Do They Know It’s Christmas?

25 Nov

Presies 24 jaar terug, op 25 November 1984 het 36 van die top Britse en Ierse muso’s bymekaar gekom en ‘n opname in die Nottinghill Studio in Londen gedoen. Bob Geldof het die idee gehad en die wêreld het deelgeneem om geld in te samel vir ‘n hongersnood in Ethiopië.

‘n Paar weke vroeër het BBC ‘n spesiale berig uitgesaai oor die hongersnood wat in Ethiopië heers, en dit het Geldof die idee gegee vir die lied. Wetende hy gaan hulp nodig hê het hy vir Midge Ure, van Ultravox, ingeroep en het hulle vinnig die lied, Do They Know It’s Christmas?, geskryf. Geldof het almal daarvan begin vertel en op 25 November 1984, was die room van musiek bymekaar om die lied op te neem.

Die lys van die ensemble is langer as my arm, maar het ingesluit onder andere Adam Clayton, Bono, Phil Collins, Simon Le Bon, Paul Young, George Michael, Sarah Dallin, Francis Rossi, Sting, David Bowie, Boy George, Paul McCartney en nog meer.

Die lied was opgeneem en gereed om gesny te word vir verkope binne 24 uur. Teen uitreiking op 3 Desember het die wêreld die lied al op radio gehoor en is ‘n rekord getal van 1 miljoen kopieë in die eerste week verkoop en natuurlik reguit na #1 op die chart. Die single het op daai stadium gespog met meer verkope as al die ander op die chart bymekaargetel!

Snaaks genoeg, is daar net een ander Kerstydlied wat ook kultus status bereik het in die laaste 24 jaar, en dit is Wham! se Last Christmas, wat dieselfde tyd uitgereik was en #2 op die charts was onder Do They Know It’s Christmas. Last Christmas is die enigste single met oor 1 miljoen verkope wat dus nie #1 op die Britse charts was nie.

Daar was heruitreikings in 1989 (met onder meer Kylie Minogue, Jason Donovan, Lisa Stanfield ens.) en toe weer in 2004 vir die twintigste herdenking, as ‘n idee ban Chris Martin van Coldplay.

Een lied het al miljoene rande ingesamel vir honger mense in Afrika. Geldof het selfs ‘n “stand-off” met die Iron lady, Margeret Thatcher, gewen sodat die VAT op die verkope ook direk na projek gaan en nie die staat nie.

Presies oor ‘n maand is die Kersfees. Die wêreld is vasgevang in die greep van ‘n vallende ekonomie. Daar is miljoene mense wat nie geld het vir kos nie, wat nog van presente.

Dit is die een tyd van die jaar wat alle vooroordele opsy geskuif moet word en ons aan ander moet begin dink. Maak ‘n plan en verseker dat iemand ‘n lekker kers-ete gaan hê. Vind uit van organisasies wat presente vir weeskinders insamel, daar is gewoonlik Carols By Candlelight geleendhede wat speelgoed insamel, ek weet van ten minste twee in Jozi alleen.

Dit is so maklik om die naweek uit te gaan en ‘n paar honderd rand op kos en drank te spandeer, en dan Saterdag by die winkels in te pop en nog ‘n paar honderd rand op CD’s en DVD’s te spandeer. R100 van daardie spandeer gaan jou naweek nie minder lekker maak nie, maar dit kan vir ‘n goeie doel aangewend word, en ‘n beter Kerstyd….en volgende jaar aan ander families beteken.

Stel jou voor ‘n Kersfees sonder jou kinders, niggies en nefies om die tafel, of spelende in die tuin? Verdien alle families nie om saam te wees soos joune nie?

HET JY AL JOU BLOKKIE OP BOSPARRA GEKOOP?

3 Responses to “Do They Know It’s Christmas?”

  1. Roer November 25, 2008 at 9:35 nm #

    Nee. Ek het miskien jou possie net op die verkeerde tyd gelees, maar weet jy DMI (en ek verwys nie nou na jou nie, maar eerder na die hoeveelste oproep wat ek vandag ontvang het van een of ander sad-case organisasie), dit irriteer my so hierdie tyd van die jaar as almal mens probeer emosioneel omkoop. Ek wil iets doen oor dit vir my voel dis die regte ding om te doen. Vir geen ander rede nie. Bygese^, jy’s reg oor families (eerder gesinne as jy my vra) wat saam moet wees oor Kersfees.

  2. demoerin November 26, 2008 at 7:06 vm #

    Ek verstaan. Juis daarom sê ek KIES, al is dit een persoon by die werk/kerk/ouetehuis/kinderhuis of waar ookal. Ek was nog altyd gelukkig om groot familie Kersdae te hê. DIT IS LEKKER om saam te deel aan die Christusdag, en nog beter is dit is in die middel van die somer. Dit is vir my baie hartseer as ek weet daar is ander wat dit NIE het nie.

  3. Roer November 26, 2008 at 7:11 vm #

    Jy’s reg. Dis baie sad. Jy’t ‘n goeie hart ou DMI.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: