêreld nie.

Dit is dalk nie dat hulle so blind is nie, maar dat hulle hulle ore uitleen vir die verkeerde mense. Die swart man wat nou miljoene agter sy naam het, gaan mos beaam dat die nuwe demokrasie seepglad verloop. Ek wonder of die man in die shack dieselfde siening sou gehad het, of was die reportertjie uit Kanada dalk te bang om daar in te gaan?

Om alles te kroon het Zuma aan tradisionele leiers gesê daar moet teruggegaan word nou ou tradisies. Blykbaar seg party van die leiers dit gaan so sleg met die ANC omdat hulle nie intussen na 1994 weer ‘n “cleansing” seremonie gehad het nie. Wat dit behels weet ek nie, maar die geeste weet heel moontlik van die steel, liegery en korrupsie. Ek wonner of die tradisies baie is soos bygelowe?

Dit bring ons by ‘n goeie punt vir die week se storie. Trek die koffie en koekies nader….ek glimlag nou nog as ek dink aan die prentjie van die chef.

Terwyl die matrieks nou so lekker eksamen skryf is dit dalk tyd vir ons ook om bietjie te leer. Eerstens is daar die waarheid agter diftonge en dan natuurlik ‘n Ingels-afpoets toetsie. Gedink jy ken jou Bybelstories? Toe nou nie!

Goed nou is dit reistyd saam met die Toerende Rosalind daar in die droë Wes-Afrika. Dan moet ons ook blykbaar regmaak vir Kaapstad se eie ala-Rio karnaval in 2010. Die dansende half-naak vrouens klink vir my na ‘n goeie idee!

Veels geluk aan die wenner van die eerste SILWER PONIE (Ek hoop hierdie link werk – langer as my arm). Ek hoop die Ponie kom met skoonmaakgoed….silwer kos harde werk om blink te hou!

Dan natuurlik my wens aan een en elk vir ‘n naweek gevul met sluwe, onderwater gutterseks! Kom ons wees bietjie sportief die naweek, en toets die uithouvermoëns….. Mattras-Marathon hier kom ons! HeeeeeHaaaaa.

PS. Die ouens by Bosparra het baie tyd en moeite ingesit met die Missing Children projek. Gaan koop ‘n blokkie mense…sommer ‘n paar as jy kan, gaan bietjie ligter op die kuier en alkohol die naweek en gee die geldjies vir ‘n goeie doel! Alle gelde word direk in die Missing Children SA se rekening inbetaal. Jy kan nice pryse wen met jou bydrae (maar dit behoort ‘n bysaak te wees). Ek is seker daarvan dat jy as dit ooit nodig is, mense wil hê wat op die beste moontlike manier na jou verlore kind kan soek! As ek nou op jou gevoelens moet speel…hoop ek dit werk! Skaal bietjie af op kuier en luxuries die naweek…elke rand maak ‘n verskil!

5 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop…”

  1. meermin November 21, 2008 at 7:24 vm #

    en hoe het jy gevaar in jou Ingelse toetsie?? Lekker naweek vir jou!!

  2. Zee November 21, 2008 at 7:46 vm #

    Thanks DMI, nou kan ek gou opvang terwyl ek nou siek in die bed lê…

  3. Koeksister November 21, 2008 at 7:52 vm #

    Geniet jou naweek!.

  4. BB November 21, 2008 at 8:50 vm #

    …ek het net gou vir my van jou goeie wense vir die naweek kom haal…:mrgreen:

  5. Pagoda32 November 21, 2008 at 9:07 vm #

    😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: