‘n Dooie Legende….

27 Nov

Vandag onderskeidelik in 1941 en 1942, is twee legendariese persone, Jimi Hendrix en Bruce Lee gebore. Vandag voel ek weereens soos “death” wat deur die microwave gegooi is.

Wat die twee met mekaar te doen het is ek nie seker nie.

Ek het ook nog nooit van iemand gehoor wat homself doodgewerk het nie (behalwe natuurlik as ‘n ingenieur van ‘n konstruksie afval, maar dit tel in elk geval nie want dit is nie sy werk om by konstruksies af te val nie), maar iewers in my agterkop lui die klokkie dat daar altyd ‘n eerste vir alles is….betekende ek mag dalk die hier vir die ewige verruil sonder legende status.

Ek het wel ‘n paar dinge geleer, as jou oë brand van moegheid gaan hulle so aanhou totdat jy genoegsame slaap ingekry het. Verder is moegheid ‘n cheap manier om al die effekte van dronkenskap te kry, sonder die alkohol. Enige tikwerk lyk of jy aan erge disleksia ly (ek gaan hierdie stuk tien maal moet deurlees) en dit wil permanent voorkom of jy so bietjie “stadig” is.

Ek het al ‘n paar keer ligte in die tonnel opgemerk, maar elke keer verdwyn hulle as die trein ‘n u-turn maak. Die laaste een was ‘n express wat verbygesnel het met Jimi aan die stuur. Verder het ek ook agtergekom dat mens se gedagtes nie so lekker georden is nie en mens bietjie baie kak kan kwytraak….. dit beter gou beter word want die wêreld het nog ‘n legende nodig, ‘n lewendige ene wat nie so bietjie “stadig” lyk nie…. soos Bush byvoorbeeld.

2131644900_6bf149a9c9

Advertisements

5 Responses to “‘n Dooie Legende….”

  1. meermin November 27, 2008 at 7:32 vm #

    Jammer ek is so stil maar dit gaan maar hetic hier by die werk.

    Lekker dag vir jou!

  2. Pagoda32 November 27, 2008 at 9:12 vm #

    Daai poster van Bush is ‘n wenner! LOL

  3. Dellie November 27, 2008 at 9:50 vm #

    Hier is mos erens ‘n foto van jou ook? Ons sal jou ‘n legende maak as jy jou doodwerk, hoor! 😆

  4. Riaan Oosthuysen November 27, 2008 at 8:04 nm #

    Ek was lanklaas hier. Het net gou kom inloer.

  5. Sonkind November 27, 2008 at 10:01 nm #

    Ek moet erken, DMI, ek verstaan nie veel van jou laaste paragraaf nie, maar ek dink dis skreeusnaaks. Miskien het ek gisteraand te veel saki gedrink 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: